Thursday, February 8

Ja alweer .... 'n basketbal wedstryd

Nog 'n dag - nog 'n wedstryd. Ek dink die ouers (toeskouers) is op die oomblik moeer as die spelers veral die wat kinders in die dogters en seuns spanne het. More is dit alweer William se beurt.

Vandag het ons JV dogters teen UAS Dubai gespeel. Hier is hulle besig met 'n spanpraatjie voor die wedstryd. Nelmari is nr 25.

Telling na die eerste kwart van die wedstryd. Ons is die "home" span.
Die span rus tussen periods. Nr 25 het dieselfde rooimier probleem as haar pa en kan nie stilsit nie.

Periode 3 en ons is nog verder voor. Die span bespreek taktiek.
'n Ruskansie en Nelmari gebruik dit om "Pocardi" te drink. (Dit is 'n hele storie op sy eie)

Van die toeskouers. Hierdie Amerikaanse moslem ma in haar abaya is seker een van die grootste "kenners" van die spel tussen die toeskouers en beslis een van die grootste ondersteuners en lawaaimakers. Julle moet haar met haar pom-poms sien.
Eindtelling en 'n groot "leeu-pak". Ons kinders doen nie die leeu-loop nie. (Dankie tog vir klein genadetjies)

Spelers sê dankie vir die wedstryd.

Geluk Lions!! Of soos hulle hier sê GO LIONS!!!

2 comments:

Anonymous said...

Pragtige fotos. Jy moet vir jou so 'n kamera kry, ek weet van een wat binnekort beskikbaar mag raak.

Anonymous said...

Ja dis goeie foto's. Het nie geweet dis 'n kompetisie nie, maar jy wen loshande met die prys van die kamera.