Showing posts with label Bloemfontein. Show all posts
Showing posts with label Bloemfontein. Show all posts

Sunday, June 7

Nuus van die blomme hoofstad

Om mens se neus en kamera op die grond te hou en stories te kry sodat dit "gedagboek" kan word is nie altyd maklik nie. As van die kinders nog in Suid-Afrika sit is dit nog moeiliker. William het vir sy verjaarsdag gaan paintball en my "korrespondent" in Bloemfontein het hierdie beriggie deurgestuur.

Page1

Aangesien ek en my vriendin, Elra, te "chicken" was om te speel het ons maar besluit om fotograaf en assistent te speel.

Page2

Nie lank nie of ons het besef dat dit maar 'n wyse besluit was om eerder te kyk hoe William, Tessa, Jacques en sy meisie die oorlog begin.


Page5

Natuurlik kan 'n mens ook nie ongeskend uit 'n oorlog uit kom nie... Tessa was die eerste slagoffer met n balletjie wat haar net onder die gesigskerm tref en toe later ook 'n baie pynvolle een op die kop.


Page4

Na die geval het die meisies maar besluit om uit te sit sodat die ouens, al klaar baie warm en bietjie moeg, verder kan speel.

Page3

William het dit verskriklik geniet om al sy nuwe taktieke te probeer teen die oposisie en het nog taamlik onbeseerd uit die ding gekom ook, behalwe vir n balletjie teen sy hand so op die laaste.

Dankie vir die storie en foto's Leane, ek waardeer. Wie gaan verslag uit Onrus lewer gedurende Junie/Julie?

Tuesday, March 10

Arme student maak 'n plan

Die laaste tydjie het ek vertel van oa Nelmari se sport en James se nuwe werk ens. maar dit was doodstil daar van Bloemfontein af. Gelukkig het die seun darem die skimp gesien en vir ons 'n storie met foto's gestuur. Dis in Engels so ek sal maar my eie vertaling opsit. Sondag het hy en Tessa 'n jaar uitgegaan en aangesien hy 'n platsak student is, is daar ernstig planne beraam om "iets" te doen wat spesiaal en binne sy begroting is. Nou vir die wat William ken sal weet dat hy kan nie binne sy begroting bly nie :-). Hy sou vir haar 'n ete maak ..... Die deurmekaar kamer wat ek skaars herken op die foto's is reggemaak en met kerse en blomme versier (Ek vermoed 'n dankie moet hier aan Leane ook gaan vir hulp en foto's). Na alles mooi gemaak is en die kos klaar was is Tessa gebel om "sirkus" toe te gaan - dit is naby die studentehuis en sy sou niks vermoed nie. Moes natuurlik eers by die huis stop waar sy verras is. Ek dink die skoon kamer was ook 'n verrassing.... Daar het sy haar presentjie en roos gekry voordat die kos bedien is. Die man sny die hoender en skep in. Het self 'n haarsny gehad sien ek. Ek sou graag wou weet hoe die kos en slaaie gesmaak het seun. Blykbaar het Sabeeha alles mooi dopgehou en wou sy glad nie die "restaurant" verlaat voordat daar klaar geeet is nie.

Wat het toe gebeur met die planne vir die sirkus seun?

Saturday, August 16

Besige naweek in Bloem

Verlede naweek was dit Kovsie intervarsity teen Pukke en soos die seuns se, hulle het in die meeste sportsoorte "ons gatte goed geskop". William het vir die universiteit pluimbal gespeel en met twee van die span se spelers in Beijeng, het dit glad nie goed gegaan met hulle nie. Daarna was dit die twee boeties se beurt om vir die universiteit se volleybalspan te speel. Natuurlik kla hulle al lank dat die rugbyspanne al die sportgeld kry, so die vreugde was groot toe hulle die Pukke behoorlik ore aangesit het na min oefening, in die volleybal 5 - 0 ... en die beste van alles was dat die rugbyspan Shimlas verloor het. Daarna moes James gou hokkieveld toe om te sien hoe sy span doen, maar ongelukkig het hulle verloor. Omdat dit Leane se verjaarsdag was, het hulle bietjie gebraai en Eyetoy gespeel op die playstation met almal wat rondhol en spring. (Seun was daar net meisies?) Die "goeie" naweek is met 'n ete afgesluit en in James se woorde "William en Tessa kan weer nie stil sit nie. Ek het amper gevoel soos 'n pa met kinders in die restaurant :-0"
Dankie vir die foto's en vertel seuns. Hoop Tessa het ook 'n lekker verjaarsdag gehad!

Saturday, August 9

Bietjie nuus van die seuns

Die seuns is terug in Bloemfontein en vir die eerste twee dae was Eddie saam met hulle daar so ek kon mooi verslag kry van terug op kampus. Dis altyd lekker om van hulle te hoor!Duidelik was die baie eet op vakansie nie Abu Dhabi of ons skuld nie, want hier sien ek hulle alweer met pizza's. Leane drink 'n sterk koeldrank saam met hare. Leanne geluk met jou verjaarsdag vandag! Ons hoop dis 'n wonderlike dag propvol verrassings!!James voel die koue van Bloemfontein en maak koffie. Ek gaan niks se oor waar hy die handdoek om sy lyf vandaan kry nie. Hier sit hulle in hulle "ten volle toegeruste" sit/eetkamer, TV kyk en eet. William en Tessa maak hulle self ook warm met koffie. Langs Leane sit haar ma Sue. Die volgende dag het Eddie hulle weer uitgeneem vir ete. Tessa en William besluit wat hulle gaan eet. Intussen is die vuil wasgoed wat hulle gelos het terwyl hulle op vakansie gegaan het in sakke gesit en by die wassery gaan ingee. Ek kan dit nie glo nie - seuns julle het teveel klere. Maar terug in Bloemfontein beteken ook terug by die studies, alhoewel ek geen foto's as bewys het nie.James is al klaar weer besig met die hokkiespan se fiksheidsprogram terwyl William en Tessa mooi kyk hoe dit gedoen word. Dit lyk maar koud. William vertel dat hy ook verlede naweek die Vrystaan en Noord-Kaap Skole se kultuurfees gaan bywoon het om Tessa se broer en suster te ondersteun. Johan het eerste geeindig in die gedigte afdeling vir Graad 9 en haar sussie Nellie was tweede met haar gediggie "Oupa Uil" in graad 2. Ek kan nie onthou wanneer laas ek 'n skoolsaal soos dit gesien het nie.
Hierdie naweek neem die seuns deel aan die intervarsity teen Pukke .... hoop dit het goed gegaan en ek wag vir die foto's!

Tuesday, May 27

William se verjaarsdag "Dag"

William het vir my foto's en 'n verslag gestuur van sy eerste verjaarsdag as 'n "arme" student.
"Well my birthday past and I don't feel older. Guess i'll always be a kid. I got out from farmovs around 7.30 and went home to start my day with a little nap.When I woke I was greated by the dog. The day went by slowly. (Dit lyk koud seun) Me and Tessa watched about 6 movies (seun is dit nie eksamentyd nie?) and then off to farmovs for another blood sample after which I could eat. With James and Leana being sick (altwee op dieselfde tyd met dieselfde siekte .... hoe gebeur dit?), they only asked for KFC which I supplied with a smile, leaving me and Tessa able to enjoy some fish at Ocean Basket (ooo ek's, jaloers). It was a first for her (Kan nie glo sy was nog nie daar nie.) It was nice as always. Thank you mommy and daddy .... The next day felt more like a birthday when Leana microwaved a cake, thats a first for me. (Ja nee ek sien Leane kry maar net so koud) I watched .... and the dog watched ..... (lyk asof hy geproe het ook) It was really good (specially after I dropped two boxes of smarties in too) and very sweet. Dankie vir die vertel en foto's seun en baie dankie vir die foto van James wat "studeer" ek sien julle gewoonlik net eet. Sterkte met julle almal se eksamens, sien julle oor min slapies.

Monday, May 12

Nuus van William

So 'n klein bietjie nuus van William daar in Bloemfontein vir die oumas en ander wat wonder hoe dit met hom gaan. Behalwe dat hy ook nou deel is van die statistieke, met ouens wat hom beroof en geslaan het, en die feit dat ons nog steeds nie weet wanneer hy swot nie, lyk dit asof dit goed gaan. Vir die van julle wat William ken, hierdie is 'n tipiese foto verslag van hom.
With the petrol price rising, it was time for to buy a bike. A easy way to get around and a good way to keep fit.


In the first 4 days of having it i had 5 punctures, that i had too fix. So i made an investment that will hopefully pay off. I bought myself plastic tyre tube protectors. (the rolled up things) and
tyre slime stuff. thats the stuff you put in the tube, and if there's a leak it will fill it up and seal.

i bought the heavy duty stuff which is said to be able to close holes up to 5mm in size. which is not too bad. hopefully it will word.


After buying the bike i had some money left, and i wanted to spoil Tessa a bit. With My friend Jaq and his girlfriend Ann we went to Braza for dinner. Braza is nicely located on the water front in the middle of Bloem. And serves brazilian styled meat, chicken and fish.
I had a very nice piece of rump and calamari. Tessa had lemon and herb chicken, while Jaq and Ann had a brazillian meat thing on a stick.



Then we went to News Cafe for a cocktail, Tessa and i shared a Giggle and junglejuice. All in all it was a good night...


Mothers day!!!! Happy mothers day!!!!!!!!!! here is a card

if you cant read (n gedig vir moedersdag van ma se seung 'n probleem was nog ooit vir ma te groot gewees nie ma help met liefde.......en bietjie spoeg op n snesie!)


Hy het darem foto's van die ander deel van die kaartjie ook gestuur

And we have some melktert for you. YUmmy

Dankie vir die verslaggie seun, lyk asof julle die aand geniet het.

Van James hoor ek net dat die ou baie hard en lang ure werk en van die social front hoor ek niks behalwe dat hy en Leane so 'n week of wat terug in Kaapstad was vir 'n troue. Ek het darem 'n prentjie van hom ook in sy "werksklere". As mens so 'n groot glimlag het wanneer jy werk, dan kan dit nie so sleg wees nie ne seun.

Thursday, April 17

William lewer verslag vanaf Bloem en Potch

Net so bietjie opvang nuus oor die seuns in Bloem soos geskryf deur William en foto's met sy foon..

After a couple of years in Bloem, we thought it a good idea for James to start blending in .... and not draw to much attention to himself, so we looked for some "local" clothes. (Dit lyk 'n bietjie groot seun .... en dis nie eksklusief tot Bloem nie, mens kry dit selfs van tyd tot tyd hier in Abu Dhabi!) See what dangers we have to live with? (Vir wat gebruik julle dan ook 'n "argeoloog" om die skottelgoed te was of is dit "klipborde"? En vir wat was julle nie jul eie skkottelgoed nie. Leane jy moet dit nie doen nie! Vir die wat nie kan sien nie op haar t-hemp staan - Danger geologist at work) A warning sign outside the gym! James and the dog taking a little nap. My first year at university and I was chose to represent Kovsies at the SASSU (South African Student Sports Union) held in Potchef this year and thanks to my sponsers mom and dad I could go. It took as 4 hours to drive there and find out that someone didn't pay our money in time so they thought we were'nt coming and then had no place to stay. A senior student at Potch offered us accommodation right next to the campus, which we though was great until we saw the girls had to sleep in a room not bigger as our bathroom back home and the guys in a caravan and that for R70 per day per person! We found a very nice place and they actually gave us student discount. Another sign at the gym in Potch.
The badminton went on for 6 days. I played singles and doubles. We played against 2 univ everyday and ended up in 3rd place with Tuks 1st and Puk 2nd.I'm now officially ranked 6th in the SASSU league, which I don't think is too bad. I want to thank my sponsors again and hope they will sponser me for the volleyball SASSU too. (Die haarstyl lyk soos 'n skoolfoto William)
Dankie vir die verslag seun, dis alweer tyd vir nog een .... en van jou ook James!