Friday, April 29

Dit raak warm vir almal

Ek lees van die sneeu op die berge in die Kaap en die lekker koue weer in Gauteng, en hier by ons is die lente in volle swang. Terwyl ek skryf, is dit 7:30 nm en die temperatuur nog steeds 30 grade, dus 'n bietjie warm.


Page1_0


Vroeer die maand was ons vir die maandelikse kerkdiens op die eiland en die water was maar lekker woes (natuurlik woes volgens hierdie ouens se standaard) . Ons het almal lekker nat by die diens aangekom, maar dit was groot pret. Na 'n baie besonderse paasboodskap deur Elriza, het ons soos gewoonlik gaan diere kyk. Dit voel altyd vir my soos 'n bietjie wildtuin.


Page3


Met die lente wat spoed optel, was die diere teen middag maar lekker lam en elke beskikbare skaduwee is gebruik om onder skuiling te soek. Groot hoogtepunt vir ons was die cheethas wat ons hierdie keer gesien het


.DSC_0067_thumb[5]


Hier kan julle sien dat daar darem plek plek lekker bome is. Ek moet noem dat in die hitte, maak bome nie regtig skaduwee soos ons by die huis gewoond is nie, dit bly nog vrek warm.


Page4


Behalwe vir die warm weer, was dit ook die baba-seisoen vir die bokkies en orals het mens mammas en hulle kleintjies of swanger mammas sien staan en/of le.


Page2


Ons het darem ook kans gehad om by die see, waar 'n lekker windjie gewaai het en ander plekke bietjie skadu en aircon te soek. Ek vermoed ons volgende eiland besoek later die maand vir die diens, gaan dalkies minder diere en koelte oplewer.


Page1


En net so 'n week terug met 'n vinnig deurloop by die dieretuin (die kerk word half "onwettig" op hulle perseel gehou*) kon ons sien dat die diere hier ook begin deurloop. Meeste van hulle het gele en slaap en hierdie tier het besluit dat die water vir hom die beste oplossing is.


Die diere kry swaar en ons begin dit ook voel!



* kerke het 'n sekere plek gekry waar hulle kan bou, en enige ander byeenkomste by ander plekke/terreine, waar daar meer as 5 mense bymekaarkom is eintlik onwettig. Die kerk is juis op soek na 'n nuwe "onwettige" plek om dienste daar te hou :-). Die huidige restaurant is besig om te klein te raak!

Monday, April 25

Paasfees in die woestyn

Die laaste dag van Paasfees in Suid-Afrika en ek vertrou dat julle almal 'n heerlike, geseende tyd saam met julle geliefdes gehad het, terwyl julle ook die kruisiging en opstanding van ons Vader herdenk. Hier in die woestyn, is daar 'n paar skole wat wel vakansie het, maar nie omdat dit Paasfees is, hulle noem dit net 'n "spring break", en vir die ander is dit 'n gewone dag soos enige ander.


Page2


Vir ons kindergroep het ons 'n Paasdiens gereel en soos met enige kinderprogram was daar hope voorbereiding. Met Elriza se preekvoorbereiding, het sy natuurlik aan duisende dinge gedink wat gedoen kan word en so die laaste twee dae voor die diens is die groot plakkate projek aangepak. Sy het die prente geteken en geverf, en ek, Nelmari en Charmaine het gehelp met die verf.


Page1


Die eindprodukte 8 plakkate het so gelyk. Hulle is die aand van die diens teen die muur geplak en toegemaak met blaaibord en soos die storie vertel is, is die prentjie een vir een oopgemaak.


Page3


Die kinders het wonderlik gereageer soos die prente oopgemaak is. Almal, die ouers inkluis het die boodskap baie geniet. Na die tyd is ons met nagmaal bedien.


By ons kerk, het ons Sondagoggend 'n "sonopkoms-diens" (5:45) gehad voordat die mense moet werk en daar is beplan om dit in 'n parkie te hou. Met aankoms, was die hekke gesluit en ons het sommer so voor die hekke gelees, gesing en gebid met klompe werkers wat hulle verkyk het aan die klomp mense. Een ou het selfs kom foto's neem - wens ek kon dit nou by hom kry om vir julle te wys :-)


So iets is beslis onwettig hier en mens wou-wou bekommerd wees, maar dit was tog 'n wonderlike gevoel en geleentheid om in die publiek Jesus se opstanding te herdenk!


Liefde


Thursday, April 21

Die soveelste laaste keer

Vir die laaste keer .... is 'n woord wat deesdae sommer baie in die huis gese word. Met die "baba" in die huis wat nou klaarmaak met skool, is alles by die skool .... vir die laaste keer. So het ek dan ook die sporttoekennings vir die laaste keer gaan bywoon.


Page2


Baie trots op Nelmari wat nie net die sportverteenwoordiger op die Student Council was nie, maar ook vanjaar die MVP (most valuable player) vir volleyball en die grootte Sportvrou van die jaar gekry het. 'n Goeie hoogtepunt om jou sport by die skool af te sluit, nadat sy vanaf Graad 6 elke jaar die sportvrou van die jaar vir haar graad was.


Page3


Die spanne vir wie sy vanjaar gespeel het, het ook toekennings gekry.


DSC_0015


En dan vir oulaas kry sy kans om 'n toespraak te maak en ook namens die skool vir die Sportsdirekteur te groet wat nou na 15 jaar na 'n ander skool toe gaan. Met James het hy gese hy gaan weg eers as James klaar is met skool, met William was dit ook sy verskoning .... en nou dat Nelmari klaar maak het hy besluit dis tyd :-) - geen Holloways meer oor om af te rig nie.

So nie net 'n laaste keer vir Nelmari nie, maar ook vir ons wat die wedstryde moes gaan bywoon het. Gaan ons dit mis? Verseker ja, dit sal maar moeilik wees as daar in wedstryd in SA is en mens kan dit nie bywoon nie.

Lekker dag


Saturday, April 16

Honde-ratzi dag

As iemand vir my 'n klompie jare terug gese het dat daar hondeskoue in Abu Dhabi gaan wees, sou ek hulle beslis nie geglo het nie. Die plaaslike mense het behalwe hulle valke, kamele en perde geen maar geen idee hoe om rondom troeteldiere op te tree nie.


Page2


So na kerk is daar besluit om bietjie te gaan inloer by die skou en om sommer Charmaine se twee brakkies, in te skryf. Die twee dogters het die honde vinnig deur die water gesleep, naels geknip en gepamperlang.


Page1


Die borsel gedeelte het hulle baie geniet en ek was beindruk dat hulle selfs "honde cologne" in die huis het. En toe is dit tyd om die ander brakke .... skuus honde van die dorp te gaan aandurf.


Page3


Almal wat honde het in die dorp was daar dink ek en na die twee honde soos tipiese chihuahau hulle doodgebewe het, het hulle begin aanpas tussen die ander en die buitelug wat weens 'n windjie nie so warm was nie, te geniet.


Page6


Terug na die plaaslike inwoners van die land en 'n paar ander expat nasionaliteite .... om diere vas te hou en liefde te gee is iets wat nie in hulle kultuur is/was nie. Dit was nog altyd vir my baie sleg om te sien hoe honde en katte afgeknou en seergemaak is omdat hulle (dis nou die mense) nie van beter weet nie. Die klein hondjies het vir baie pret gesorg en selfs die chauhuahuas het ander selfde-maatjies ontmoet.


Page4


Honde van alle groottes en vorms het begin opdaag en met diere-mal kinders is daar sommer baie ge oooooo en ge aaaaaaaahh.


Page7


Die blou oog husky was beslis een van my gunstelinge. Die honde was van orals, britte, skotte, franse en selfs 'n bloubul-ondersteuner van SA (foto links onder). Die arme hond.


Page5


En alhoewel ek nie daarvan foto's geneem het nie, is daar beslis baie honde en hulle eienaars wat na mekaar begin lyk. Is die ou onder regs nie verskriklik mooi van lelik nie?


DSC_0068


Die K9's het honde wat vir aanneming is saamgebring en hulle het almal sulke "adopt me" bordjies gedra. Dis moeilik om nie sommer een of twee huistoe te neem nie.


DSC_0093


Natuurlik het die meisies by die hokke van die baba aanneem hondjies gekuier. Op hierdie stadium het ek en Charmaine die twee honde opgepas en tot die ontdekking gekom die honde se gewildheid het net 'n bietjie met hulle oulikheid te doen, die meisies was ook deel van die aantrekkingskrag ..... want toe ons twee ou tannies die honde vashou het niemand met die honde kom speel nie :-).


Page10


Die polisie honde het ook 'n vertoning gegee en ek het gewonder hoeveel geleenthede hulle in die dorp kry om 'n dief so aan te val.


Page9


En toe was dit tyd vir die kompetisie wat volgens my nie regtig een was nie, want daar is nie regtig 'n regverdige manier hoe om klein en groot honde van verskillende ras en groottes teen mekaar te laat meeding nie. En natuurlik het die borge se honde gewen.


Page8


En natuurlik was die cologne reuk teen daardie tyd weg en die geborselde hare deurmekaar gewaai deur die wind. Maar dit was 'n heerlike dag om so buite te kan wees en die honde en ons was lekker op en moeg van al die opwinding.


Julle ouens moet lekker naweek hou!


Tuesday, April 12

‘n Belangrike verjaarsdag

Almal sien verseker altyd uit na hulle 18de verjaarsdag, want dis wanneer mens "amptelik" as groot beskou word en Nelmari was geen uitsondering nie. Vir 'n hele paar weke moes ons 'n spesiale soort tee drink want sy het die bottels benodig vir haar "message in a bottle" uitnodiging. So eintlik was ek baie dankbaar toe die "partytjie" uiteindelik aanbreek. Op die eiland met 'n Hawaii tema ma was die opdrag en so was dit ..... 'n Paar van ons het met die eerste boot uitgegaan om alles te gaan op- en regsit.


Page3


Daar is baniere opgesit, lanterns gehang en goed opgeblaas dat die sand so staan terwyl die vleise en vrugtes gesny en gepak is. En die weer was al goed warm ...


DSC_0021


Die boot is teruggestuur om die verjaarsdagmeisie en paar pelle te gaan oplaai.


Page4


Intussen het Leane en Elriza die "hula-dans" geoefen en reggemaak om die gaste te ontvang.


DSC_0045


Die klomp is oppad. Het ek al genoem dat dit verskriklik warm is :-)


Page1


Hulle word welkom geheet deur Leane en Elriza.


DSC_0057


Heel eerste word daar vir die verjaarsdagmeisie gesing want die koek is al ernstig besig om te smelt.


Page6


Dan is daar 'n paar ritte met die boot waar meeste 'n rit of twee op die tube kry. Vir party was dit 'n eerste keer en ons moes belowe om stadig te ry. Die honde kry ook kans en hoe langer hulle op die boot is, hoe meer geniet hulle alles wat aangaan.




Nelmari moet ook hier tussen die branders klou vir lewe en dood op tydens haar rit.


DSC_0108


Die klomp is heeltemal bereid om vir die kamera te glimlag.


Page9


Eettyd en rustyd vir party ....


Page7


Tussen in het die hondjies bietjie geswem, van die meisies het le en bak in die son, party het gaan stap en ander het net rustig na alles gekyk ..... ek se weer, dit was warm!


Page8


Wat sal 'n warm seedag sonder waatlemoen smeer wees.


DSC_0214


Moeg, rooi gebrande groep op die boot terug land toe.


Dankie aan almal wat gehelp het om die dag vir Nelmari spesiaal te maak.




Saturday, April 9

Ontdek die toekoms

Baie Kapenaars was nog nooit op Tafelberg nie, of Gautengers by die Voortrekkermonumnet nie, maar hulle was al oorsee of allerhande plekke in ons mooi land. Ek het nog altyd gedink mens leer eers jou eie plek ken voordat jy nuwes ontdek - maar gister het ek weer gesien dat ek elke dag verby iets kan ry sonder om te weet wat daar aangaan.


DSC_0003


Die kerk het 'n saam uiteet by die Masdar City gereel en alhoewel ek presies geweet het waar dit is, was ek nog nooit daar nie. En ons was verras om die minste te se.


Masdar is 'n projek van die regering waar 'n stad ten volle op solar energie en ander goed soos zer0-carbon, zero-waste ens gaan staatmaak. Wanneer dit klaar is, sal dit ook die hoofkwartier van IRENA (Internasional Renewable Energy Agency) wees.


DSC_0009


Daar aangekom kan mens sien dis nie sommer 'n plek waar jy kan haastig inhardloop vir 'n brood nie, want almal moet eers wag vir die "Podcast" karretjies wat jy van die parkeerarea na die kompleks toe neem. Hulle se mens wag net 3 min, maar ons groepie het natuurlik gesorg vir die uitsondering.


Page2


Ons was gefassineer deur hierdie karretjies wat presies weet waarnatoe om te gaan sonder 'n bestuurder en dan nogal stop as 'n ander een aankom. Hulle ry nogal vinnig en glo my hulle rem net so vinnig - ons het nogal gedink veiligheidsgordels wat daar nie is nie, is 'n moet. Alles is nog in die ontwikkelingsfase en alhoewel die karretjie op sy eie ons redelik besig gehou het, hoop mens dat hulle later die roete ook bietjie sal opkikker met kleur.


DSC_0010


Daar word nog vreeslik gebou en gewoel en die beplanning is om in 2025 klaar te wees. By voltooiing sal daar behuising vir 50 000 mense wees en omtrent 1500 besighede en twee universiteite wees.


DSC_0017


Die kerk het by 'n kafeetjie geeet en dis seker een van die min plekke in die dorp waar mens vir onder dhs20 'n buffet kan kry. Daar is ook reeds 'n sushi bar, koffiewinkel en organiese winkel oop.


DSC_0015


Ek hoop nie daar word hier gelag vir my "ondervinding" in die karretjie nie.


Page1


In die parkeerarea is daar ook rye elektriese motortjies wat gelaai word vir rondry in die stad. Hulle is te oulik.


Ons sal beslis hierdie ontwikkeling weer besoek.


Lekker naweek en mag die beste span wen vandag.


Monday, April 4

Tyd gaan so vinnig verby

'n Vriendin het eenkeer vir my gese, "die dag as Nelmari 'n tiener word, wil ek daar wees om te sien - sy gaan 'n groot uitdaging wees" :-). Ekself het altyd gedink Nelmari het die tienerfase geslaan toe sy 6 jaar oud word, so 13 het gekom en gegaan sonder enige groot hickups.


En gister is nog 'n mylpaal behaal toe sy 18 geword het. Nou nie meer 'n kleuter van 6 of tiener van 13 nie, maar 'n jong vrou en ek weet nie of ek heeltemal daaraan wil dink nie, want volgende jaar is sy uit die huis uit.


Wat ek wel vandag kan se is dat sy 'n uitdaging was en nog steeds is :-), maar dat sy 'n dogter is op wie ons opreg kan trots wees. 'n Regte jack-of-all-trades wat enige iets aanpak van koekbak, bordeer, hekel, enige sport, teken, studies en dit na die beste van haar vermoe probeer klaarmaak en dan doen sy dit nog suksesvol.


Die GROOT partytjie is die naweek op 'n eiland en die mammaratzi sal verseker op die loer reg wees met foto's. Ons het sommer by haar gunsteling restaurant gaan eet om die geleentheid solank te vier.


Page1


Die "eiervangers" in aksie.


DSC_0211


Die kampioen eiervanger word "gekroon".


DSC_0216


Nelmari saam met skoonsus Leane en "ander" sussie Elriza.


Lekker week vir almal!