Showing posts with label Basketbal. Show all posts
Showing posts with label Basketbal. Show all posts

Wednesday, January 16

Nog 'n sport

Ek en William is nouwel al vir 'n paar dae in Suid-Afrika, maar in Abu Dhabi gaan nie normale werk en skoolprogram voort tot more wanneer die balans van die Holloways SA toe vlieg. Nelmari se nuwe basketbal seisoen begin in alle erns, en hier is die verslag vanaf Abu Dhabi

So begin die 2008 Basketbal seisoen weer in alle erns, na slegs 3 of 4 oefeninge.
AISA speel hul eerste wedstryd van die jaar teen hul aardsvyande ACS, en nogal by hulle skool. Kinders almal opgewonde oor hulle weer kan speel, maar vir een was die Pa nie so seker van die saak nie. Rede hiervoor is dat die span vanjaar omtrend heeltemal nuut is, met slegs 4 wat al 'n tydjie saam aankom en waarvan 3 van die 4 in elk geval Suid Afrikaners is. Hier warm die spanne op. Die span speel hul hart uit en Nelmari blink uit in haar nuwe posisie, die van "blokker", maar dit gaan maar erg swaar vir die span.(AISA doen dit altyd met die eerste 3 wedsryde, net om die ouers se senuwees nerwe te hê) Na die eerste periode is hulle 12/2 agter, na die tweede 18/2 (hard gespeel tydens daardie 7 minute), na die derde 25/8 en die wedstryd eindig op 29/12.
Nelmari skiet dan ook op 'n stadium vir doel nadat sy uit die pad gestamp is. Punte! Hulle doen egter heelwat beter as the Varsity span, wat 43/6 verloor.

Aan ondersteuning ontbreek dit ook nie, want soos altyd sit die Suid Afrikaanse ouers getrou lanks die baan. 'n Sekere sussie het ook haar ouboet van Bloemfontain af daar, maar die lyk nie erg opgewonde oor die spulletjie nie!

Dit is duidelik dat Minri en Nelmari se lengte vanjaar deel van die span se "plan" sal uitmaak, maar met Nelmari se lang arms wat orals kan bykom sal sy seker baie afklapwerk moet behartig. Daar is juis 'n ACS dogter of twee wat baie groot geskrik het toe sy teen die "Amazone" te staan gekom het, wat dadelik tot 'n nuwe bynaam aanleiding gegee het.Nelmari se ander blok foto hier!

Sunday, September 9

Verslag van Bloemfontein - nie die cheetas nie ....

Altyd lekker om van die seuns te hoor (al moet ek hulle omkoop). Dit lyk of die sport hulle baie besig hou en ek wonder van die studies.

Sokker verslag van William

After a hard practice the previous day James’s team was ready for this game, with his supporters behind him James was confident as he walked onto the pitch.
As the games started the crowd went silent. (ek sien nie die skare en ander spelers nie seun?)James stands in the goal, 50 min and a couple of good saves later, the match was over, the score 1-0 to James’s team.


Basketbal verslag van James


Wel William het toe sy wens gekry en begin basketball speel hier in Bloemfontein. Hy is nadat hy bietjie op sy eie speel gaan speel het, in een van die koshuise se spanne ingetrek. Hy speel nou amtelik vir Tswelopele in die liga. Behalwe dat hy een van die enigste 3 lig-gekleurde spelers in die liga is, dink ek hy was ook die beste speler op die vloer. Die pyn was ongelukkig te veel om te verduur toe sy span hulle ware kleure van ‘kan nie speel nie’, gewys het. Toe die telling baie eensydig begin raak het, het ek maar geloop. Maar nie voor ek William sien beheer vat het oor die arme skapies nie. Lyk my hy het sommer nou die afrigter geword.


Hier is die klein boetie ernstig besig om te verdedig. Ongelukig is dit nie ‘n een man sport nie, dit is wel ‘n een man poging

William kry hier ‘n kans om die telling bietjie nader te trek met ‘n ‘free-throw’



Bietjie een teen een op die man in die ander span

Oppad om te gaan kyk hoe William speel, is ek toe ook oorval deur ouens wat sê hulle soek my orals, en wil hê ek moet vir hulle speel. So nou speel ek vir Villa Bravado,wat in die toekoms nog teen William se span sal koppe stamp.


Blykbaar was ek soos William ook ‘n een man verdediging, en


Leane sê die crowd was nogal aan my kant. Hier is ek trots in my AISA klere.


Dankie seuns ek hoor graag weer van julle!! Lief vir julle.

Thursday, May 31

Vir OULAAS

Gedink die basketbal seisoen is verby? Ek ook, maar hierdie week het die Varsity span teen die onderwysers in hul jaarlikse einde-van-die-jaar wedstryd gespeel.





Hier is die manne voor die wedstryd. Ses van hulle het verlede week klaar gemaak met skool, maar kon nie wegbly vir die wedstryd nie. (William nr. 22)




Die "coach" was die skeidsregter, so daar was geen amptelik spanpraatjie tussen spel nie. Mens kon sommer sien die manne staan herderloos rond.


Die laaste keer wat ma my kan pla op die skoolbaan maar ook 'n bietjie hartseer oor die laaste wedstryd. Vir die eerste keer in 'n paar jaar wen die Varsity span die onderwysers met 68 - 32.