Terwyl almal van ons nou bietjie rustiger geraak het rondom die Kersvieringe en baie begin regmaak vir die Nuwe Jaar vierings, vier die UAE ook vandag een of ander dag en die dorp loop oor met mense. Dis soos mensneste wat oopgekrap is. Die weer is koel en die mis hang die dorp toe en mens wil net winter-winter speel en nie jou voete by die deur uitsit nie. Ons is so gelukkig om 'n besoek van ou-Voortrekkervriende van SA te kry. Sarie en Hannes het vir hulle nuwe kleinkinders kom kuier en ons kry ook kans om die kleingoed te sien, te vat en vas te hou.
Terwyl die manne iets koels by 'n bekende duitse restaurant gaan soek het, het die vroue tuisgebly sodat Yannis en Zanke (mamma Beatrix se dit beteken altwee "gift of God") hulle melkies kan geniet.
Die tweeling is nou twee weke oud en so oulik en soet. Ouma Sarie vertel dat sy haar organisasievermoe in werking gekry het, en sowaar die bababedjie saans in haar en oupa Hannes se kamer het om pop te kan speel.
Is hulle nie pragtig nie? Klein Zanke wil niks mis van al die gesels nie, en Yannis is bietjie lui om wakker te word se ouma Sarie. In al die tyd wat hulle gekuier het, het die tweetjies nie een huil geluidjie gemaak nie. Pappa Eugene se ouma Sarie hou hulle so baie vas, hy moet op hulle blog kyk na foto's om te sien hoe hulle lyk :-). Julle moet bietjie hier gaan loer, hoe oulik die tweeling is.
Dan het ons ook twee kinders wat vir die volgende twee weke by ons vanaf Ethopie kuier om bietjie Afrikaans te leer. Ek het geweet mens "tel die beste blogmaats" op die internet op, maar ek het nooit gedink ek sou "twee kinders op die internet optel" vir 'n kuier nie. :-)
Christine I wanted to show you photo's of the kids, but they were so tired that the only photo's I could take were the kids sleeping.Leo wanted to stay in bed this morning.
Stella during our visit to the beach :-) Hopefully everybody will be awake today so that we can do something fun.
Om twee vreemde kinders vir vakansie te he kan so 'n groot risiko wees, maar die twee is sulke oulike kinders en het ons hulle al vreeslik geniet! So kom loer gereeld wat hulle hier in die land van die kamele aanvang terwyl hulle meer van ons mooi taal leer.