Monday, January 30

Nuwe tye breek aan

Met al die onsekerheid van wat voorle het ons die woestyn so 'n week terug gegroet om Nelmari ingesettle by die universiteit te kry. En ja .... ons het mooi gepak en geen oorgewig bagasie hoef te betaal het nie :-).


DSC_0102


Alhoewel sy baie braaf voorgekom het, dink ek tog daar was 'n bietjie onsekerheid oor wat voorle en het ons alles gepak wat nodig is. Uit 'n koue Abu Dhabi na 'n warm Stellenbosch en ek het gesien hoe mis ek uit op 'n bietjie winter.


Page1


Ek het 'n goeie gevoel oor die blyplek gekry terwyl ons wag om die sleutel te kry, want elke student wat ingekom het, is deur die admin personeel op die naam gegroet - nie sleg vir 'n "koshuis" wat uit 'n duisend studente bestaan nie.


DSC_0113


Dit was omtrent 'n geskarrel op die gronde soos 500 eerste jaars by die "koshuis" intrek. (hulle het die grootste groep eerstejaars in een koshuis ooit). En ek kon net nie genoeg kry van die berge nie .... weet Nelmari hoe gelukkig sy is om elke oggend met hierdie uitsig op te staan?


Page2


Gou-gou is die woonstelletjie ingerig. By van die plekke het meubelwaens groot nuwe meubels en flat screen tv's kom aflaai, maar Nelmari het meer probeer om met dit wat daar is, haar stempel in haar plekkie af te druk. En selfs vir ons aandete gemaak :-).


Page3


Die klere word aangepas en julle wat vir Nelmari ken sal weet dat 'n oorpak nou nie eintlik haar "styl" is nie, maar sy was heel vol glimlaggies om met die oorpak met bakgat op die boud rond te loop. En vir my was dit dan ook die laaste kuier in die blyplek want die eerstejaars se program was propvol.


DSC_0018


Die verwelkoming by die universiteit was ook iets spesiaal. Alhoewel die amptelik program vol toesprake was - en dit was nie lank en slegtes nie - was meeste van die ouers reeds daar terwyl die nuwelinge bietije gees gebou het


. Page4


Vir my was dit een van die groot dinge wat sy op uitgemis het in skool. Kyk sy het na baie lande gereis om in toernooie deel te neem en hulle ou spannetjie het mekaar geondersteun, maar sy het nooit die geleentheid gehad soos met my sportdae baie baie jare terug nie. En nou op haar tweede dag kon sy dit ook ervaar.


Page5


En dit was lekker .... as mens die hees keel aan die einde van die dag kan gebruik as maatstaf. Omdat hulle die grootste groep is, het hulle ook die meeste lawaai gemaak en mens weet mos dit is lekker.


Klasse het nog nie begin nie, maar die "ontgroening" was vir my 'n baie sinvolle vanjaar. Hulle mag nie die koshuisgronde alleen in die eerste twee weke verlaat nie, maar hulle is al die hele dorp rondgewys, en wanneer die klasse begin, weet hulle waar en hoe. Natuurlik was daar fun ook (ek hoop om foto's te kry), maar sy lyk happy en vat alles in stride.


Nie maklik om te groet nie, maar ek weet Nelmari is reg vir hierdie nuwe uitdaging!


Saturday, January 21

Einde van ‘n woestyn era …. vir nou

En so het die maande na skool verbygevlieg en is dit eintlik tyd vir Nelmari om universiteit aan te durf. Die laaste week of so was alles "vir die laaste keer" hier in Abu Dhabi, maar ek is seker om kuiertjies sal partygoedjies seker herhaal word. Dit gaan dol in die huishouding op die oomblik met die laaste kuiken wat die nes verlaat met die grootste "probleem" seker hoe kry mens alles in SA met net 56 kg (dis natuurlik my tasgewig ingereken - ek mag darem 3 goedjies saamneem). En as mens dink dis 'n probleem, dan moet mens onthou dat die plaaslike vlugte tussen Jhb en Kpst net 40 kg is :-). Ek het weereens geleer dit help niks om mens vandag oor more se probleme te kommer nie en viola die gewig het uitgesorteer en ons is binne die toelaatbare gewig vir die een vlug en met 'n "bonus" selfs binne die tweede gewig se grens.


DSC_0008


Baie van Nelmari se "laastes" vir nou was shopping en koffiedrink by plekke en mense groet .... maar kayk waaroor ek al so baie geblog het, was een van die doen goeters. Nelmari ek hoop dat jy die nuwe jaar met net soveel vasberadenheid gaan aanpak soos wat dit lyk jy die kayak-vaart gedoen het ... jy gaan baie dae ernstig moet vasbyt.


DSC_0015


Daar gaan sommer baie nuwe maats gemaak word in die volgende paar jaar op universiteit en miskien kan jy selfs daar 'n bietjie gaan kayak, alhoewel ek twyfel of dit op sulke see sal wees (die betrokke dag was die see nogal "rof").


DSC_0026


En met alles gaan daar op- en aftye wees!


DSC_0008


Onthou jou getuienis wat jy nou die aand gelewer het ... selfs in die kleinste dingetjie is daar net Een op wie jy kan vertrou in alles wat jy doen en aanpak.


Page1


Jy het in 'n moslemland jou geloof in en jou afhanklikheid van God voor getuienis verklaar en nou is dit tyd om dit ook in 'n ander land te gaan uitleef! Ons gaan jou hier mis sussie, maar ek is ook opgewonde vir jou en met jou oor al die uitdagings wat vir jou voorle!


Lief vir jou


Tuesday, January 17

Familie op ‘n ander vasteland

En so was ons heeltemal versprei oor twee vastelande gedurende die Kersseisoen ... gelukkig het ek darem 'n paar foto'tjies gekry om te sien wat hulle daar aangevang het.



Page1



Die foto's is nouwel van ver afgeneem, maar dit lyk asof William homself met vlieer vlieg besig gehou het terwyl Monica nie daar was nie. Ek's seker jy het dit geniet seun en hopelik kom kuier jy gou-gou weer hier in die UAE, ek mis jou en ek is seker die dorp ook.





DSC_0121



Dis altyd lekker om na foto's van 'n regte see te kyk, ons land is darem mooi.



Page3



Aan die foto's kan ek sien dat daar behoorlik gekuier is met alles en almal.



Page4



Kersdagete was saam met ouma in die aftree-oord, dit lyk asof dit fun was.



CSC_0217



Nie heeltemal my tipe ontbyt nie, maar beslis my tipe uitsig. Eddie se laaste ontbyt/ete in SA voordat hy moes terugvlieg - nie die koffie wat hy hier by 'n restaurant sal kry nie :-).



Tuesday, January 10

Die Oase dorp

Met die land wat so 'n daggie of twee vakansie gehad het oor die Nuwe Jaar en die heerlike koeler weer wou ons 'n slaggie weer gaan kuier in Al Ain, die tuindorp van die UAE. Ek gaan nie weer 'n hele klomp foto's wys en vertel van die dorp nie, net nuwe updates :-).


DSC_0003


'n Besoek aan die dieretuin was eerste op die lysie want mens kan actually nou in die dag in die son loop. Nie baie plekke wat mens kry wat lyk asof die moskee binne die dieretuin is nie.


Page1


Ons kon lekker rondloop en kyk en party het selfs 'n baadjie gedra so koel was dit.


DSC_0058


Berge is daar nie baie in die land nie, dus neem mens hulle af as jy voor, langs of bo-op hulle is.


Page2


Van die dieretuin na nr 2 op die lysie, die berg Jebel Hafet. Hier is daar baie verandering vandat ons laas daar was. Daar is nou 'n pad wat mens kan oploop boontoe en die meisies het dit gedoen en daar is selfs tafeltjies en stoeltjies sou jy wou stilsit in die son. Maar soos orals in die wereld het 'n paar dwase ook hulle name op die berg begin skryf.


Page3


Die sheik se paleis sit nog hoog waar die arende vlieg met 'n hele nuwe uitkyktoring aanbouing op die foto onder regs.


DSC_0085


Ek verkyk my nog elke keer aan hoe groen hulle besig is om die berg en omgewing te maak met hulle aanplantings


. DSC_0088


Orals is daar ook nou inligting oor die berg en wat hulle alles al daar ontdek en uitgegrawe het, dus het die "ons het die berg al gesien" nou baie nuwe stories vir ons gehad.


DSC_0095


En soos mens aan die onderkant van die berg kom is die sproeiers vol oop besig om die berg se nuwe gras nat te spuit.


Altyd lekker om in Al Ain te gaan draai, dit voel nog baie platteland.


Almal wat terug is by die werk, sterkte!!


Wednesday, January 4

Kersfees en gesegtes

Die Nuwe Jaar het al klaar begin aanstap en ek kry nou eers kans om bietjie Kersfoto's op te sit. Dit was maar vanjaar 'n "stil" Kersfees op die familiefront, omrede Nelmari eers einde Januarie in SA moet wees vir universiteit, kon ons nie Desember en Januarie SA toe nie. Maar gelukkig vir ons familie-in-Christus wat ook sonder familie was, was hierdie Kersfees ook spesiaal.


Page1


Ou Kersaand is daar by ons huis heerlik Kersliedere gesing olv Elriza met Nelmari wat die boodskap gelees het. Sommer 'n hele klompie mense het opgedaag om saam Sy geboorte te herdenk.

Page2


Agterna was daar bietjie gekuier voordat elkeen na sy eie huis is vir geskenkies uitruil. Nelmari en Elriza het besluit dat aangesien ons min is vanjaar moet ons vir mekaar klomp klein geskenkies koop ~ hulle wou nie die boom laat leeg lyk nie :-) en ek vermoed hulle het nie gedink dat die boom so sou lyk nie.

Page3


Elriza se kat, Zibi (opgetel uit die vuilgoeddrom) was in sy element en het behoorlike inspeksie gehou van al die geskenkies onder die boom en vir groot vermaak gesorg.

Nelmari geniet sy spelery.

Page4

Toe die geskenkie oopmaak nie dadelik wil begin nie, het hy vinnig begin om te help.

Page5


Elke klein (en party groot) geskenkie word oopgemaak en geniet.


Page6


Toe die katte so speel tussen die papiere na die tyd het ek gewonder waar die gesegte "xmas-kat" vandaan kom.


Nou vir die nuwe jaar, nuwe uitdagings en nuwe dinge!