Monday, March 31

Vrouegroep, twee stories in een

Met die viering van die Paastyd het Vroue Omgeegroep weer nagmaal saam gehad. Hier is so 'n paar foto's en 'n storie.
Ons het gesing en nadat ons 'n dvd stukkie oor die gebruik van nagmaal gekyk het, het ons saam nagmaal gebruik.
Mekaar se voetewas was volgende aan die beurt.
Corine se beurt om Charmaine se voete te was.
Ek vermoed daardie vinger se, pasop, moenie 'n foto neem nie .... en dit terwyl Heleen besig is om haar voete te was.
Na die was, is ons voete met nardusolie gesmeer.


Vir die van julle wat wonder oor nardusolie ... Dis 'n olie wat van 'n plant, die Spikenard (Nardostachys grandiflora) wat in die Himalayas, India en Nepal groei kom.

Die plant word so 'n meter hoog en het sulke klein pienk klokkie vormige blommetjies. Die olie word van vertakkings ondergrond gekry deur dit saam te pers en word vir parfuum, wierrook of kruie medisyne gebruik van enigiets van verkoues tot geboortes. (Dis soos daai goed wat jy by die Arabiese troue gedrink het maat).


Nardusolie word in die Bybel genoem in Hooglied (1:12 en 4:13), Markus 14:3 en Johannes 12:3. Maria, suster van Lazerus het nardusolie gebruik om op Jesus se voete te sit. Ook in Lukas 7:37-50 het 'n onbekende vrou Jesus gesalf met 'n parfuum en dit het 'n simbool van Christus se salwing in Bethany geword. Nardus het 'n wonderlike reuk.

Wat doen hierdie twee na die groep terwyl ons ander tee drink wonder ek?

Saturday, March 29

Wat vang William aan

William het darem weer so 'n bietjie van 'n update gestuur oor wat hy op kampus aanvang, alhoewel ek nie eintlilk enigiets van studies hoor nie. Ek plaas die blog in sy eie woorde

On the 15 of this month there was a walk for cancer, this was to raise money to help with cancer researce, alot like the Terry Fox run, but instead its a walk from 18:00 till 6:00 the next morning. I was not suppose to go but thought it was for a good cause. And luckly i did, because my hostle had no one to walk, and i filled in.In the end i walked for about 8 of the 12 hours and thanks to my phone saw that it was 27.31 km 64 laps around the track, and 33,132 steps. But it was fun and im happy i went.

Alot of students can do with some extra money and there is an product testingplace on campus, where students can go to be test dummys. And of course i had to go to see what its like. The test i chose was for comparing two pills against each other, so no big risk was involved. I had to sleep there for 2 days on the 13 and one night on the 18. While there you get breakfast, lunch, and dinner. and all they do is take blood every 30 min. So no big deal... and they pay you of course, R2000 for two days is not bad. The next one i saw is for R45000 and they cut of your small toe and see if they can put it back. What do you think of that one mommy.... (Geen kommentaar)We went shopping today (the 21) and pick and pay was closed, so instead we went to wimpy.(So bly om te sien julle "eet" darem, al is dit net Spur en Wimpy foto's)


Had a nice breakfast and as usual i had my milk shake. (William gee gewoonlik punte vir goeie en/of slegte melkskommels, kliek op label melkskommels .... maar hierdie keer was dit net 'n foto. Hoe het Wimpy gevaar seun?)


Dan is William ook gekies vir Kovsies se pluimbalspan wat hierdie week in Potchefstroom speel. Ons is trots op jou seun, laat weet hoe dit gegaan het, en dankie vir die foto's en storie. Nou jou beurt James.

Thursday, March 27

Khalifa park, museums en fonteine

Ons is nog steeds in die Khalifa Park met al sy plekke om te sien, te speel en fonteine.
Die heritage museum so op die sandvlakte
'n Hoekie van die museum. Ongelukkig het die voeltjies al begin nessies maak in die deur terwyl dit wonder "maintenance" is en ons kon nie die binnekant sien nie.
Hier is een van die tuine. Hulle tuine het sulke interessante name soos Islamic garden, Education garden ens. en ons het ernstige probeer uitvind hoekom en waarom die name.
Met die museum ook onder "maintenance" het die wag ons darem toegelaat om na die aquarium se vissies te gaan kyk. Hulle het regtig die mooiste groot tenk met vissies in. Hierdie is deur een van die venstertjies geneem.
Die restaurant dolleeg met alles wat gesluit is. Dit kyk uit oor die hele park.
Met die terugstap loop ons aan die fonteine kant af. Dit lyk dalkies heerlik koel maar laat ek vertel dat die weer ernstig aan die optel is.
Nog een van die fonteine tussen twee "bloeisellose" bome (dis mos lente hier)!
Die fontein van nader sodat julle kan sien die binne koepel is goud. Hier is nog so baie om te sien wanneer alles oop is, so ons kom weer eendag terug.

Tuesday, March 25

Khalifa park, treintjie

Iewers rondom 2003/20204 is daar 'n tender uitgesit vir 'n park in Abu Dhabi vir die al die mense van Abu Dhabi. 'n Plek vir pret en vermaak, maar ook vir geskiedenis en kultuur. Eers verlede jaar gedurende Ramadan 2007 is die park vir die eerste keer vir die publiek oopgemaak. Iewers langs die pad het ons geslaap, want so kon ons eers Februarie 2008 die park besoek
Die park het verskillende speelparke, tuine, fonteine en museums waarvan 'n paar natuurlik toe was met ons besoek "under maintenance" (en julle wil nie weet hoe lank maintenance in hierdie land vat nie). Hierdie is die tweede ingang .... as mens eers deur die ingang is, is dit die eerste "feature" van die park .... die amfiteater.Die teater waar hulle allerhande demonstrasies en goed in sal hou.
Vandaar nog 'n ingang wat die oa die noodhulpkamers huisves.
Vandaar het ons die Khalifa Park treintjie gevat om reg rondom die park te ry en te sien waar alles gelee is - dis nogal 'n groot park om deur te stap.
Ons ry verby allerhande parke vir die kinders. Daar is ook een uitsluitlik vir vrouens en kinders met 'n hoe muur om waar daar 'n swembad is vir die kinders om te swem.
Hierdie toilet in die sandvlakte het my so laat dink aan die wildtuin. Ons wou nie regtig die hitte aandurf om dit te gebruik nie.
Nog 'n groot speelplek vir kinders.
Hierdie is die aquarium en 'n museum. Ongelukkig was dit onder "maintenance" alhoewel hulle ons toegelaat het om in die aquarium in te loer. Die ouens kan maar nie dinge op 'n klein skaal doen nie en ek wys more die res van die park.

Monday, March 24

Kompetisie

Vandag loots ek 'n kompetisie met 'n GROOT prys .... AL wat jy moet doen is om vir my die vyf verskille tussen die twee prentjies te stuur!

Prentjie A
Prentjie B
(Dankie dat ek die foto mag gebruik maat .... en ja ek weet)

Sunday, March 23

Verjaarsdag

VILJOEN
BAIE GELUK MET JOU VERJAARSDAG VANDAG
WENS JOU 'N MOOI JAAR TOE !
BAIE LIEFDE
HOLLOWAYS

Saturday, March 22

Die seuns eet darem ook

So af en toe lyk dit my eet die seuns darem ook. Gedurende die week was hulle bietjie Spur toe en James stuur hierdie verslag .... Soos gewoonlik (se James) moes hy ook sukkel om 'n foto van William sonder gesigtrek kry. Hier is hy en 'n vriendin Tessa.
Kos is op die tafel en nou is William gelukkig. Ek is nie seker wat hulle geeet het nie, dit lyk na 'n Mexikaanse dis.
Dit lyk asof James besluit het om op hulle stapelvoedsel "rys" te bly. Foeitog seun het jy nie vleis gehad nie en wat makeer jou om daai hemp te dra.
Oooo nou sien ek, Leane (die strepietjie ding wil nie werk vandag nie) het al die kos by haar. Ek verstaan sy wil darem ook bietjie groei...
Dankie vir die foto's seun.

Friday, March 21

Lentedag

Dis amptelik lentedag in die UAE en ons kan dit aan die weer begin voel. Alhoewel ons een van die "koudste" winters in jare gehad het, begin die hitte nou optel. Lente by die huis gaan gewoonlik gepaard met bloeisel op die bome en die sonnetjie wat wil-wil uitsteek en selfs lentereen. Ek onthou nog die groot lentelope wat ons elke jaar in die skool gehad het. Wonder hou skole nog so iets?As mens dink aan lente in die woestyn dan is dit 'n moontlik prentjie wat mens in die kop kan kry.Maar Abu Dhabi se strate is groen en kleurvol. Orals is blomme in allerhande kleure op sypaadjies en middelman geplant. Mens moet jouself gedurig daaraan herinner, dis eintlik 'n woestyn.... Hoe besonders is dit nie? En saam met die blomme en groen is daar orals fonteine van alle groottes, vorms en kleure. As mens die water so sien wil jy amper dink dis heerlik koel. Heerlike Lentedag vir julle!

Thursday, March 20

Verjaarsdag


KOM AAN WIE
VAN JULLE
KAN RAAI
WIE SE
VERJAARSDAG
IS DIT
VANDAG???!!
Dis REG, DIS MYNE
IS EK NIE OUD EN OULIK NIE?
baie geluk Lalie!!
Ons wens vir jou 'n mooi jaar en dag toe.
LIEFDE



Tuesday, March 18

Geen sport vir res van die skooljaar

Ek het nog laas met die vertel van die basketbal toernooi vertel hoe die een span behoorlik die SAfrikaners uit die wedstryd gespeel het. Daar is darem amptelike klagtes ook teen die "harde vuil" spel ingestel.Nelmari het na dag een van die toernooi met 'n taamlik geswelde knie afgesluit nadat sy in die tweede wedstryd ook probeer speel het.
Die res van die toernooi is in 'n rolstoel voltooi en vir iemand wat 'n gips kan afstap binne twee weke, was die rolstoel maar ook nie te gemaklik nie. Hier vat die hele span 'n ruskansie tussen wedstryde. Terug by die huis het ons laat plate neem en gelukkig was niks gebreek nie, maar die dr wou 'n MRI ook he.
Tydens die MRI het ek natuurlik die dr heeltyd staan en uitvra. Hy wou weet watter sport dit was en toe mooi verduidelik dat daar 'n ernstige besering is.
Voor die uitslae en Nelmari nog vol smiles al dink sy haar ma is baie stupid om haar binne die masjien af te neem. Daar is eindelik bevind dat een van haar ligamente aan die binnekant af is (vir die slimmes ACL, en bone bruising). Die dr se dit lyk asof iemand haar been met 'n hammer geslaan het.
So vandag vir die eerste keer in 'n lang tyd was daar geen "try-outs" vir 'n nuwe sportseisoen nie en sal sy binne die volgende paar dae met 'n ernstige rehab begin om die spiere en been weer op te bou sodat sy miskien volgende jaar weer aan sport kan deelneem. Nou gaan daar ernstig gefisio, geswem en fietsgery moet word. En natuurlik hou ek julle op datum.

Sunday, March 16

Woestyn uitstappie

Vir die duinejagters is dit nou 'n goeie tyd van die jaar om in die woestyn te gaan rondjaag want die somer is nog nie heeltemal met ons nie. Eddie was oor die naweek saam op so 'n ekskursie en het bietjie foto's geneem.
Hier is Mynhardt besig om teen 'n duin op te ry.

Kampplek is opgeslaan vir die aand se vuur en braai. Dis behoorlik op die woestynvlakte as mens so kyk.
Hermias besig om "iets" te doen. Kyk net daai woestyn (sandsteen) strukture.Die son besig om onder te gaanAmper agter die duine ....
Vuurtjie besig om te brand ..... dis braaivleis tyd.