Monday, January 28

Lekker wintersdag

'n Lekker wintersdag is nogals nie iets soos ons by die huis aan gewoond is nie, dit is gewoonlik temp rondom die 20's wat in SA kan deurgaan as 'n somersdag.  Daar is nie baie van hulle nie, dus moet mens die meeste daarvan maak.  Vir 'n baie baie lang tyd dreig ons by die Cornish te gaan fietsry en eindelik het ons kans gekry. 
DSC_0207
Vir 'n slag is daar geen wolke of sand in die lug nie en kan ons sommer ver sien :-).  
Page2
Die "tannies" vind die trappery met die gaan nie so moeilik nie .... maar oor die terugry bly ons liewers stil. 
Page1_0
Ons kry kans om weer bietjie na die geboue te kyk.
Page3
Die jonger geslag vind dit glad nie so moeilik nie :-). 
DSC_0235
Daar is selfs 'n kans om te stop vir roomys ... op die lekker wintersdag.

Sunday, January 20

Iets vir jonk en oud

Dieretuin .... altyd 'n plek waar mens lekker kan kuier!  Elke Vrydag hou ons kerk in die restaurant by die dieretuin en het al 'n paar keer daar gekuier.  Met al die bouery daar, wou ons gaan sien hoe dit nou daar lyk en ..... Nelmari was nog nooit daar nie en sy wou graag gaan.
DSC_0254
Die aansig van die dieretuin is heeltemal nuut gemaak en daar is nou selfs oornagfasiliteite vir mense wat daar wil oorbly.  Hierdie dieretuin het klein begin as 'n kinder dieretuin waar daar interaksie met die diere is, en ek is so bly dat dit nog altyd die hoofdoel is. 

Page1_2
Gewapen met genoeg bosse eetgoed het die kinders gou-gou soos klein kindertjies die diere gevoer en gekuier.  Na die apies het hierdie kameel weggeloop van die troppie om met ons te kom kuier.  Sy het seker al die kos gesien.  Later was een stukkie groen nie meer goed genoeg nie en het sy sommer die hele bos bygekom.
Page2
Die ander diere het ook heel mak kom kos haal om te eet.  Dit is amazing om hulle so naby te sien en ervaar. 
 
DSC_0349
 
Nee, hierdie een bedel nie ... of dit is nie sy bedel gesig nie, hulle lyk altyd so! Seker van die lelikste bokke wat ek nog ooit gesien het. 
 
Page3_2
 
Daar was nog hope om te voer en party het sommer buite die hokke geloop vir kos.  Orals was kinders, groot en klein met gesigte vol glimlaggies besig met die diere. 
DSC_0382
 
Die klomp in die water was die enigstes wat nie gebedel het nie. 
 
Page4_0
 
Die "katte" kon nie gevoer word nie, maar so nuuskierig soos ons vir hulle deur die glas geloer het, so het hulle oor die heining geloer na al die ander mak diere en miskien mense wat 'n lekker maaltyd sal maak. Iets wat vir my ook nuut was, was 'n skilpad wat ook kom blare bedel het.
 
Soos elke ander keer was dit 'n heerlike uitstappie en nou het Nelmari dit ook ervaar.

Thursday, January 17

Kersfees 2012

 Die nuwe jaar is al ampertjies klaar, en hier sit ek nog Kersfees foto's op :-). 
Page3_1 
 
Die dierefamilie het vanjaar vir Pannekoek verloor en vir Elsie bygekry

Page1_0

En ongelukkig nie 'n vol getal kinders vir Kersfees nie.  Anders as James wat gelukkig was om te kom kuier nadat geswot het, moes ons vanjaar sonder William wees.   Het jou gemis seun en bid nog steeds dat jy gou-gou hier sal wees.   Al lyk Leane so alleen sonder 'n diertjie in die arms, is ons almal opgewonde oor volgende jaar wat sy ons klein Lara gaan vashou vir die foto :-).
 

Friday, January 11

Ou Kersdag in die woestyn

Ampertjies is dit alweer 'n maand na Kersfees, kan julle glo.  Eers tel mens die daggies af vir Kersfees en dan skielik is alles oor en die nuwe jaar hardloop weer met 'n stink spoed verder. Kersfees was vanjaar stiller as gewoonlik en het ons lekker ou Kersaand saam met 'n klomp vriende in die woestyn gaan kersliedere sing.  
Page1
 
Eers het ek en my ou karretjie lekker verdwaal om by die regte plek uit te kom, nie eers 'n Gi-pi-S sou werk nie.  Kyk net hoe verdwaal lyk my ou "baluka" op die vlakte :-). 
 
Page3
 
Lekker kampvuur en atmosfeer terwyl Elriza ons begelei met die Kersliedere.  En ja die boetie en sussie wou mekaar voor die tyd amper opeet van liefde :-).  Het net vir William vreeslik gemis, 'n kuier van hom sou 'n goeie en groot kersgeskenk wees.  
DSC_0323
Die ampertjies nuwe mamma en pappa kon so 'n bietjie oefen met vriende se baba.
Page4
 
Na 'n heerlike kuiertjie het ons kersgeskenkies by die huis gaan uitruil en dit lyk asof al die kinders heel tevrede met hulle presentjies was.
 
Sien uit daarna om volgende jaar 'n baba vir Kersfees te he .... dink net aan al die lekker shopping vir haar :-).

Tuesday, January 8

Dit kan net hier gebeur - 23

Soos gewoonlik nie te sterk om spelling hier nie.  Dit het baie te doen met wie die bordjies laat maak en waar hulle vandaan kom :-)

DSC_0352
Maar ten minste is dit "cheep" om in die park in te kom en na die diere te kyk.  

Saturday, January 5

Kersfees kompetisie

Net so voor Kersfees het ons 'n gemmerhuis competitie gehad.  Elkeen sou dele van 'n gemmerhuisie kry en moes self sorg vir die aanmekaar sit en versier.
Page1_0

Party het dadelik begin werk, ander het eers die instruksies gelees en ander het gestaar om te kyk of die huisie nie self aanmekaar kom nie.  
Page2_0

Ons was nie seker hoe dit gaan opbly nie, en blikkies en alles is gebruik nadat die eerste mure aanmekaar gesit is.   
Page3_0

En die versiering het begin.  Elke span met hulle eie idees en planne.  
DSC_0317
Party van ons kon die versoeking van al die lekkers nie weerstaan nie.  
Page4

Die dakke was seker die grootste uitdaging.  Sou dit die druk van die "dakteels", "sneeu" en "liggies" weerstaan?
Page5

En dit het!!!! 
Page6

Die laaste afronding word gedoen en dit het my nogals aan scrapbook laat dink.... Hoe daar ekstra goedjies bykom omdat die prentjie nog nie reg lyk nie. 

Page7

Baie tyd is in klein "detail" gesit en die huisies was nou klaar om beoordeel te word. 

DSC_0361

En ons wenhuisie vir 2012! 

Page1
Die huisies is nie opgeeet nie, eet van hulle het ook na die buurhuis gegaan, maar dit beteken nie daar is nie geproe nie. 
Ons het alreeds groot planne vir die kompetisie vir volgende jaar :-).