Tuesday, September 30

'n Einde dankie tog

Dit was regtig groot genade dat ek nie vanjaar meeste van die tyd gedurende Ramadan by die huis was nie. Ek het julle al vertel wat ek dink en hoe ek oor die tyd in hierdie moslemland voel. Ek dink as dit hier regtig om die regte redes gegaan het, sou dit vir ons almal makliker gewees het om gedurende die tydperk hulle gewoontes en gebruike te respekteer, maar na soveel jare in die land, weet mens nou dat vir meeste van die mense dit om heeltemal verkeerde redes gaan. MAAR wat is dit nou ook anders as van hoe baie van ons Jesus se Geboorte gedurende Kersfees vier...dit gaan lankal vir baie nie meer oor die rede nie. Na die maand van Ramadan waar daar veronderstel is om gevas te word, breek die Eid aan en dit is vir hulle baie soos ons Kersfees. Verlede jaar het ek hier meer vertel oor wanneer en hoekom dit gehou word. Die dorp is besig om voor te berei vir die groot geleentheid wat vandag begin en orals is winkels versier. Die maan wat 'n groot rol speel, is ook orals te sien. (Een van Nelmari se gunsteling winkels) en die winkelsentrums is ook opgetooi vir die geleentheid. By die Al Wahda mall is daar spesiaal 'n verhoog opgerig waar tradisionele danse opgevoer word. Die ouens se verskonings van "dis ramadan" om hulle swak bestuursvernuf, luiheid en ooreet te regverdig is nou verby en "ons" ... ons kan weer soos normale mense gaan teedrink in die dag en selfs water wanneer die hitte teveel word. Net om daardie rede kan ek ook soos hulle nou se .... Eid Mubara

Monday, September 29

Verjaarsdag agter die skerms

Soos ek vanoggend gese het was daar 'n groot partytjie vir Charmaine se honde-kinders se eenjaaroud verjaarsdag gehou. Vir 'n verslaggie van die ma van die honde kyk hier. My foto's is wat agter die skerms aangegaan het om die diere opgestel te kry vir die kamera :-). Die tafel is gedek met honde-balonne, hoedjies en geskenkies. Eers foto's van hulle met die hoedjies en Nelmari probeer hard met Taffee. Nee Nelmari jy knyp my!
Didi is meer rustig. Neem die foto en kry klaar
Hulle kry koek in 'n hondebeen vorm en is bietjie skepties. Boetie gaan jy eerste.
Hulle kry WP rugbytruitjies en Didi hou van die klere idee. Ek dink ek lyk goed.
Nou word die koek aangedurf met die klere. Taffee dra sy sokkertrui. Dis lekker.
Didi probeer ook en dink anders oor die saak. Ugg dis wat jy dink.
Die partytjie is klaar en die manne dans van blydskap .... nou kan ons weer gaan slaap!

Sunday, September 28

Miaau, woef, woef

DIS VANDAG VERJAARSDAG IN DIERELAND !!!

(Nooit so beplan nie maar die drie se geboortesertifikate wys hulle verjaar op dieselfde dag)


Die OU dame wat vanjaar 91 word (13 mens jare)


BEGEERA

(Ek dink op die foto dink sy net, neem en kry klaar of oohh wat gaan die ander katte van die verspottigheid se) Die ander twee wat ook verjaar is


TAFFY EN DIDI


(Charmaine se tweeling Chichauhau hondjies)


Hulle het 'n een jaar oud partytjie vandag en later in die week

sal die ou dame 'n high tea he wat meer by haar ouderdom pas.


Ons gaan verseker vir julle van die twee partytjies vertel!

Saturday, September 27

Aan alles kom 'n einde

Ek het julle die laaste twee weke omtrent toegegooi onder "my" vakansie en dit was vir my lekker om dit saam met julle te deel. Vir die wat die plekke ken, herinneringe oopgekrap het en vir die wat dit nie ken nie, 'n mooi deel van ons land te wys. Maar aan alles moet 'n einde kom en genadiglik vir julle is die blogs oor die vakansie nou verby, maar dit gaan my nie keer om vir oulaas, net so vir myself. Dis die lekker van foto's neem, mens kan nog baie lank agterna daarna kyk en die hele vakansie of geleentheid stadig herkou en weer geniet. So sommer net vir myself .... ek sal die kort breuke onthou ..... vir ...... Die lekker kuier en bederf saam met Ronelle en Hennik en al die ander bekendes wat ek in die Kaap raakgekuier het. Die heerlike blits "toere" wat die twee my opgeneem het, die lekker eet en hoe mooi my ou Kaap nou lyk na die geweldige storms. Die mooi kuspad van die Strand, om Gordensbaai en al daai mooi klein plekkies oppad Onrusrivier toe. Die see se kleure terwyl mens sommer nog die storms in hom kan sien. Dit wat ek nooit hier sal ervaar nie. Ry in erge reen met sulke groenigheid en berge rondom my. Mens kan sommer die koue voel ... en al is julle ouens moeg daarvan, ek het dit geniet! Ook 'n lekker kuier en ete saam met die Smithe in Hermanus terwyl ons dophou hoe die walvisse in die water speel. Die skade by Onrusrivier en ander plekke waar die see moeilik geraak het. Die besoeke aan die klein dorpies. Die lekker etes en kuiers. Die pad Swellendam toe waar ek weer herinner is met die reenboog dat ons/ek in Vader se hande is met wat ookal gebeur. Selfs die kuier in die feetjie tuin was een van die hoogtepunte saam met die kuier by die Hammans. Die "klein" bietjie shopping wat ek kon doen en gelukkig moes ouma in die rystoel en sy kon die 15 kg handbagasie op haar bene hou :-). (Dis al my goed daai en onder dit my ma). Marie hierdie foto is vir jou toe sy opgehys is by die vliegtuig ....kan jy dink wat sy alles hier te se het? :-). Dan is dit totsiens Kaap en ons vlieg Bloemfontein toe. Die foto het nie baie duidelik uitgekom nie, maar kan julle die sneeu op die berge sien? Ons het net betyds uit die Kaap padgegee! Was lekker om saam met die seuns te kuier en natuurlik was William gou reg om sy ma winkels toe te neem vir alles wat hy nodig het. Eerste op die lys was nuwe beddegoed en veranderings in sy kamer ... sodat ek gemaklik kan slaap se hy. Sy verspottigheid om vir James te help aantrek vir die gradeplegtigheid. Die ou het omtrent soos die swart gemaskerde wonder gelyk nadat hy met hom klaar was. Hierdie foto is spesiaal vir julle oud-Kovsies (en daar is baie lyk dit my). Onthou julle nog die prentjie en die atmosfeer? Ek weet ek het al 'n foto van die gradeplegtigheid gewys, maar hierdie een is spesiaal vir Sue sodat sy haar dogter kan sien. James en Leane na die plegtigheid. En dan ons lekker ete by die Kalahari.fish na die tyd. Jinne maar die manne lyk netjies ... en moeg vir die kamera. Ek dink ek kan nog aan en aan en aan gaan.... dankie julle almal wat bygedra het tot 'n heerlike "grade-vakansie".
(Die familie, daar is ander foto's en video's vir julle op jul blog die volgende week of twee)

Thursday, September 25

Nog 'n pragtige dorp

Ek's nog steeds in Swellendam met my storie en na die vorige dag se noot-vir-noot wil ek graag die dorp sien om vir julle te wys. Hulle dink ek's snaaks want daar is niks om te sien nie. Is dit nie snaaks dat ons so "gewoond" raak aan dinge om ons, dat ons baie keer die mooi rondom ons nie raaksien nie?Ons woon die oggend 'n kerkdiens in die ou kerk op die dorp by. Die datum se dit is gebou in 1802 ... wow dit is jare terug en ek dink daar is selfs nog van die oorspronklike mense wat die diens bywoon :-). Ek kan nie eers dink wanneer ek laas 'n diens waar daar net psalms en gesange met regte kerkorrelmusiek gesing en gespeel word bygewoon het nie. Dis 'n pragtige ou kerk! Dan vir middagete en alhoewel daar 'n paar oulike restaurante op die dorp is, is almal nie op 'n Sondag oop nie. Ek vermoed daai kyk sou ek gekry het vir my vorige blog. (Marie met haar oudste Jaco) Die kosse is weereens tradisioneel en Marie wys ons mooi hoe lyk haar bobotie, geelrys en groente.
Swellendam is die derde oudste dorp in Suid-Afrika (slegs na Kaapstad en Stellenbosch) en vernoem na die Goewerneur Hendrik Swellengrebel en sy vrou Helena nee Ten Damme. Orals in die dorp is daar sulke gastehuise en restaurantjies (as julle kliek op die foto dan sien mens beter).
Die "ou" klein huisies met hulle verskillende boustyle is pragtig. Natuurlik is daar ook mooi groot moderne huise in die dorp, maar ek het die oues geniet. Die "toergids" kan nie glo dat daar so baie plekke is wat ek wil afneem nie.
Nog twee huisie. Die "ryk" en "arm" van die dorp sou ek se.
Maat jy moet hierdie foto vergroot. Die persdeur huisie is die plaaslike haarsalon! Die ander twee plekkies is in die hoofstraat en gastehuisies.
Een van die interessante plekke vir my was die privaatskool Olyfkrans College. Die kinders (seuns) bly in die ou huisies wat as kosskool dien. Die skool spits hou spesifiek toe vir kinders wat individuele aandag nodig het en is al vir baie jare gewild.
Die hoerskool en as ek reg onthou was dit een of ander staatsgebou het die mooiste van uitsigte. Ek is seker mens sal heeltyd by die venster wil uitkyk buitentoe ipv na die onnies luister. Omdat Swellendam so "ver" van die Kaap was, was dit ook 'n ideale plek om destyds 'n landdroshof te he. Die Drostdy is gebou. Dit oorspronklike gebou was in 'n "T" vorm met 'n geuwel in die middel, en tussen 1812 en 1825 is dit vergroot na die huidige "H" vorm. Die gebou soos hy nou staan is in 1844 reggemaak en het toe 'n grasdak gekry. Amper al die hout wat in die gebou gebruik is, is geelhout! Vir baie jare was die Drostdy die belangrikste gebou in die dorp. Vandag is dit 'n museum wat 'n mens moet besoek. 'n Deel van die tuin wat oorgebly het. Daar is ook 'n ou slaweklok wat herinner aan die tyd van slawerny tot dit in 1834 in die Kaap afgeskaf is.
Hier is nog so 'n bietjie huise van die dorp. Sue ek hoop nie dit laat jou teveel "huistoe" verlang nie!