Showing posts with label Selina. Show all posts
Showing posts with label Selina. Show all posts

Saturday, June 9

"Prom" aand

Gisteraand was die Graad 12's se prom en uit die aard van die saak kan ek nie veel daarvan vertel, slegs vir julle 'n paar "before" en "after" foto's wys.

Die man gereed vir die aand
Was maklik om vir hom klere te kry, hemde uit, vests in

Selena en William gereed vir die Prom

Jinne kyk daai haarstyl. Dis iets waaroor sy kinders eendag gaan lag.

Die funksie is by die Beach Rotana Hotel gehou.

William en Nadir. Die man se gesiguitdrukking is altyd dieselfde.

William neem 'n foto van hom en Steven met die telefoon.

Die einde van die funksie vir Andre en Elliot.

Ek hoop om darem op 'n stadium ander foto's ook van die prom te sien dat ek kan wys

Saturday, June 2

Voorbereiding vir die eksamen

Met William klaar is dit James en Nelmari wat moet eksamen. James kan ek ongelukkig nie dophou daar in Bloem nie, kan net vertrou dat hy wel hard leer, maar Nelmari is 'n ander saak. Toe sy dus vra of Minri kan oorkom vir ons "Vrydagaand" (wat regtig eintlik Donderdag is) sodat hulle saam kan studeer was die antwoord ja.



Ons gaan gou eet en dan dadelik begin leer vertel hulle my toe hul van skool afkom. Twee uur later gaan ek loer hoekom gaan die "leer" met soveel lag gepaard en wat sal ek sien? .... 'n Ernstige Pictionary game aan die gang.



Die twee skoolverlaters speel saam. Hier tik William die uurglas dat die tyd moet gouer verbygaan. Ja, nee, hy sal nog leer mens wens nie die tyd verby nie.


William en Selina hou angstig dop of die ander twee gaan reg raai.
Maar nee hulle kan nie die woord ....verduidelik nie. Nou is dit julle beurt.


William teken en Selina moet raai - die woord is .....
Intussen wonder ek oor die studies. Spoor die boek in die kombuis op ... hard aan die leer so by homself.
Nog twee uur later klink dit stiller en ek gaan soek na die studente. Kry hulle in TV kamer hard besig om Cludo te speel.
Ons is klaar geleer ma, tannie moet ek hoor. Moet hulle maar glo want ek het die bewyse op kamera.




Friday, May 25

Die ACTUAL verjaarsdag

Nou ja eintlik die dag waarna William uitgesien het. Nie net omdat dit sy verjaarsdag was nie, maar ook omdat dit sy LAASTE dag van eksamen was. Klaar met skool, klaar met eksamen en verjaarsdag!!
Opstaantyd en dit gaan maar swaar - net tot die besef van verjaarsdag en eksamen inslaan.

Geskenke oopmaak tyd....Een van die geskenke waaroor hy baie opgewonde is, is .....

Gold Class kaartjies vir Pirates of the Caribbean wat vandag afskop. Hierdie kaartjies moes lank voor die tyd al bespreek word, aangesien die hele Abu Dhabi gewag het dat die fliek moes begin draai.
James hierdie is spesiaal vir jou -sy geskenk van Selina 'n Nokia 5500 Sport. (Hy het spesiaal 'n SA 5c langs foon gesit dat jy kan sien hoe groot dit is) So besluit hy ook om met die oulike nuwe foon self die aand se foto's te neem. Die kwaliteit was nie so goed nie, so verskoon maar. (Moet bysit dat die foon se dagfoto's baie goed is)

Hier wag die man in die Gold Class sitkamer vir die fliek. Vir die van julle wat nie weet nie, die theater het net 20 Lazy Boys. Jou eet- en drinkgoed word bedien in regte eetgerei en nie papierbekers nie. Jy kan heerlik agteroor lê en kyk met die tafeltjie en eetgoed langs jou. Soos by die huis voor die TV.

Na die fliek is dit uiteet by Vasco's langs die see. Gewoonlik eet ons as familie saam, maar met pa in London en omdat dit ook Selina en William se laaste skooldag was, was dit net hulle twee en MY kar. Ek en Nelmari moes natuurlik by die huis bly sonder wiele
William in die restaurant. Hierdie keer is dit nie sy regte kuif wat so regop staan nie, maar die plant op die agtergrond.

Die fototjie spesiaal vir jou geneem in London William!! As ek dink aan die uitgawese van ons Sweet William is hierdie Sweet Williams 'n winskopie!!!

Hoop dit was 'n lekker dag seun.

































Thursday, May 17

SUSSIE maak reg vir William se laaste dag

Nog net een skooldag oor en dan is daar nog 'n kuiken klaar met skool. Maar mens kan nie "te" opgewonde raak nie, want die finale eksamen begin Sondag.
William luister hoe Selina die Ekonomie probleem verduidelik
William verduidelik vir haar hoe dit uitgewerk word.
Meer as enigiemand anders is Nelmari opgewonde oor die feit dat William klaarmaak en dat hy 'n laaste dag koek moet kry - hier is dit stap vir stap. (Moet ook bysê sy soek altyd 'n rede om koek te bak)
Stap 1 - Meng die bestanddele
Stap 2 - Neem 'n bietjie van die beslag en
Stap 3 - Doen 'n tong tippie toets



Stap 4 - Bak dit in die oond en 5 - onthou dis warm as jy dit uithaal.


Klaar!!! Die blou is 'n graduation cap ingeval julle dit nie kan sien nie .
Mooi sussie!!!