Monday, February 5

Julle Sondag en my eerste dag van die week

Die vakansie is oor en die skool het begin.....uiteindelik!!

Dit beteken dat die laaste deel van die jaar nou afgeskop het. Julle daar by die huis weet hoe vinnig die laaste 6 maande van 'n jaar gaan en voor mens jou oe uitvee is dit Desember. Hier werk ons jaar mos vanaf September en wanneer Februarie aanbreek is dit die laaste skof.

Gister het die Formule 1 ouens deur die dorp se strate gejaag om reklame te maak vir wanneer Abu Dhabi in 2009 'n eie Grand Prix "host". Waar ons gewoonlik op 'n Saterdag in die malls loop, was die HELE mall gesluit tussen 9vm - 1nm sodat die paaie rondom die mall vir die "resies" gebruik kon word. Kan julle dink watter moeilikheid winkeleienaars by die huis sal maak as hulle nie kan besigheid doen nie. Hier is 'n foto van een van die motors in die straat ---die van julle wat al hier was, dit is die straat na Marina mall toe (en die van julle wat nie weet nie, dis al toegang tot die sentrum).

Ons somer is oppad in volle sterkte. 'n Goeie aanduiding is gewoonlik die woestyn winde (wat lekker sanderig is). Dit het heeldat soos skemer gelyk. Hierdie foto is in die middel van die dag geneem oppad vanaf die skool

Met die skool begin die aktiwiteite weer. Gister was dit weer Nelmari se beurt vir 'n basketbal wedstryd. Hulle het 'n tuiswedstryd teen AIS (Abu Dhabi International School) gehad.
Nelmari kyk of die bal ingaan!
Hierdie foto is bietjie onduidelik want die kinders is nogal woelig op die baan. Wou hĂȘ dat julle na een van die anders skool se spelers kyk. Sy speel met 'n kopdoek en langbroek ...hoe gemaklik kan dit nou wees? Nie baie moslem meisies neem deel aan sport nie, maar as hulle wel, moet hulle goed "gekleed" wees.
Die einde en ons wen 42-13!! Geluk JV Lions!!

1 comment:

Anonymous said...

Julle moet maar vir julle kry! met di weer bedoel ek. Ons braai uit in Bloem want niks het lugversorgning nie en ons is so te se by 40. Dit gese, kan ek ten minste baie swem!