Friday, May 4

Wat is die Kaap sonder reen

Nog 'n beriggie deur my korrespondent wat veronderstel is om op 'n werktrip te wees.

Die Transvalers het altyd van die Kaap as 'n "babatjie" gepraat, synde altyd nat en vol winde te wees en hierdie besoek het ek haar dan ook so beleef, maar die winter is mos oppad en reen die tyd van die jaar is hemel! (Het jy gesien hoe warm dit hier is, geniet die reen) Nie dat die reen my groepie gepla het nie, want as 'n man onderdak "shop" pla die natigheid buite mos nie juis nie. (Ek dog julle het gaan werk?) Geen besoek aan die Kaap is afgehandel as jy nie 'n foto van jouself teen Seinheuwel het nie en dit het ons dan ook sommer heel eerste uit die pad gekry.
Met die dat die manne maar traag opstaan in die oggend het ek dus Vrydag vroegdag teen die bergie kon uitry vir koffie. Van Hunk was egter ernstig besig om met die duiwel te kompeteer met die pyp en die berg was heeldag weggesteek.
Selfs teen laatmiddag onder uit die Waterfront was die uitsig maar skraps, maar hoe kan 'n man dan nou daar wees sonder om 'n foto of twee te neem om dit te onthou nie.
Lanklaas dat ek so "hand om die blaas" met Archie Tutu gestaan het.
(Dit lyk regtig asof dit met die werk en besigheid goed gaan)

No comments: