Ek weet ek het al vir julle van die Madinat Jumeirah mall vertel, maar dis soooo mooi dat mens elke keer net weer foto's wil neem. Na die dolfyne het ons ietsie daar gaan eet - daar is 'n lekker SA restaurant Meat & Co.
Dis gebou in die ou souk style. Nelmari en Charmaine loop in een van die gangetjies af.
'n Kleurvolle stalletjie met die mooiste ligte en sisha pype trek mens se aandag.
Seker een van my gunsteling winkel want dis waar ek van my meubels wat ek eendag huis toe neem koop. Die Abu Dhabi tak natuurlik.
Hierdie winkel is presies wat die naam se en hier kan mens darem allerhande mooi goetertjies kry. Ek het juis 'n paar oulike musiekinstrumente gesien wat ek nog nie het nie. Skimp-skimp.
Met al die spieels is dit moeilik om 'n foto aan die binnekant te neem, maar hier loer Nelmari en Charmaine.
Die gang waar daar nog matte is.
Kyk net hierdie pragtige sy bloes .... ons het liewers nie die prys gevra nie.
Nelmari loer na die silver armbande. Onthou jy hierdie winkel Annie?
Nou kry Nelmari 'n les van die koop-pro oor al die blink goedjies.
Hierdie een het mooi goed en ons vang dit net so met die oog.
Dis regtig lekker om die mall so stil te vang. Hier is nog een van die gangetjies. Altesaam is hier 75 sulke winkels in die mall.
Iets lekker gesond om te drink.
Ek het hierdie binnehof (hier is 'n paar daarvan) nog nooit so stil en leeg gesien nie. Vanwee die hitte het die meeste stalletjies binne toe geskuif. In koeler tye is dit 'n miernes en ook 'n plek waar mense kan sisha sit en rook.
Showing posts with label besienswaardigheid. Show all posts

Tuesday, June 10
Wednesday, February 7
Langs die Cornish - Deel 2
Alhoewel dit nog steeds dynserig in die lug is, het ons vanaand nog 'n deel van die Cornish aangedurf. 'n Bietjie korter as die vorige keer - met 'n hele end tussen hierdie deel en die vorige deel wat uitgesny is - die pad na die mall, Marina Mall.

Ons begin weer by 'n duikweg en hierdie een het heeltemal ander tonele. Al sien mens dit hoeveel maal oor is dit altyd mooi om hierdie mosaikwerk te sien.

Die wit paleis, waar die Sheikh oorspronklik gewoon het word uitgebeeld in mosaik. Hierdie paleis word nie meer bewoon nie, dit is nou 'n besinswaardigheid.

Die van julle wat al kom kuier het, is almal met so 'n foto waar julle saam met hierdie meisies verskyn, huistoe! Die mosaikwerk beeld die vroue uit wat 'n tradisionele "hare-dans" doen.

'n Entjie verder af in die straat is die Hilton Hotel wat die eerste "hotel" in die dorp was. Mens kan dit op ou foto'tjies van die dorp herken. Hierdie hotel het een van die mooiste privaat strande in die dorp.

William skaats vooruit. Kyk die teelwerk op die sypaadjies.

Aan die ander kant van die Cornish is Marina Mall ....dis waarheen ons oppad is. Lekker mall om te shop Marie.

Die Emirates Palace Hotel (7-ster) op ons regterkant. Sal julle nog gaan wys hoe dit binne lyk. 'n Lekker plek om te besoek vir tee. Mens kry heerlike sjokolades met goud op om te eet.

Orals is daar foto's van die ou Shaikh Zayed Al-Nahyan. Hierdie een staan by op die hoek van die straat oppad mall toe.

William se tong hang uit. Hy's dors en dis nog 'n entjie mall toe.

Die Cornish waar ons vandaan kom op die agtergrond. Kyk hoe dynserig is die lug, 'n teken dat die hitte oppad is.

Die water is net effens "stormagtig" vir Abu Dhabi. Twee dhows (bote) en 'n polisieboot lê vasgemeer.

Amper daar. Hierdie is die Marina Klub waar die bote vasgemeer word en net oorkant die mall.

Nog 'n marmer "monument" met teelwerk van die ou Sheikh wat amper twee jaar gelede oorlede is.

Die bootjies van nader. Ek dink ek het die foto weer sodat julle die dorp "weggesteek" kan sien op die agtergrond.

Eindelik die mall!!! Hier is 'n deel van hom. Ander dag wys ek julle meer van Marina Mall. Al wat ek kan sê is dis die lekkerste inkopie mall in Abu Dhabi en BAIE groot!

Labels:
Abu Dhabi,
besienswaardigheid,
kinders
Tuesday, January 23
Corli kom kuier uit New Zealand
Die tweede Januarie het Corli Nortje van New Zealand kom kuier. Dit was vir ons almal baie lekker om haar hier te hê en op 'n manier was dit 'n klein reunie van 3 mede-laerskool studente.
Corli en Elriza was skoolmaats en James was saam met hulle in die Voortrekkers op laerskool en ook James se eerste "kys". Corli en haar ma Annie, pa Gerhard en broer Johann het dieselfde jaar as ons buiteland toe getrek en was dit 'n weersiens na 9 jaar!

Wat vir my besonders was, is dat die drie die vriendskappe net so weer opgetel het en nog steeds goeie maats is. Hier is die drie afgeneem by 'n kleurvolle kameel by die kultuursentrum, die twee meisies aangetrek as "Sheikha's" by die "Womens Culture club" en James en Corli in Dubai. Corli het op die 12 de weer teruggevlieg NZ toe en James die 14 de terug SA toe.

Nou sien ons uit na Annie en Corli se kuier die einde Des/Jan en James s'n hopelik gou weer in die nuwe jaar.
Labels:
Abu Dhabi,
besienswaardigheid,
Besoekers,
kinders
Monday, January 22
James kuier by die "huis"
Was lekker om al drie kinders gedurende die Kerstyd by die huis te hê. James het soos sy gebruik vandat hy in Bloemfontein is, ons verras met 'n nuwe haarstyl en dit het 'n dag of drie gevat om aan die nuwe voorkoms gewoon te raak. Maar met die ouer raak leer mens ook dat die vere nie die voel maak nie. Hy is maar net nog sy eie oue self.
Hier is hy en Elriza afgeneem by die Heritage Village met Abu Dhabi op die agtergrond. Hy het vir amper twee maande kom kuier.
Hier is hy en Elriza afgeneem by die Heritage Village met Abu Dhabi op die agtergrond. Hy het vir amper twee maande kom kuier.
Labels:
Abu Dhabi,
besienswaardigheid,
Besoekers,
kinders
Subscribe to:
Posts (Atom)