Friday, November 30

So boer jy in die woestyn

Met die onlangse retreat in die Liwa woestyn het ons 'n kansie gehad om 'n foto of twee van die plase daar te neem.   Liwa is op die randjie van die Rub' Al Khali woestyn en grens aan Saudi. Dadelplase is hulle bron van inkomste  Ek lees ook dat die oase die geboorteplek van die heersende families van Dubai en Abu Dhabi voordat hulle in 1793 hulle huise Abu Dhabi (Al Ain) toe geskuif het.
DSC_0512
 
Mens kan mooi sien waar elke plasie is met die groen so tussen die duine. 
 
DSC_0514
 
Hier kan daar defnitief nie staatgemaak word op reen nie, en word die water aangele. 
DSC_0515
 
En so ver die oog kan sien, sien mens duin op duin.  Kuier by die buurplaas kan nogal 'n misie wees.
DSC_0518
 
Die bome wat so om die "lande" geplant is, help so bietjie om die sand uit te hou :-).  Kan julle dink wat 'n sandstorm aan die oes kan doen? 
 
DSC_0519
 
Die regering doen baie vir die boere, help ook met die aanle van water en in die eerste paar jaar het hulle ook die waarborg gehad dat die regering hulle oes sal koop.
 
Ek dink nie dis maklik om so te boer nie, maar dit maak 'n mooi prentjie om af te neem.


Wednesday, November 28

Vroue Retreat

Die afgelope naweek het ons die voorreg gehad om vir twee dae lank net stil te raak en tyd met ons Pa te spandeer.  Daar is nogal gesoek na 'n plek waar ons teen 'n billike prys, sonder om moeilikheid te kry oor godsdiens, buite in die natuur stil te raak.
Page3

Die keuse het op 'n ou tradisionele resthouse geval en vir baie van die vroue was dit 'n ondervinding so sonder die "luukshede" wat ons so as vanselfsprekend vat bv. warm storte. sagte matras ens.  Ons kon een vertrek gebruik sonder dat enige locals agterkom wat ons doen en met 'n kerse hier en daar in elke kamer, kon die reuke ook beheer word :-).  

Page1_0


Die Vrydagmiddag was ons eerste sessie van stilraak en dit was heerlik om so tot sonsondergang buite te sit/le en mediteer oor Psalm 23, 42, 63 en 139, om te hoor wat Pa vir ons elkeen wil se.
Page2

Die motel se kombuis is nie meer in werkende toestand nie, en daar is somer so in die kamer se portaal kombuis ingerig en kosgemaak vir die vroue.
Page4

Die aand is daar gescrap oor wie/wat/waar elkeen dink sy op die oomblik is.  
DSC_0487

Na ontbyt die volgende dag is elke vrou met haar kombersie tuin toe vir stilraak.  Vir die wat vir die eerste keer op 'n Stil Retreat was, was die tweede dag bietjie makliker en is alles, selfs middagete in stilte geneem en geniet.  
Page5

Die laaste sessie is daar weer scrap boekmerke gemaak oor wat elkeen "gehoor" het


DSC_0477

Dankie vir elke vrou wat die naweek saam met ons was, dankie vir Elriza wat so mooi na ons Pa geluister het toe sy die naweek studie geskryf het en Dankie Pappa dat ons so 'n geseende tyd saam met U kon deurbring.  Dankie vir U vermoeienis met ons en dat ons kan weet dat U elkeen van ons by die Naam geroep het.


Monday, November 26

Dit kan net hier gebeur - 18

Die afgelope naweek oppad Retreat in Liwa toe, 'n nuwe padteken ...


DSC_0527

Ek weet nie of dit die "road surprises" vervang nie.  Agter die bome is regte egte woestyn, en kms daarvan en in 'n sandstorm kan die paaie baie vinnig toegewaai word.

Thursday, November 15

Die nuwe baba in die huis

Met al die kinders uit die huis, dreig ek al lankal om 'n skoothondjie te kry, maar elke keer is die omstandighede net so dat ek liewers daarvan afsien. 
DSC_0193
 
So 'n week terug is ek egter aangenaam verras en bederf .... Charmaine en Elriza het vir my hierdie lelike gesiggie as geskenk gegee.  En skielik het die normale dae verander want .... 
DSC_0193a
 
As ek gedink het ek is besig, is ek verkeerd.  Elsie is besig,  BAIE  besig en vol speel!
 
photo2
 
Die eerste aand het sy onmiddelik haar plek op die bed geannikseer en na die speel is sy doodmoeg.
 
DSC_0225
 
Niks kan ook meer rondle nie, (dit kan positief wees) want sy kou aan alles met die tandjies wat uitkom. 
 
DSC_0237
 
Ek probeer maar dat dit speelgoed is en nie skoene, fone, papiere, rolletjies en enige iets anders waarop sy haar tande kan le nie.  
photo1
 
Aan die slaapgewoontes kan mens sien dat sy nou heeltemal tuis is, en snork met daai plat neusie dat die biesies bewe.
 
DSC_0198
 
Behalwe dat Nelmari nog altyd 'n pug gehad het, leer ek nou eers van die "spesie" en is aangenaam verras.  Elsie het so 'n sterk persoonlikheid en vol soveel vreugde, dat sy honde en katte wat haar wil afknou vinnig kan omdraai na speel maatjies. 
DSC_0202
 
Dankie vir hierdie groot geskenk julle, ek geniet haar soveel en dis lekker om so 'n positiewe en joyful asempie in die huis te he.



Monday, November 5

Dit kan net hier gebeur - 17

Soos julle al agtergekom het, is spelling nie sterk hier in die sand nie ...

293877_10151154538546232_525975957_n

Hierdie broodjie is gepaslik na die sand in die woestyn vernoem .... of kon hulle net nie spel nie :-).  Of dit sand of growwe meel is, mens gaan dit voel met die kouery.

Saturday, November 3

Woestyn...oase....woestyn....

So 'n week terug was dit tyd vir ons maandelikse uitreik kerkdiens in Ruwais/Ghiyati en sommer ook 'n geleentheid om 'n terrein te soek vir die vroue retreat later in November.  Dit het beteken ons moes ry in die rigting van Liwa en alhoewel ek jare terug ook daar was, was dit weereens 'n ongelooflike ervaring om so deur die woestyn te ry. 
131208176_m0OjfVSF_IMG_0236mEmptyQuarterinLiwaDesertUAE

Die woestyn hier is verskriklik mooi want die duine is regtig allerhande kleure.

131566275_iHc5M2iJ_DMCZS3_P1080517mDesertcampling
En natuurlik het ons so baie kamele gesien.  Lanklaas soveel swart kamele bymekaar gesien. Het hier gedink aan 'n ou blogvriendin wat so dol oor kamele was.

131245456_cTtZmwSJ_IMG_0199CamelcampLiwadesertUAE

Orals was sulke kampies waar kamele gestaan het, met tente waar die "eienaars" kuier.  Ek weet dit was nie die arbeiders nie, want die 4x4's het langs die tente gestaan.  Dis gedurende hierdie saamtrekke wat kamele oor en weer verkoop en gekoop word. Met die swart kamele baie meer waardevol as die waaraan ons gewoond is.

En mens hoef nie te wonder hoekom nie, want sommer naby is die kameelresiesbaan.   
DSC_0305

Daar was nie 'n wedren aan die gang nie, maar heelwat eienaars het hulle kamele geoefen.  
DSC_0316

Die eienaar se kamele oefen gewoonlik in 'n trop met 'n "handler" wat hulle deur hulle oefening stappe   neem.  
DSC_0326

Belangrik en snaaks is die eienaar wat aan die binnekant van die baan saamry met sy motor en bevele uitskree ...   
20

Vroeer jare het 'n jokkie die kamele laat oefen, maar deesdae gebruik hulle 'n radiobeheerde "swepie" op die kameel se rug wat hulle aanjaag.  Julle kan gerus onder by die label gaan kyk na "kamele" waar ek voorheen hieroor geskryf  het.  Die foto is van 'n vorige inskrywing.  

So tussendeur die kamele het ons ook 'n retreat-plek gekry en toe ons eintlik wegry van Liwa kon mens die kontras tussen die "woestyn" en die "oase" baie duidelik sien.   
DSC_0339

Kyk net hoe groen is dit in die dorp wat in die diep-woestyn le.   
DSC_0342

En dieselfde pad net 'n entjie verder... hier kom die woestyn weer.