Wednesday, May 9

Holloway trotters ontmoet die Harlem Globetrotters

Vir 'n baie goeie sportjaar het William en Nelmari kaartjies ontvang om na die Harlem Globetrotters te gaan kyk wat tans in die UAE toer. Moenie sleg voel as julle nie weet wat op dees aarde dit is nie, want ek het self 'n dowwe uitdrukking op my gesig gehad. Een van die diinge van ma wees is om hulle nie te laat agterkom jy weet nie waarvan hulle praat nie, so ek het dadelik aangedui dat ek vir hulle sal kaartjies kry.

En gisteraand was dit eindelik sulke tyd. Die kaartjies het al lê en brand op die kas. Die twee is 'n uur en 'n half VOOR die vertoning reeds daar en toe is die ry al redelik lank. Ek moet noem dat dit nou regtig nie saak maak mens het "courtside" kaartjies ten duurste nie, dis steeds first come first serve in daardie drie rye ook - daarom die vroeg in die ry staan. Hulle wil mos onder die mense se neuse en voete sit.
Drie rye van voor en nie te sleg nie - lekker sagte sitplekke ook. Die twee beloer die papparatzi.

Nou weet julle seker nog steeds nie wie die Harlem Globetrotters is nie. Ek het geleer dat hulle 'n groep wêreldberoemde basketbal vermaakgroep is. (Hoe wêreldberoemd kan hulle wees dat ek nie van hulle weet nie of is ma's se ore net op die verkeerde plek dat ek nog nooit van hulle gehoor het nie?) Elk geval hulle doen allerhande toertjies op die baan. Duidelik geniet die Hollowaytjies hulleself.
Ek hoop nie van hierdie toertjies word volgende jaar op die baan uitprobeer nie, my hart sal dit nie hou nie.

Die einde en die manne maak gereed om 'n groot kring op die baan te vorm dat die toeskouers hulle handtekening kan kry.
Nie soveel langer as die Holloways nie is hulle? Hier kry die twee handtekening op die bal wat verseker net gaan stof op gaar want wie speel nou met 'n bal waarop die "beroemde" Harlem Globetrotters geteken het - miskien net die ma want sy het nog geen clue hoekom die manne beroemd is nie.




No comments: