Thursday, February 22

Nelmari Cairo Basketbal toernooi



Die span het 'n veilige vlug gehad en almal het dit baie geniet. Op Cairo is een van die seuns se tasse gesteel, maar die ou was dom genoeg om nie die "tag" af te haal nie, en word toe met die gesteelde tas in sy besit gevang! Ek is nog nie seker wat hulle gister gedoen het nadat hulle daar aangekom het nie, maar die nuus sal seker so stuk stuk bygelas word.

Vandag was die eerste dag van die toernooi en ons span was opgewonde oor hulle "ondersteuning" al die pad vanuit Abu Dhabi. Nelmari se gesig wys dat sy duidelik nie te bly is nie.

Ons meisies het blykbaar briljant gespeel teen American Universal School en wen die wedstryd 40 - 8. GO LIONS! Hulle speel nog twee wedstryde vandag. Ek hoop om die tellings ook te kan plaas.




No comments: