Showing posts with label sport. Show all posts
Showing posts with label sport. Show all posts

Wednesday, October 10

Sport uitslae

Hierdie week was daar gelukkig net een volleyball wedstryd. Ons speel teen DAA (Dubai American Academy) en met die Ramadan spits verkeer, daag hulle 'n hele twee uur laat op.

Ons meisies besig om op te warm. Nelmari nr 25 en agter haar Jessica vd Walt wat 'n uitstekende wedstryd gehad het.

Hier wag hulle vir die ander span om te dien met Nelmari op die voorgrond. Sy is ook die spankaptein.
Hierdie partydige groep toeskouers is almal Suid-Afrikaners en die kommentaar is iets wat mens moet hoor. Hoe dan anders met 50% van die American Int School se kinders wat Suid-Afrikaners is?
Die afrigter gebruik hierdie keer haar beste spelers vir die eerste twee stelle voordat sy die ander nuwelinge 'n kansie gee. Ons meisies speel baie goed, en DAA is nie te wonderlik nie. Wen die eerste twee stelle en verloor die laaste een met een punt. AISA 2 - 1!!


GO LIONS

Thursday, March 29

Nuwe uitdaging - nuwe hoogtes

Die eerste dag van die ADSAC Track & Field is verby en het sy kwota verrassings ingehou. Die kinders het redelik aan alles deelgeneem. Aangesien dit ook William se laaste atletiekbyeenkoms sal wees, wou hy probeer inskryf vir die hoogspring toe hy sien een van sy pelle is daar. Geen idee hoe mens dit doen nie, kry hy gou 'n "crash course" terwyl hy vir sy springbeurt wag. Veertien manne begin en na 'n rukkie sien ek die ou is sowaar nog deel van die springers en kon toe darem 'n foto of twee gaan neem. Groot was ons en William se verrassing toe hy oor die dwarslat gaan vir die tweede plek!! Ek moet bysê dat die ou wat gewen het die afrigting, styl en tegniek gehad het, en hy het lank daarna nog gespring om sy rekord te verbeter. Met sy springery was hy laat vir die gewigstoot, maar kon voor hulle wegpak 'n gooi inkry om daar ook 'n tweede plek te kry. Hy het dus 'n goeie veld-middag gehad. Tweede in die diskus (waar die wenner oorgetrap het, maar daaroor sê ons liewers niks), tweede in die gewigstoot en tweede in die hoogspring. Die man was heel "chuff" met homself, aangesien een van die ander skole, ACS, se kinders intensiewe afrigting reg deur die jaar kry en hy maar sommer op die veld leer.
Miskien as die voete nie so groot was nie, het hy nie die dwarslat afgespring nie?
Nelmari het net aan die gewigstoot vandag deelgeneem en ook 'n tweede plek gekry!!!

Tuesday, March 27

'n Goeie Atletiek dag

Ons beweeg nou weg van die basketbal seisoen na 'n kort track & field een saam met pluimbal. Soos gewoonlik wil die kinders nie uitsit nie en neem orals deel. Gister het hulle aan 'n atletiek byeenkoms in Dubai deelgeneem en tussen die twee 7 eerste plekke gekry! Ongelukkig het ons nie 'n fotograaf daar gehad nie en alhoewel Nelmari die kamera geneem het, was hulle altwee te besig om mekaar af te neem. Aan die einde van die dag kon hulle spog met ....

Willam
1 ste plek in die 400 meter
1 ste plek in gewigstoot
1 ste plek in diskus
1 ste plek in verspring (lyk my hy begin al meer sand raakspring)

Nelmari
1 ste plek in 100 meter
1 ste plek in gewigstoot
1 ste plek in 4 x 100 meter

'n Goeie sportdag vir AISA!





Vanmiddag is dit 'n pluimbalwedstryd teen ACS (American Community School).

Sunday, March 18

ISAC en die dinge daar rondom

Die afgelope vier dae was AISA die gashere van die ISAC toernooi. Hierdie toernooi word jaarliks in 'n verskillende land gehou en vanjaar was die Abu Dhabi, UAE se beurt. Ons dogters en seuns het deelgeneem. Altwee hierdie spanne het deurgedring na die finaal toe. Eers 'n paar foto's van die gebeure rondom die vier dae en dan die uitslag van die finaal.

Pride of the Lions. Hier sit vier van hulle. vlnr Minri Botes, Olivereen van der Merwe, een van 'n tweeling en Nelmari.
Die seuns hou 'n spanpraatjie tydens een van die wedstryde.
William hang in die lig om 'n doel te gooi.

Die telling om deur te gaan na die finaal toe.
Amptelike tellinghouers, Minri wat afbuk, Nelmamri, Selina en Paula.

Meisies na hulle wedstryd waar hulle deurgaan na die finaal.
William kry mediese hulp by suster Jo.
Eendag gaan hierdie nr 21 opgroei so groot soos nr 22 (William). Milo Bolster in die amptelik spandrag.

Die span saam met hulle afrigter tussen helftes.
Ons seuns en dogters span dring deur na die finaal. Minri en Nelmari besig met die voorbereiding van die finaal - maak "posters" in die kunsklas.

Terwyl van die spelers agter die paviljoen lê en slaap. James mens herken hom aan die plakkies.

Die toeskouers op die verhoog met hulle pom-poms gereed vir die wedstryde.

Ons kan nie in ons stoele bly nie.
Die meisies gereed om GO LIONS te skree.

Ons meisies met hulle trofee. Die nuwe ISAC dogters kampioene vir 2007!!!!
Ons seunsspan - alhoewel ons almal voel hulle moes gewen het eindig hulle tweede. Mooi so manne ons is trots op julle.
(Als en als 'n goeie naweek vir sport vir my, die meisies en seuns doen goed, Stormers wen, Proteas wen en Bulls verloor!)

Friday, March 16

Update en Inligting vir James - Vrydag

Dis Vrydag so ek sal net uitslae onder byvoeg. Nelmari het kommentaar op jou kommentaar gelewer.
Ok seun hierdie is nou spesiaal vir jou. Die toernooi foto's sal eers na die toernooi op kom. Jy het vlugtig Nelmari hulle se sweetpak gesien met die Cairo trip, maar sy en William wil weet watter een dink jy is die mooiste. JV of Varsity. En dis nie "in your face" nie, hulle wil sowaar vir jou ook een laat maak.






Dan is Nelmari "official" by die toernooi en wil weet of dit soos jou afrigters hemp lyk. Ek dink sy wil vir haar ouboet ook een kry.
Goed wat die toernooi betref.
Ons eerste wedstryd was teen Cairo. Dit verloop as volg:
1ste periode 13 - 13
2de periode 31 - 25 Ons guns
3de periode 41 - 43 Hulle guns
4de periode 49 - 60 Hulle wen
Seuns was lusteloos in die laaste kwart, maar almal dit eens, hulle kan hierdie skool klomp. Ek self was nie daar nie, maar ek hoor William het klompie mooi dinge gedoen.
Tweede wedstryd was teen Riyad. Dit verloop as volg:
1ste periode 19 - 13 Ons guns
2de periode 39 - 23 Ons guns
3de periode 54 - 35 Ons guns
4de periode 66 - 50 Ons guns
Ons is weer lusteloos in laaste kwart, maar wen darem. William speel 'n baie goeie wedstryd en tussen hom en Baltaji gebeur daar allerhande toertjies rondom die ring wat vir ons heelwat punte inbring.
Derde wedstryd teen TAISM (Muscat, Oman)
1ste periode 11-13 Hulle guns
2de periode 27-22 Ons guns
3de periode 40-36 Ons guns
4de periode 51-42 Ons wen
Was 'n baie spannende wedstryd en William het goed gespeel.
Vierde wedstryd teen Al Nahda
1ste periode 8 - 6 Ons guns
2de periode
3de periode 31-29 Ons guns
4de periode 44-35 Ons wen
Die span speel nie voluit nie, ons vermoed die afrigter het gesê hulle kan dit maar stadig vat. William teken meer as die helfde van die span se punte aan en speel weer 'n goeie wedstryd.
Die laaste wedstryd van die dag was teen ABA (Oman).
1ste periode 9 - 14 Ons guns
2de periode 17-17
3de periode
4de periode 42 -35 Ons wen
Hulle het ons behoorlik laat naelskou. Ons span word tweede gekeur vir more se uitdinne.

Sunday, March 11

Track & Field dag

Gister was die groot skole atletiek sportdag van Abu Dhabi en Dubai. Ons skool na NET twee oefeninge (party kindertjies wat basketbal gespeel het, kon nie eers die oefeninge bywoon nie) was braaf genoeg om te gaan deelneem. Maar o wee, die afrigting, tegniek en vaardigheid het ontbreek. Wat die kinders egter gehad het was 'n hart en 'n gewilligheid om deel te neem. Eerlik, ek sou lank al moed opgegee het, as ek die GROOT atlete gesien het teen wie hulle moes meeding. En mense dit is NIKS soos ons by die huis aan gewoond is nie.
Dit was 'n WARM dag en hier is William besig om hom goed in te smeer voor die begin van die items. Hy het terloops aan alles deelgeneem behalwe om hotdogs te verkoop. Partykeer was dit van die een wedloop na die volgende. (Sien daai outjie in die agtergrond? .... meer oor hom verder af)

William besig met die driesprong nadat hy nog die oggend vir ons gevra het, wat en hoe word dit gedoen. Sy kommentaar na die driesprong....ek het darem die sand geraak.

Nelmari is "gestraf" omdat sy nie die oefeninge bygewoon het nie (omdat sy basketbal wedstryde gespeel het) en is in die Varsity span gesit. Was maar moeilik vir 'n 13jarige om met die 18jariges deel te neem. Hier staan sy by haar 4 x 400m aflos span. Ek dink hulle was 4de.
Hier kom sy in die pylvak af
William gereed vir sy 4 x 400m. Hy het weggespring vir die span en was die tweede ou om die stokkie aan te gee. Die span het ongelukkig toe bietjie uitgesak en 5 de geeindig.
William kom in die pylvak af.
Hierdie ou wat hoogspring is Abdulla en hy weet absoluut niks van hoogspring af nie. Hy het tot redelik ver (onder korreksie 1,75) gespring deur oor die dwarslat te duik en die ouens met die tegniek kon nie glo wat hulle oe sien nie. James dit het almal laat dink aan jou poging 'n paar jaar terug wat die mense net so stom geslaan het. Die wenner was 'n Suid-Afrikaanse seun van Dubai. Jinne SA kan doen met so 'n talent. Hy's nog jonk en het 1,92 gespring!!William by die gewigstoot. Hy het 2de geeindig in hierdie item.
Daarna was dit reguit verspring toe. Na die driesprong het dit sommer baie beter gegaan met die verspring. Het aan meer sand geraak!
Die JV spring weg vir die 1500 m. Kyk daai kleintjie van ons skool, hy's net 11 en ding mee met die 16jariges. Die atlete se gesigte toe hy aantree. Kyk hoe kyk almal vir hom, hulle kon dit nie glo nie. Natuurlik moes hy drie tree hardloop vir elke een van hulle, en het hy ver laaste gekom, maar met 'n glimlag en die meeste ondersteuning van enigeen. Net 'n slukkie water later en hy wou weer aan iets deelneem. Hierdie mannetjie het 'n groot hart en was gou die span se gunsteling en William se skaduwee.
William spring weg in die 400 m en einde 3de in die finaal.

Oor die wenstreep en reguit diskus toe. Hierdie is sy gunsteling item, maar met sy beste gooi trap hy op die lyn en die gooi word gediskwalifiseer. Hy eindig eintlik 3 de met 11 meter minder as sy oefening gooi.
Intussen het Nelmari ook deelgeneem vir die Varsity span aan diskus en gewigstoot en moes ons vinnig help om te wys hoe die gewig/diskus vasgehou moet word. Volgende keer met afrigting en in die regte ouderdomsgroep sal dit goedgaan. Hier rus die diskus/gewigstoot groepie onder die enige boom. (Al drie Suid-Afrikaners)

Onthou julle daai glimlag aan die begin? ...dis aan die einde. Sien sy skaduwee?
Van die hele onvoorbereide skool span het ons slegs 5 plekke gekry, waarvan William 3 daarvan gekry het. Dit was 'n uitputtende dag, maar ons is trots op die kinders wat met soveel geesdrif deelgeneem het.

Wednesday, March 7

En weer, en weer en weer 'n keer

Net twee dae terug sê ek Nelmari het nog een wedstryd om te gaan voor die einde van die basketbalseisoen - maar groot was my verrassing toe daar nog 'n wedstryd ingepas word. Hulle speel teen Al Khubaira vir die voorlaaste wedstryd.

Hier is die tellinghouers vir die seuns se wedstryd - Marnus, Nelmari en Minri, al drie van Suid-Afrika. Daar is lekker Afrikaans gepraat met die telling hou.
Nelmari maak gereed om die bal te ontvang.
'n Spanpraatjie tydens die wedstryd.
Van die toeskouers (ouers). Sal dit 'n grap wees of is die wedstryd spannend?
Ons meisies wen 23 - 10 en nou is dit regtig nog net een wedstryd na die einde van die seisoen toe.
Die seuns kan ook nie rus nie want hulle moet in oefening bly vir ISAC. Gister het hulle ook teen Al-Khubaira gespeel.
Hier beweeg William met die bal na die net toe.

Bietjie meer hierdie kant toe ouens ... is dit dit wat William sê?
Die toeskouers tydens hierdie wedstryd. Lyk my hulle kan ook nie die spanning vat nie.
Die seuns wen die wedstryd 65 - 19!!! GO LIONS!!!
EN eindelik is die meisies oppad na hulle laaste wedstryd van die seisoen in Dubai teen UAS. (Nelmari die baba en kort een agter in die middel)
'n Laaste spanpraatjie van die seisoen ....
Alweer die "terrible two" van SA. Nelmari en Minri vat 'n breuk.
En die einde van die seisoen .... jippie!!!!! Ons wen 24 - 6!!!!
Baie geluk aan ons Junior Varsity Basketbal span vir 'n goeie seisoen!!!! GO LIONS!!!!
Nou is dit nog net William se basketbal wedstryde en het die "track and field" seisoen begin. Weens die hitte is dit gelukkig 'n baie kort een en is die groot byeenkoms met skole van die UAE op Saterdag. Die Holloway kindertjies sal beslis daar wees, en julle sal daarvan hoor!!