Friday, August 31

Dis lente .... of is dit nie?

Dis heerlike lente, die winter's verby .... Ek onthou op lentedag het ons dit gesing, daar was baie blomme en ons het 'n lenteloop gehou. Almal moes geborg word en honderde skoolkinders en ouers het deur die strate van die dorp geloop en na die tyd het elkeen 'n medaljes gekry. Goud, silver of brons na gelang van die afstand wat jy geloop het. En natuurlik dan ook nog, die bloeisels op baie bome. Dit gebeur egter nie hier nie. Dis nog heerlike somer en ons wag en bid dat dit winter moet word. Hier soek mens nie nog vir herfs nie ... die koue moet sommer direk kom en asseblief in volle sterkte, al weet ons dat dit slegs temp in die laat twintig beteken.



So op ons lysie van "dinge om te doen voor die skool begin" was Dubai se Ski World by die Mall of the Emirates. (Terloops die skool begin more eindelik na drie maande - yippieee!!!!) Hier is ons gereed vir 'n uur se koue.



In die igloo. Nelmari het besluit sy is te lank om daar in te gaan alhoewel ek maar ook moes gekruip het. Annie daai NZ handskoene het hier baie handig te pas gekom.

Nelmari is nie veel gepla met die koue nie. Eers wou sy ski, maar sy wil dit nie alleen doen nie. Ek weet nie of sy vir een oomblik gedink het ek of Charmaine sal dit saam met haar doen nie. Jinne ek het mos kniee. Gelukkig het sy onthou dat die skool saam met die sportseisoen begin en 'n besering nou, sal baie slegte tydsberekening weesDis "besig" by die "ski-oord" soos almal die "slopes" wil aandurf. Ons hou maar net vanaf die "uitkykpunt" dop.
Oppad na die bo-punt van die "slope". Mense onthou nou dat hierdie plek binne in 'n mall gebou is!!Kyk hoe hoog gaan mens op na die bo-punt!!! Die mense ski of snowboard van bo af.

Aan die eenkant kan jy die mall sien. Hier is klomp restaurante waar mens kan sit en kyk hoe die ander koud kry.


Hier gaan Nelmari af. Dit gebeur so vinnig dat mens nie eintlik 'n foto kan neem nie.Ken hierdie mannetjie glad nie, dit bly net snaaks dat hulle die woestyn en sneeu sal aandurf met die witrokNelmari beplan om 'n sneeubal te gooi en sy lyk klaar baie skuldig. Ek het nie 'n sneeubal of ski's nodig gehad om 'n stukkie van die Ski World te koop nie, die gladde sneeu was genoeg. Nou kan ek mense my blou knie wys en sê dit het by Ski World gebeur ... en miskien dink hulle ek was braaf genoeg om te ski.
Julle sal bly wees om te hoor dat ek hierdie keer nie die mall afgeneem het nie ('n ander keer as julle dit regtig wil sien). Hierdie foto is van die "court" na die parkeerarea.



















Thursday, August 30

Canal Walk Mall

'n Nuwe mall is altyd 'n moet, al is dit net om dit bietjie te gaan uitkyk en sien of mens dit regtig weer wil besoek. Een so 'n een is die nuwe Canal Walk Mall in Dubai. Dit is deel van die Festival City ontwikkeling.

Soos ek 'n vorige keer al gesê het daar moet 'n "trekpleister" wees en hier is dit oa die 450 meter lange kanaal waar mens met 'n watertaxi na verskillende winkels en/of restaurante kan vaar.


Die ontwikkelaars sê dat daar 40 restaurante langs die kanaal sal wees. Omdat dit nog 'n bietjie hittig in die land is en die bouery nie orals klaar is nie, vaar die bootjies op die oomblik slegs in die namiddag, so ons kon dit nie gaan uittoets nie.


Ons het darem 'n lekker Frappacino by Costa's gedrink in die koel binnehof. Hierdie ou wat seepballe blaas het die mense vermaak.
Wanneer al die ontwikkeling rondom die mall klaar is, sal daar oor die 500 winkels wees met 25 groot anker winkels waar mens alles en nog wat sal kan koop

Die mall is nog nie so besig nie, maar wanneer alle winkels oop is EN die padaanwysings goed is, sal daar mense begin stroom soontoe. Ons het maar lekker rondgery en selfs Sharjah besoek op soek na die aanwysingsborde.

Hier is een van die 90 restaurante wat uiteindelik in die mall gaan wees. Hierdie een is onder die roltrap wat van IKEA af kom gelee.

Ek is seker ons sal die Canal Walk mall weer besoek al is dit net om op die bootjies te vaar. Maar met al sy verskillende watervalletjies orals in die mall, is daar op die oomblik ook 'n rustige gevoel en nie 'n buzz nie. Dit kan egter verander as mense die plek sonder 'n padkaart kan kry.

Verslaggie van Onrus

Ek is doodseker dat ons een van die duurste tuindienste (vir middelklas mense) in die wêreld het. Behalwe dat ons die normale bedraggie betaal vir die weeklikse sny van die gras, vlieg ons ook gereeld (ten minste 3 keer per jaar) 'n tuin expert vanaf die UAE na Onrus om die bossies te gaan uittrek. Ongelukkig kan ons nie sien of beide die dienste goeie werk doen nie, ons vertrou net.
Die voordeel is egter nice foto's om mens bietjie terug te verlang huis toe. Met die huidige bossie-uittrek-trip is die volgende geneem. Ek deel dit veral met my mede-Abu Dhabiers wat terug verlang see, huis en koue toe.

Onrus se strandjie en die weer lyk na reen. (Onthou julle nog hoe reen lyk, ruik en voel?)

'n Walvis word opgemerk in die water doer ver ...


Hy kan branders maak dis verseker. (dis nou die walvis)

Ek hoop dat daar nog mooi foto's kom dat ek julle kan wys.

Wednesday, August 29

Ibn Battuta mall 2 - die ander helfte

Die Persie court is net so 'n mooi een met al die teels dat ek net nog 'n foto van dit moet wys.Dis 'n klein koffiewinkel in die middel van Persie waar mens 'n effense blaas en/of ruskansie kan vat.
Die twee bewonder die teelwerk met hulle nuwe aankope.
Ons gaan loop 'n draaitjie en Charmaine verskyn vars en reg vir die tweede deel van die mall.
Ons is nou in die Egipte court. Die tema is "Modern Trends" In hierdie deel is baie bekende winkels soos Magrudys, Sun & Sand en Studio R. Ons moes al die pad Egipte toe om uiteindelik vir Nelmari skoene te kry wat haar pas. (William sy is eintlik kwaai dat ek nie 'n foto daarvan het om vir jou te wys dis ook weird nie. Sal een moet neem)
Die Court se mure is met Egiptiese prente en skrif versier. Dis baie besonders
Amper klaar met die lande. Die Tunesie Court nog voor en hulle tema is Family Fun. Dit beeld 'n Noord Afrika markplek uit en dis hier waar die foodcourt gelee is. Nou is dit tyd vir koffie.
Tog te lekker hier is 'n Seattle koffiewinkel en ooooo die sonde Cinnabon. Nelmari en Charmaine bestel vir ons ys-koffie en 'n "klein stukkie" Cinnabon.
Nou het mens weer energie vir die laaste land, maar eers 'n foto van die leeufontein.
Die laaste plek is die Andalusia Court. Hier is die tema Convenience. Die tonele skep 'n aand toneel en dis hier waar mens alles kry wat nodig is om jou dagtake af te handel soos bv. banke, bloemiste, droogskoonmakers etc. Plekke wat jy in die aand na werk sal gou-gou wil besoek.
Oppad terug en mens sal hierdie spieel wil huistoe vat
Ek kan glad nie onthou waar ek hierdie foto geneem het nie, behalwe dat dit oppad terug is. (Seker 'n slim San gaan my help hiermee)
Nou moet julle weet as selfs Nelmari die kaart bestudeer om die uitgang te kry, is die mall groot. Nie 'n plek wat mens sonder platskoene of nuwe Sketches sal aanpak nie. Vir my nie 'n mall vir elke dag nie, maar pragtig om te sien en vir besoekers te wys soos hieronder toe Corli en James gekuier het.
In die Andalusia court







Tuesday, August 28

Ibn Battuta Mall 1 - Die girly dag

Nog net 'n week voordat die skool na drie maande weer begin!!!!! Sonder haar boeties by die huis is daar niemand wat Nelmari kan pla nie, en dus is sy erg verveeld. Maar as 'n "prys" het ek haar mos 'n girly dag belowe, so ons besluit om die week bietjie in Dubai se Malls te gaan rondloop...om haar en julle te wys hoe dit daar lyk.
Sommiges van julle sal sê 'n mall, wat's so besonders van 'n mall? Eers moet ek vertel dat alhoewel ons wonderlike groot malls hier in Abu Dhabi het, met alles wat ons nodig mag hê of nie, het Dubai meer as net malls. Met die dat Dubai bekend is as 'n "shoppers droom", (slim mense koop in goedkoper Abu Dhabi), kompeteer die malls geweldig met mekaar. Hoe trek jy kopers na net 'n "gewone" mall? Daarom het elke mall in Dubai 'n trekpleister.

By die Battuta mall beeld hulle verskillende lande uit en ses verskillende lande vorm die mall. Ons gaan by China court in waar daar hope winkels en restaurante is. Hulle, dis nou die China gedeelte se tema is "Entertaiment" en dis waar oa die IMEX teater sit. Dis gebou op die 14de eeuse boustyl. Hier is deel van die dak

In die Go Sport winkel, is daar 'n groot SA rugby trui in die venster en trek dit die SAfrikaners aan om binne te gaan loer.
Aangesien Nelmari in die mark is vir klere, wil sy sommer al hier probeer om 'n Wêreldbeker trui in die hande te kry. Gelukkig of ongelukkig is haar nr nie hier beskikbaar nie. Hierdie boot maak deel uit van die China court en Nelmari gaan loer wat is in die gat ...Die volgende land is Indie en hulle tema is "Designer Fashions". Ook hier is die boustyl soos uit die 14de eeu en kry mens al die bekende ontwerpers winkels. Hierdie olifantklok is omtrent 8 meter hoog. Kyk mooi na die foto ... wat die mense dra en het hulle pakkies in hulle hande.

Ek het omtrent 'n GPS nodig om die twee tussen die "sales" op te spoor, want elkeen het sy eie misie en winskopie in gedagte. Nelmari is spesifiek opsoek na 'n pers toppie wat by 'n romp van haar moet gaan.

Charmaine aan die anderkant het niks nodig nie, miskien net 'n groen truitjie sê sy.

Ek kom redelik skotvry deur Indie want Nelmari kry niks nie. Volgende is die Persia Court en kyk net die pragtige teels teen die mure en dak. Hulle tema is "Lifestyle" en hier begin die moeilikheid kan ek sommer dadelik sien.
Charmaine loop die groen truitjie raak (die foto is spesiaal vir Elriza) en nog 'n paar ander truitjies omdat dit op spesial, baie sag en presies is wat sy van hou.Daar word ook hoede aangepas ... wat van ons dra 'n hoed vir die high-tea wat ons nog moet hê? Nelmari kry eindelik daai toppie wat ons al weke soek, sug-sug ... is die shopping hier in Persie al verby? ...wat gaan die twee nog aanvang? .... kyk more verder

Monday, August 27

Trippie na Fuijerah 4 - Kontraste oppad terug

Na al die opwinding van snorkel, forte en moskees was dit tyd om terug te ry Abu Dhabi toe. Die omgewing langs die pad verander by die minuut en ek kan nog steeds nie verstaan hoekom hulle Fuijerah die "ghetto" noem nie. Kyk 'n bietjie na sommige van die interessante plekkies en dinge.
Moskee's is volop en op elke hoek en blok. Verskillende groottes, ouderdom en vorms. Hierdie een dink ek klassifiseer as "moderne" en van ver lyk dit net soos 'n ruimteskip.
Daar is die mooiste fonteine langs die pad. Hier is 'n besonderse skulpfontein. Die Cornish is geplavei en dit is moontlilk om tot by die volgende klein dorpe Kalba al langs die strand te loop. Ek dink 'n 5 min rit met die taxi is 'n baie beter opsie in die hitte.
Ek kan net wonder of hierdie geboude palmboom enige koelte verskaf, want die ware Jakob kan dit nie eers in hierdie hitte doen nie.Gelukkig is daar darem 'n effense windjie wat waai - maar eintlik dink ek dit versprei net die hitte eweredig.
Ons ry verby hierdie restaurant ......en besluit om maar deur te druk en die dors op 'n ander plek te les. Baie van hierdie ou geboue langs die pad het sedert die 1960s nie veel verander nie alhowel groot nuwe huise nou orals gebou word. (Wonder hoe vars is die koffie?)
Net ingeval julle dink ons is kieskeurig .... die Al Kaabi Restaurant se aircon lyk of dit stukkend is en ons wil nie regtig in die hitte verversings geniet nie ....ons hou maar deur na die volgende koel hotel toe.


Op vorige besoeke aan die dorp het Eddie ons geneem om te kyk hoe hulle die visse uittrek op die strand en dit was nog altyd besonders. Met ons wat so vodde was na die snorkel het ons nooit daarby uitgekom nie, maar was opgewonde om vissies langs die pad te sien. Wat ek nooit geweet het nie, is dat hierdie sardientjies gedroog word om later as "fertiliser" (kunsmis) gebruik te word. Ek dog hulle word soos bokkoms geeet.
Hierdie 4x4 het sy dae gehad dit kan mens sien, maar nog steeds in 'n werkende toestand.
Daar is heelwat ontwikkeling langs die paaie en ek voel half benoud as ek dink hoe hulle AbuDhabi se strande so stadig maar seker weggevat het en met ontwikkeling toegebou het. Ek hoop nie dat dit hier gaan gebeur nie.
Is dit nie pragtig nie? Die berge, see, strande en palmbome? Hoe lank voordat 'n hotel die stukkie grond kom toe bou?Dan draai ons effens weg van die see en vat die pad oor die berge terug. Die land het soveel interessante borde langs die pad - wonder wat bedoel hulle met hierdie een "For family only" - want ons drie is nie familie nie en ons is op die pad ...of ons moet op die pad wees, hoe anders?
Nog 'n klein dorpie met 'n groot moskee. Hierdie is 'n meer tradisionele een maar groot!!
Langs die pad is daar heelwat "wadi's" in die berge. Kyk die grys stof berge en die groen kolletjie grasHet hierdie boot "te ver" probeer gaan?

Ons stop vinnig by die Friday Market vir 'n koffiebeker vir Charmaine en kieries vir Amelia.
Wanneer ons hierdie verkeer in Sharjah slaan, weet ons ons is oppad huistoe .....



Dit was 'n heerlike trippie en die dames het hulle meestal gedra. Volgende keer durf ons weer Dubai se winkelsentrums aan.