Monday, May 21

Klein Emily kom weer kuier

Na 'n maand en 'n half se vakansie by haar ouma in Mexico is Emily weer terug en kan ons van voor af begin bederf. Die van julle wat gereeld lees, sal onthou dat sy baie siek was voor die vakansie en met haar verjaarsdag in April. Sy's nog steeds siek maar ons was baie bly sy het haar Abu Dhabi "oumas" nog onthou.

Sy voel nie te lekker nie, maar herken almal en die omgewing





Ons speel vir haar weer 'n Afrikaanse kinder DVD en sy vergeet skoon om te eet soos luister sy

Hier kom die klein onseker glimlaggie waarvoor ons gewag het
Ek onthou daardie liedjies


Nelmari moet vashou toe sy begin vaak voel

William se skoendoos is net groot genoeg om in te speel.


(Nee James dis 'n ou boks!)
Dan raak sy aan die slaap. Kyk Begeera in die agtergrond gebruik ook die breuk en hou sommer 'n ogie op haar


Kyk almal ek's amper reg om te loop - ek konsentreer hard.


No comments: