Showing posts with label Straatkuns. Show all posts
Showing posts with label Straatkuns. Show all posts

Saturday, May 26

Valke "vlieg" hoog

Julle sal onthou dat ek van die kuns Valke vertel het. 'n Week of twee terug is die liefdadigheidsveiling gehou waar hulle 26 van die valke opgeveil het. (Sien label Straatkuns) Die eerste valk is vir Dhs 30,000 opgeveil en daarna is enigiets vanaf Dhs11,000 tot Dhs110,000 vir die valke gebie.


Meer as Dhs700,000 is ingesamel en die aand was 'n groot sukses

Die gelde sal tussen 9 welsynorganisasies gedeel word.

Friday, April 27

Straatkuns

As daar nou enige diere vir hierdie Arabiere belangrik is, dan is dit die Kameel, Perd en Valk. Dis seker hoekom dit juis hierdie drie is wat gebruik is om 'n kunsprojek as 'n liefdadigheidsprojek te loots.


So 'n week of wat terug het ek julle vertel van die geverfde kamele (label - Kameelkuns) wat orals in ons strate staan. Voor die kamele was dit die Arabiese perd wat orals langs die strate van Dubai gestaan het. Hier is 'n paar foto'tjies van hulle. Waar daar meer as 80 kamele geverf is, was daar 100 Arabiese hingste geverf. Kyk 'n bietjie hoe kleurvol hulle was.

Met verlede week se besoek aan Dubai het ons gesien dat die laaste van die drietal nou sy/haar verskyning langs die strate maak, nl die Valke. Volgens die nuus is daar omtrent 100 valke wat langs die strate vertoon word.

Soos die kamele en perde is die valke van veselglas gemaak. Die vorm vir hierdie valk is in Colorado gemaak en toe hierheen gebring. Die volle grootte van die valk is 9 vt met die vlerkspan 6 vt.

Verskillende kunstenaars handig hulle ontwerpe in en dan kies die borg watter ontwerp hy/sy vir hulle valk wil hê. Die kunstenaar wat die ontwerp voorgelê het is ook die een wat die valk verf. Een kunstenaar mag selfs meer as een valk verf. Enige persoon en/of instansie kan 'n valk borg.

Die geld van die borge betaal vir die valke, verf, studioplek om te verf en die kunstenaar. Daarna word die valke op 'n veiling verkoop en die gelde gaan dan vir liefdadigheid. Soos julle sal onthou het die kamele 'n klomp miljoen gemaak.

Hier is 'n paar van die valke wat reeds op straat verskyn. Mooi kleurvol ne.

Die mense doen nie altyd dinge "normaal" soos ons dit ken nie, maar dis lekker om deur die strate te ry en sulke vrolike kunswerke langs die pad te sien. Bygesê, dit bly langs die pad en niemand steel dit nie.