Monday, February 12

In Graad 3 vir die dag

Van tyd tot tyd kry ek 'n noodoproep --- seblief kom los af die of daardie juffrou is siek. Die voordeel is dat mens nie verplig is om te gaan nie, maar die nadeel is dat mens nie maklik nee sê nie. Wat ookal die geval is, bevind ek my toe gister, op die Sondag, in die graad 3 klassie.
Hierdie oudtjies is so rondom 8/9 jaar oud.

Hierdie "juffrou" het niks voorberei of geweet wat op die program is vir vandag nie, so ek was nie verskriklik verrras om "Maths" in die eerste periode te kry nie. Jinne, vir die Arabies sprekende kinders en baie ander vir wie Engels 'n tweede taal is, is lees moeilik .... so wat is op vandag se rooster .... storiesomme (soos ons dit genoem het). Dit beteken dat ek omtrent 90% van die tyd ouens met sulke dowwe uitdrukkings in hulle oe voor my gehad het. Hulle kan nie eers die vraag
lees nie wat nog te sê berekening doen.

Maar dit was 'n lekker verandering vir die dag en het ek veral die handwerk waar hulle 'n "masjien" met 'n "pulley" moes maak, geniet.

4 comments:

Anonymous said...

Geniet dit om elke dag te kyk. Wil net sê ek hoop ek kry 'n hoofopskrif op my 40 ste verjaarsdag. Kon jou nie sms - net sms "bundle". Liefde vir almal. Liefde: Lalie XX

Anonymous said...

Jy gaan beslis 'n volblad kry vir daardie mylpaal. Jy beter 'n nuwe foto aanstuur of die gevolge dra met dit wat ek beskikbaar het :-)

Anonymous said...

O Gonna!!!! Net asb nie die stywe vlegsels nie. Sal beslis stuur!!

Sandra said...

Nee vlegsels nie nee, maar gesigmaskers ens. ens. Laat kom met foto's van die seuns ook.