Friday, March 2

VARSITY SEUNS ADSAC TOERNOOI

Die week kan darem nie verbygaan sonder dat ons nog 'n kwota wedstryde het nie. Woensdagaand was dit die Varsity seuns se beurt om in die ADSAC toernooi te speel. Soos gewoonlik het ons seuns uitstekend gespeel en al hulle wedstryde gewen om deur te dring na die finaal toe.

Hier rus van die manne tussen wedstryde.

William verduidelik iets. Dis of hy het nie ore om te hoor nie of hy verduidelik van sy haarsny die vorige dag.

Kom manne ons is amper daar moedig hy die span aan.

Die getroue ondersteuningsgroepie.

En toe is dit die finaal. Hier is die afrigter besig met 'n spanpraatjie. Hierdie wedstryd was iets ysliks om te sien en het kop aan kop verloop die heeltyd. Aan die einde van die wedstryd was dit gelykop 33 - 33 en moes hulle ekstra tyd speel. Net 1 minuut of 60 sekondes.... Weet julle hoe vinnig gaan dit?

Ons seuns verloor 33 - 35 in 'n baie naelbyt toernooi. Geluk Varsity Seuns julle het 'n uitstekende toernooi gehad ons is trots op julle. GO LIONS!





















ns. Die JV dogters het ook teen Al Nahda gespeel en mens kan sien dat die seisoen net vir hulle nou te lank raak. Hulle verloor die wedstryd met 'n skrale 4 punte. Mooi wedstryd meisies!!

1 comment:

Anonymous said...

Dit lyk my william voel bietjie afgeskeep. Wat kan ek sĂȘ, mens kanie als wen nie! :p
Ek kani wag dat jy vir my bietjie kom kuier nie. Ek dink die 2 van ons sal leka kan kuier. En dan kort ons iemand wat kan volleyball speel