Sunday, July 31

‘n Lekker koue “onthou jy nog”

My eerste kuier in Joubertina op 'n plaas en by 'n baie ou vriendin wat omtrent 40 jaar gelede ons bure was en wat 'n lekker kuiertjie was dit nie.


Page6


Sy, Riana en haar dogter Karline het ons so bietjie op die plaas rondgery en die plek gewys en dit het gevoel asof ons nog al die jare kontak het.


.DSC_0127


Was baie lekker om die wereld so deur die oe van iemand wat dolverlief is op die deel van die land te sien. En ons stem saam, dit is baie besonders. Kan julle dink hoe dit daar moet lyk as die bome vol bloeisels is? Riana jy sal my net ‘n blog met foto’s moet stuur wanneer dit gebeur.


Page7


Ons het ook in die kerkie op Joubertina gaan loer waar alles binne van geelhout is. Dis so pragtig.


Page9


Die koster (foto bo regs) was so gaaf om die kerk vir ons te kom opsluit selfs al het ons haar gedurende haar middagslapie gepla.


Page10


Teen die aand het Pieter ons gaan rondwys en Nelmari, Karline en honde moes agterop die bakkie in die koue staan. Sy het dit so geniet! Natuurlik is daar die aand deur foto albums geblaai, en bietjie gesels oor die ou dae. Tertia en Marie, ons het nie van julle geskinder nie – ek weet nie hoekom julle ore getuit het nie :-).


DSC_0179


Ons is so bederf die naweek! Ferreira’s dankie vir julle gasvryheid en al die heerlike kosse, ons het dit so baie geniet. Ons is net betyds daar weg en nie lank daarna nie, het Riana laat weet die riviere is besig om af te kom.


‘n Heerlike roadtrip!!


Wednesday, July 27

Dis nat en koud

Dis heerlik koud en nat en ons kla vir geen oomblik nie. Lank voor ons SA toe gekom het, wou Nelmari so graag he ons moet ‘n roadtrip doen en ek het werklik nie kans gesien om van Gauteng Kaap toe te ry nie. Dus het ons ‘n kort roadtrip gedoen om bietjie by ‘n baie “ou” kennis te gaan kuier. Nie heeltemal gedink ek wil die langpad vat nie, maar ons was glad nie spyt nie.


Page1


Ons middagete stop in Knysna was wonderlik al het ons koud gekry. Die waterfront uitbreiding is nuut vir my wat jare terug laas daar was, maar dit was als die moeite werd, dis pragtig!


Page2


Nelmari het seker gemaak sy loer by baie van die winkeltjies in.


Page3

Groot bonus vir haar was 'n kieter kat wat soos ons ou Baloe lyk en die twee het mekaar vreeslik geniet.

Page4


Ons maak ook ‘n draai by die Tsikamma natuurreservaat en ongelukkig, of gelukkig is die swaaibrug toe weens 'n mud slide. Dit doen egter niks aan die mooi van die omgewing nie.


Page5


Ons het ‘n hele tydjie by die ontstuimige see deurgebring en foto’s geneem. (of liewer dat ek die fotograaf krediet gee, Nelmari het foto's geneem)


Daar word baie beslis nog lekker gekuier


Monday, July 25

Aftree oord vir donkies

Donkies .....


DSC_0211


Natuurlik wou ek gaan kyk hoe lyk ‘n donkie aftree oord en alhoewel Nelmari eers ‘n groot vraagteken daaroor gehad het, dink ek sy was self lekker nuuskierig.


Page3


Net langsaan is ‘n Plaasopstal restaurant waar ons ‘n heerlike ontbyt gehad het. As voorsorgmaatreel vir die koue, het elke stoel ‘n kombersie oor die relings sou mens jou bene wou toegooi. Daar is ook ‘n klein “twak en toonnaels” winkeltjie wat ons eers moes gaan beloer.


Page1


Allerhande artikels wat in die omgewing gemaak is … en dit hou ons nogal ‘n tydjie besig.


Page2


Julle weet mos hoe lief Nelmari vir cream soda is, en natuurlik trek die “cream soda blik lantern” haar aandag, en die groot beker wat sy onmiddelik dink sal kan werk as jou een koppie koffie per dag Elriza :-). Weet nie of julle die “pilletjies” kan lees op die foto nie, maar dit was nogal oulik.


Page4


En toe is dit tyd vir die donkies. Amptelik was hulle toe, maar ons kon nog steeds so oor en deur die draad na hulle loer. Die sanctuary vir die donkies is om vir ou, mishandelde en onversorgde donkies ‘n rustige plek van aftrede te gee. Party van hulle wou onmiddelik aandag gee en Nelmari was in die donkie hemel met al die liefies.


Page1_0


Julle kan gerus op hulle webblad http://www.donkeysanctuary.co.za/ gaan loer oor meer inligting oor hulle of hoe om een van die donkies aan te neem. Ja, Nelmari wou ook en na elke donkie deeglik aandag gekry het, het haar keuse op Dowwe Dolla geval :-).


Friday, July 22

Soveel groen en kleur

Ons eerste dag by die huis is ons gebles met wonderlike weer, sonskyn maar nie warm nie! Die beste dag om bietjie uit te ry en ‘n plekkie of twee te gaan besoek. Wie van julle kan die dae onthou toe ons ‘n kamera met 24 film saamgeneem het op vakansie en daarmee uitgekom het?


DSC_0003


Wel, met Nelmari as passasier voor, gewapen met die kamera het ons teen die middag al lekker ver oor die 200 gegaan.


DSC_0045


Ek dink al die groenigheid was vir haar ook heeltemal nuut en sy het tereg opgemerk dat dit ‘n anderste groen is as wat ons in die woestyn het.


DSC_0036


Op party plekkies oppad het die mis egter nog lekker laag gehang.


Page2


Ons eerste stop vir lekker moerkoffie en beskuit was die Pampoenstalletjie. Hier was regtig pampoene van elke grootte, vorm en kleur.


Page3


‘n Lekker stoep waar ons kon sit en koffie drink en ‘n nog lekkerder winkeltjie met allerhande goetertjies wat Nelmari natuurlik op haar lysie gehad het.


Page5


En saam met die koffie kry mens nog ‘n paar stukkies tuisgebakte karringmelk beskuit …


Page1



Ons was natuurlik oppad na ‘n baie spesifieke bestemming, waarvan ek volgende keer vertel, en het groot pret gehad met al die “advertensie” borde langs die pad.


Net weer gesien dat ons beslis een van die mooiste lande ter wereld is!


Sunday, July 17

Waarnatoe met die hitte?


Ek lees van die heerlike koue en reen in SA, en dan weer kla iemand oor dit so warm is .... sal ons ooit tevrede wees met wat ons het? Hier tussen die duine het ons meeste van die tyd drie keuses, warm, baie warm en vrek warm en ja ons kla ook, maar dan word dit net warmer met die humiditeit wat partykeer tot 100% is. (Ek kan noem dat ons wel so af en toe 'n bietjie reen kry is sekere straatblokke - die land se reenval is 5mm per jaar dink ek).


So kla help nie veel nie, mens moet maar leer aanpas (na al die jare is dit nogsteeds 'n uitdaging). En dan in die middel van die hitte breek die skool vir 'n 3 maande vakansie want probeer nou 'n student leer in sulke hitte wat mens lam maak.


Page1


Elke jaar tydens die vakansie word daar 'n program vir die kinders wat nie "huistoe" gaan nie en hulle doen nogal moeite. Dis eintlik net vir die jonger kinders, maar die twee "ouer" meisies wou gaan kyk. Daar is die oulikste stalletjies oor verskillende beroepe waar kinders kan speletjies speel. Bv. op die foto is 'n kuns/argitek klas, daar is ook baba's en drs toerusting vir iemand in daardie rigting, brandweerwaens en alles wat daarmee gepaard gaan, poppe wie se hare mens kan doen en grimeer, plek waar hulle klere kan ontwerp en 'n loopplank om dit te wys ens. Die jonger kinders geniet dit verskriklik. Daar is ook 'n pretpark en ander aktiwiteite.


Page2


Van al die goed in die pretpark het die twee net vir twee rides gekwalifiseer en dit gaan probeer. Nelmari het amper nie in die karretjie gepas nie.


DSC_0096


Hier bespreek die twee die rit na die tyd en wat hulle volgende gaan probeer.


DSC_0078


Daar is ook verskillende tv-helde soos oa "Ella" (die hulle barbie), spons bob, x man, powerpuff girls en natuurlik die smurfs. Hierdie ouens verskyn so elke nou en dan om met die kinders te kuier en ons het dit gelukkig gemis maar die twee wou die smurfie village gaan besoek.


Page3


Daar is met pappa Smurf gekuier en in al die klein paddastoel huisies gaan inloer. Ons het ook bietjie sirkus gekyk en is toe huistoe, maar anders as kleintjies wat moeg in die motor aan die slaap raak, was hierdie twee nog baie reg vir ietsie gaan eet. Ek dink nie vanjaar se Summer in Abu Dhabi was so goed soos vorige jare nie, maar ek is seker die kleiner kinders sou met my verskil.


Nou tel ons regtig die slapies af voordat ons bietjie SA toe gaan vir koue!


Tuesday, July 12

Lekker vuil hande

Om ses maande besig-te-bly gaan nie een van die maklikste dinge wees vir 'n net-klaar-met-skool-matriekulant nie. Gelukkig is daar 'n kort vakansietjie in SA voordat ons die besig bly moet aanpak tot einde Januarie volgende jaar wanneer die universiteite begin. En van dan af sal vakansies ook nie meer normaal wees nie, want dis sal rondom univ vakansies en visumstempeltjies binne ses maande moet plaasvind.


Maar een ding op 'n slag - so die tydjie voor vakansie moet iets gedoen word, en die meisies besluit hulle wil gaan pottery klasse doen.


DSC_0008


Die eerste les word daar baie tyd gespandeer aan hoe om die klei voor te berei.


DSC_0009


Dit lyk egter of hulle dit geniet. Lyk asof die "dominee" ernstig dink oor die proses, miskien gaan sy dit iewers in haar volgende preek inwerk :-).


DSC_0011 DSC_0012


Uitrol is net so belangrik ... kan ook help as mens weer verjaarsdagkoek wil bak, ne Nelmari?


DSC_0016DSC_0019


Nog 'n nuwe manier word geleer "coil".


Page1


Die hande en vingers word lekker vuil terwyl daar gespeel word.


Page2


Van die goedjies wat hulle reeds gemaak het wat natuurlik nog gebak moet word.


DSC_0069


Gister het hulle begin om te verf en dit lyk asof die kleurkeuse nie so 'n maklike besluit is nie.


DSC_0073


Na die vakansie sal daar nog 'n paar lesse wees en dan kan ons ook sommer sien hoe die eerste paar potte/bakkies/borde lyk. Altwee was dit eens, dat dit baie lekker is om so morsig kreatief te wees :-).


Geniet julle week!


Thursday, July 7

Alles verander nie altyd nie

Een van die plekke wat ons destyds met ons koms in 1998 beindruk het, was die Baynunah toring. As mens so van die breekwater se kant (waar die Marine Mall vandag is) staan en op die dorp uitkyk, het hierdie toring HOOG bo al die ander geboue uitgestaan.


Abu Dhabi 1998


As julle kyk na die foto wat ons in 98 geneem het, kan mens sien dat dit toe die hoogste gebou in Abu Dhabi was! Ons het toe nog gereeld in sy binneshuise swembad gaan swem, omdat dit buite net te warm was in die somer, baie mense het na kerk op Vrydae by sy restaurant “Friday brunch” gaan eet en besoekers is soontoe geneem om op die 29ste vloer koffie te drink en dan sommer kansie te kry om foto’s van die Cornish te neem. Die hotel het op op die Cornish gesit en die swembad na die voor en sy- kante ‘n pragtige uitsig oor die see. Vandag het ons gedink dis tyd om weer te gaan kyk hoe dit daar lyk….


DSC_0059


Die swembad en stoele was nog presies dieselfde soos ons baie jare terug onthou. Die water was nog net so lekker koud (dia een van die min verkoelde swembaddens in die dorp) ........ maar die uitsig was nie meer heeltemal daar nie, ‘n paar hoe gebou het nou voor die toring opgespring en die see is ook heelwat verder as vroeer.


Page1


Hierdie swembad word nog steeds so goed instand gehou, maar die koffiewinkel het nou plek gemaak vir 'n gym. Ai as ek tussen die twee moet kies, is daar mos nie 'n keuse nie.


Page2


Amper niks mense soos gewoonlik en ek kry kans om Nelmari te pes met die kamera. Ek dink hier kan julle die vyf verskillende boodskappe sien wat sy vir my gegee het omdat ek foto's geneem het.


DSC_0062

Die dorp is lekker warm vandag, maar die sand in die lug maak die uitsig nie so goed nie.

DSC_0454


Dit was lekker om daar te kuier waar alles nog na al die jare dieselfde is, of dalkies nie. Hierdie foto het ek so 'n paar maande terug tydens die tieners se uitstappie geneem, en julle kan duidelik sien die hoogste gebou van destyds is maar nou een van die vulletjies.


Lekker amper naweek vir julle!