Tuesday, February 20

Praise & Worship van die Kindergroep

Gisteraand was ook ons weeklikse SA kindergroep. Soos ek reeds al vertel het, sing hierdie klompie kinders baie lekker en geniet ons die Praise & Worship tyd voor ons groepies het. Hier kan julle sien hoe alle ouderdomsgroepe deelneem aan die singery.

Klein Mia staan been in die lig terwyl sy Stapsoldaatjie sing.


Ons drie sangleiertjies, Claudia, Jumarie en Daleen wat voordans met die bewegings.
Ons God is 'n Wonder God ....
We're wild about God....
Be strong and put on the armour of God ....
Leana sing en dans ook saam.
PUSH (Pray until something happens)
Hier is ook twee foto's van Leana en haar klein sussie Mia besig om 'n pasient te ondersoek. Die kleintjies leer vanaand dat Liewe Jesus ons gesond sal maak as ons siek is en op Hom vertrou - en dat ons ook wys ons vertrou Hom as ons mooi die medisyne drink wat mamma of pappa vir ons gee.

No comments: