Showing posts with label sporttoer. Show all posts
Showing posts with label sporttoer. Show all posts

Saturday, February 24

ISAC EGIPTE - ONS MEISIES IS STERRE!!!


Na drie moeilike dae van harde wedstryde is die toernooi eintlik verby en ons meisies doen as volg:

Dag 1

Wen teen UAS Dubai 40 - 9

Verloor teen AISE Egipte 22 - 24

Verloor teen MES Egipte 18 - 36

Dag 2

Wen teen QA Qatar 33-18

Wen teen BBS Kuwait 19 - 9

Dag 3

Wen teen UAS Dubai 33 - 6

Verloor teen AISE Egipte 26 - 35

Speel vir 3 de plek teen BBS Kuwait en wen 20 - 7.

GELUK LIONS JV DOGTERS MET JULLE 3 DE PLEK !!! GO LIONS!!

Sodra ons meer foto's en stories van die dogters gekry het, vertel ek meer.

Thursday, February 22

Nelmari Cairo Basketbal toernooi



Die span het 'n veilige vlug gehad en almal het dit baie geniet. Op Cairo is een van die seuns se tasse gesteel, maar die ou was dom genoeg om nie die "tag" af te haal nie, en word toe met die gesteelde tas in sy besit gevang! Ek is nog nie seker wat hulle gister gedoen het nadat hulle daar aangekom het nie, maar die nuus sal seker so stuk stuk bygelas word.

Vandag was die eerste dag van die toernooi en ons span was opgewonde oor hulle "ondersteuning" al die pad vanuit Abu Dhabi. Nelmari se gesig wys dat sy duidelik nie te bly is nie.

Ons meisies het blykbaar briljant gespeel teen American Universal School en wen die wedstryd 40 - 8. GO LIONS! Hulle speel nog twee wedstryde vandag. Ek hoop om die tellings ook te kan plaas.




Wednesday, February 21

Kort nuus brokkies

En so gaan die kinders voort om elke middag besig te wees met sport tot wie weet watter tyd. Gister het Willam se Varsity span teen Cambridge gespeel. Ons seuns het baie goed gespeel en uiteindelik met 54 - 27 gewen. GO LIONS!

William verdedig.
'n Waterbreuk vir hom.
William en afrigter besprreek taktiek.
Nelmari en haar span is vanoggend na vele drama Cairo toe. 'n Masel epidemie het in Abu Dhabi uitgebreek en toe een van die seuns spanlede dit kry, was daar chaos. Gisteraand laat moes ons almal rondgrawe vir ons kinders se mediese rekords en almal is ondersoek om seker te maak hulle het nie die simptome nie. Die sport direkteur sê dis die mees gesonde - mediese opdatum - groep wat al ooit gaan toer het. Die groenlig vir die toer, is eers gisteraand halftwaalf gegee.

Ek het probeer om die span af te neem, maar daar was gedurig meisies wat nog ietse uit hulle motors moes gaan haal. Hier is die helfde van hulle en hul afrigter darem.


Die bagasie word ingelaai en een spanlid sukkel nog om die tas toe te kry terwyl almal kyk. Die ou met die wit is haar "driver" en wag sodat hy haar tas op die bus kan laai. Weet nie hoe sy op die lughawe sonder haar ekstra hande gaan klaarkom nie.
Ek hoop om gedurende die toernooi ook gereelde "updates" te hê, ook van Eddie in Egipte.