Ek weet daar is van julle wat inloer net om te sien wat in die groepe gebeur het --- so hierdie week se foto's is vir julle.
Die Kinderbediening by die Afr Kerk het met 100% gegroei. Het julle mos gesê om die spasie dop te hou. Die gemeente is nog in die baie begin stadium en ons glo dat ons so stadig maar seker die kinders ook sal kry. Moenie ophou hierdie spasie dop hou nie ....Die getalle is nog maar klein, maar ons leer, speel, sing en dans reeds lekker saam en dit in Afrikaans!!
Klein Emily is nou nie 'n "groep" nie, maar sy het so tussen die groepe en voorbereiding ook kom kuier vir die dag. Oppad mall toe en sy gebruik Nelmari se foon om haar ma te laat weet.
Die twee geniet die liggies by Ikea en natuurlik wil die juffrou nie in die stootkarretjie sit nie, sy wil op Nelmari se arms wees.
Terug by die huis en die nuwe speelgoed moet inmekaar gesit word. Terwyl Nelmari dit doen, gooi Emily solank die blokkies rond.
Nelmari wys haar hoe dit werk en die twee geniet die spelery.
Die vroue groep kom ook bymekaar in erge hitte. Charmaine se woonstel se lugreeling is al vir 'n week heeltemal af en ons vergader met waaiers. Vanessa en Heleen lyk nie asof die hitte hulle pla nie. Heleen wat is in daai bordjie ....? Dankie Sanette vir die bak van die koek!
Maak nie saak hoeveel Amelia probeer wegkruip het, op 'n stadium het ek haar onder skoot kon kry - met koek en al!!
Vir ons ander Suid-Afrikaanse Kindergroep was dit gisteraand afsluiting vir die jaar. Dis nog moeilik vir my kop om aan Mei te dink as die einde van die jaar. DIe ouers het eetgoed saamgestuur en ons het "Happy Feet" op die grootskerm gekyk.
Vasgenael voor die TV sit van hulle. Hierdie groep kom nou eers weer in September bymekaar as die kinders terugkom van hulle drie maande vakansie. Vir al die groepleiers is dit nog nie heeltemal rus nie, die beplanning vir volgende jaar en die boeke se bestellings moet alles in die volgende paar weke geskied.
Vasgenael voor die TV sit van hulle. Hierdie groep kom nou eers weer in September bymekaar as die kinders terugkom van hulle drie maande vakansie. Vir al die groepleiers is dit nog nie heeltemal rus nie, die beplanning vir volgende jaar en die boeke se bestellings moet alles in die volgende paar weke geskied.
Dankie vir my groepleiers vanjaar .... Celeste Holtzhausen, Charmaine Nortje, Heleen Basson, Louis Holtzhausen en Sorina Opperman julle het 'n puik werk gedoen!!
No comments:
Post a Comment