Tuesday, March 5

Is dinge aan die verander?

Dit voel soos 'n ewigheid terug dat daar advertensies teen 'n geskenkwinkel was, wat gese het, geen Christelike kaartjies word daar verkoop nie.  Of dat ons 'n kersboom van die huis moes bring om net een hier te he, want alles is stadig besig om te verander.  Nou nie 'n heeltemal 'n omkeer nie ... miskien moet ek net se dat hulle meer toegeeflik is vir ons wat anders glo. Gospelsangers word al hoe meer toegelaat om hier te kom optree, en nou praat ek nie van in 'n kerk nie, ek praat van in die publiek. 
 
WP_20130301_004
 
Die afgelope naweek het omtrent 5000 van ons, in die buitelug, op 'n hotel se grasperk, saam met Michael W Smith en ander geworship. 
 
165988_10200376160033930_1249367842_n
 
En  nie net in Engels nie, maar selfs in Arabies.  
406803_10200376178354388_495930255_n
 
Die gaskunstenaar was Brenton Brown van SA natuurlik, en Michael self het vir twee uur die worship gelei.  Ek dink daar was hoogstens twee liedjies wat mense net geluister het, die ander tye is daar kliphard saam gesing. 
 
417697_10200376185674571_1372382825_n
 
Dit was 'n ongelooflike aand en die amper 'n uur in die verkeer vassit na die tyd kon nie verander hoe ons gevoel het na die vertoning nie.