Die kinders het half elkeen sy eie koers in gegaan gister(Saterdag). Nelmari het 'n "bowling" partytjie gehad en die mamma-ratzi was glad nie toegelaat by die geleentheid nie. Ek kon haar darem pes voor die tyd.
 William hulle het 'n toernooi in Ras Al Khamah gehad. Elke wedstryd was net 16 min lank en hulle het 5 + die finaal gespeel. Vier wedstryde het hulle gewen, een gelyk op gespeel en die belangrike een teen St. Mary's met 7 - 9 verloor. 'n Groot teleurstelling en amper soos ons rugby en krieketspanne - ons haal die finaal met gemak en dan kan ons nie die knoop deurhaak nie. Dit was egter 'n ander tipe met meer as die helfde minder tyd as 'n normale wedstryd. (Daar was nie eers tyd om van agter af in te haal nie) Maar ons is trots op die span se tweede plek. Hulle het almal silwer medaljes en 'n spantrofee gekry. GO LIONS!
William hulle het 'n toernooi in Ras Al Khamah gehad. Elke wedstryd was net 16 min lank en hulle het 5 + die finaal gespeel. Vier wedstryde het hulle gewen, een gelyk op gespeel en die belangrike een teen St. Mary's met 7 - 9 verloor. 'n Groot teleurstelling en amper soos ons rugby en krieketspanne - ons haal die finaal met gemak en dan kan ons nie die knoop deurhaak nie. Dit was egter 'n ander tipe met meer as die helfde minder tyd as 'n normale wedstryd. (Daar was nie eers tyd om van agter af in te haal nie) Maar ons is trots op die span se tweede plek. Hulle het almal silwer medaljes en 'n spantrofee gekry. GO LIONS!  Dan die groot bederf. Ons moes klein Emily vir die middag/aand oppas. Verlede jaar toe die meisiekind net so klein was (sien foto) het sy elke dag by my gebly terwyl haar SA mamma gewerk het.
Dan die groot bederf. Ons moes klein Emily vir die middag/aand oppas. Verlede jaar toe die meisiekind net so klein was (sien foto) het sy elke dag by my gebly terwyl haar SA mamma gewerk het. Dit was soos om 'n "ouma" te wees net makliker want mens weet dat hulle net wil deel wees van alles. Toe Emily begin sit wou sy net heeltyd kyk wat ek doen en vir skottelgoed was, was dit die oplossing.
Dit was soos om 'n "ouma" te wees net makliker want mens weet dat hulle net wil deel wees van alles. Toe Emily begin sit wou sy net heeltyd kyk wat ek doen en vir skottelgoed was, was dit die oplossing. Die kuiertjies by die see waar ons sommer lekker kon sit en mors.
Die kuiertjies by die see waar ons sommer lekker kon sit en mors. En toe is die oppas verby... Gelukkig het sy Desember kom kuier om te help Kersboom versier.
 En toe is die oppas verby... Gelukkig het sy Desember kom kuier om te help Kersboom versier. Nou elke keer as ons haar sien, het sy groter en ouliker geword. Kyk net die glimlaga en tandjies!
Nou elke keer as ons haar sien, het sy groter en ouliker geword. Kyk net die glimlaga en tandjies! 



 
No comments:
Post a Comment