Verjaarsdae .....is maar net nog 'n dag. As kind weet ek die opwinding is groot en daar word uitgesien na partytjie en al die wonderlike geskenke, maar op my ouderdom het dit 'n klein bietjie afgeskaal na tee en koek sal lekker wees :-). Dit was lekker om van almal te hoor en ek is lekker bederf met hope boodskappe. Die een waarna ek die meeste uitgesien het was om met klein Lara te praat na skool. Dis ook tydens die "gesprek/kuiertjie" wat ek my boodskap/les kry.
Baie opgewonde en Happy Birthday ouma en met baie energie, seker van die melkskommel wat sy en haar mamma gehad het, is sy soos 'n jack in the box en vertel vir my gou sy is baie bly dis my verjaarsdag maar sy het nie vir my 'n geskenk nie.
Ons blaas 'n verjaarsdag kersie dood oor Skype en sy bevestig net weer dat sy nie vir my 'n geskenk het nie. Ek se dis heeltemal reg, sy moet net vir my 'n prentjie teken, maar sy is vasbeslote om vir my te wys dit is NIE haar skuld dat daar nie 'n geskenk is nie. Die foon (waarmee ons besig is om te Skype) word in die lug gehou en sy draai dit orals deur die sitkamer en eetkamer en dan kom haar rede: "See..... do you see a Christmas tree". Asof daar net geskenke is wanneer daar 'n Kersboom is.
Is ons nie ook baie keer so nie? Hoeveel keer vergeet ons dat die grootste geskenk ooit Jesus is. 'n Geskenk wat ons baie keer as vanselfsprekend vat en een wat ons nie verdien nie. Ons hoef nie te wag vir 'n kersboom nie, en dankie tog daarvoor want as ons by kersvader moes geskenke kry net wanneer ons soet was, sou daar nooit ooit enige geskenke gewees het nie. God is nie kersvader nie, en Sy liefde vir ons is onvoorwaardelik, al verdien ons dit nie en hoef ons nie te wag vir verjaarsdae of Kersfees nie
"For God so loved the world that he gave his one and only Son, that whoever believes in him shall not perish but have eternal life (NIV)" - John 3:16

Nelmari en Charmaine wil 'n bietjie van die eetgoed probeer. Hoeveel mense het mens nodig om een kleintjie se neusie te vee? 'n Klomp se ek jou want Nelmari, mamma Marina en tannie Charmaine wil almal help. Haar maatjie Kayla het ook kom saamspeel en alhoewel klein Emily nie mal was oor al die verskillende ritte nie (en ek kan dit so goed verstaan), was sy baie braaf.
Die rit saam met "Nella" in die stampmotortjies was baie lekker en sy geniet dit baie.
Die groot gunsteling is die klim en klouter dink met al die gekleurde balle waarin mens sommer kan verdwyn.
En hoe later hoe meer word die selfvertroue om op die goeters te ry!
Hierdie sirkus het in 1982 begin deur 'n groep straatkunstenaars met 'n droom om rondom die wereld te toer en vertonings te lewer. Hierdie groot ou en ons deel van die skare om sy vinger gedraai.
Nadat hulle begin het om in Kanada te toer, volg Amerika met net genoeg geld om die LA fees by te woon. Sou die sirkus misluk kon hulle nie terug huistoe nie. Die toer was 'n groot sukses. Die manne was absoluut ongelooflik op hierdie pale met die toertjies.
Daarna durf hulle Europa aan met vertonings in Engeland en Frankryk. Ek kan nie regtig beskryf wat hierdie twee Chinese vroue alles met hulle lywe kan aanvang nie.
Hulle toer reg oor die wereld en orals kan die mense nie uitgepraat raak oor die sirkus nie.
En dit verstaan ek ook nou want die toertjies (miskien is dit nie die regte woord nie) is iets wat ek nog nie gesien het nie.
En dis nie net die kunstenaars nie maar ook die tegniese span en die manier waarop alles beheer, en hanteer word. Die gehoor eet uit hulle hande.
Die musiek is uitstekend en die orkes nie soos jou gewone sirkusorkes nie. Die dame wat die liedjies sing tydens die opvoering is baie goed.
Van die UAE (Dubai) is hulle oppad Tokoyo en Macau toe indien julle ook wil gaan loer. Met die hele sirkusskare mall toe na die tyd, durf ons maar weer die pad Abu Dhabi aan om liewers daar te gaan eet. Die verjaarsdagmeisie minder gelukkig omdat sy nog wou shop, maar ons maak weer plan.