Monday, August 25
William se "time capsule"
Monday, August 18
Kindertyd en speelgoed
Wednesday, November 13
Oom Will is terug in die dorp
Friday, August 5
Sonskyn en skoenlappers
'n Heerlike sonskyn dag in die Kaap en met William wat nou ook saamkuier, ry ons bietjie rond en besoek Butterfly world. Alhoewel dit 'n slegte tyd van die jaar is vir die skoenlappers, gee ons dit nogsteeds 'n probeer en is glad nie spyt nie.
Oulike kennisgewings borde orals in die "tuin".
Hulle is orals rondom, bo-oor en onder mens en jy weet nie wie of wat om af te neem nie.
William gryp vinnig die kamera om die skoenlappers af te neem en daar is soveel mooi foto's geneem.
Ons spandeer ook 'n tydjie by die papies en sien hoe heelparty skoenlappers hulle eerste verskyning maak. Amazing.
Die apies sorg vir groot pret - William word "gemerk" en Nelmari gebyt toe sy hom nie wil toelaat om in haar hare te kruip nie. Monica se hare word ook beetgekry.
Hierdie groottes steur hul maar min aan die mense en le lekker onder die warm ligte.
Die spinnekoppe en slange is nie my gunsteling nie, maar ons loer darem. Die groot ou padda slaap deur al die lawaai.
Die voels is 'n groot hit en ons geniet dit om deur hulle hok te stap en verkyk ons na alles wat hulle doen.
Hierdie ou geniet die aandag en die gekrap tot groot vermaak van die kinders.
Dan so 'n draaitjie of twee deur die Paarl voor ons stop vir middagete.
Hulle bestel vir Nelmari 'n "gewilde" drinkding en dit is haar reaksie daarop. (Natuurlik gaan ek in die moeilikheid wees vir die opsit van die foto's)
Lekker in die Kaap en lekker om bietjie saam met William ook te kuier.
Monday, January 17
Saam met die kinders en die rooi karretjies
Het lanklaas weer bietjie nuus gegee maar het so 'n goeie verskoning. Is tans in die Kaap vir 'n kort paar daggies.
Ek weet ek het al oor Ferari world geskryf, maar met William se kuier het ek besluit om self bietjie saam met die kinders te gaan kyk wat daar aangaan. Ons was redelik vroeg daar, maar self toe moes mens maar in die tou staan vir kaartjies. Gelukkig niks so erg soos die toue van besienswaardighede in Europa nie. Die kinders was bietjie teleurgesteld dat die vinnigste rollercoaster ter wereld af was vir die dag, maar ons het tog besluit om wel op die ander goed te gaan ry.
Die jongklomp het ernstig elke keer die kaart bestudeer oor waarnatoe hulle wil gaan en die twee "ou" tannies het geduldig saamgestap en behalwe op een ding aan alles meegedoen!
By 'n uitstalling van ou Ferrari motors, het elkeen sy keuse van 'n motor gemaak.
Vir kleintjies is daar hope pret en motorritte en mens kon jou verkyk aan hulle gesiggies soos hulle konsentreer om die motors te bestuur.
Die windtonnel moes natuurlik ook uitgetoets word - dis hier waar jy kan voel hoe vinnig die motors om die baan jaag.
Daarna is ons ook op 'n 4D rit wat net soos die ware jakob voel. Selfs as die motor deur water jaag, voel ons die water.
Kyk net hoe hou William se oe toe :-). Nog speelplekke vir die kleintjies en die jongklomp tydens 'n rit deur 'n "ferrari enjin" kom papnat daar uit.
Daar is selfs 'n rit "deur Italie" en ons het selfs van die bakens herken waar ons verbygery het gedurende ons "toer"
Weer 'n 3D rit wat ons hierdie keer moes brille opsit en ja ons ou tannies was by.
By gebrek aan die vinnigste rollercoaster wat nie gewerk het nie, is daar darem 'n ander opsie ook en hier maak die klomp reg om resies te jaag teen die motortjies op hulle linkerkant.
Nadat ons baie gestap en gedoen het, is dit tyd om huistoe te gaan en die kinders maak al klaar plan hoe hulle "die volgende keer" se ritte sal aanpak.
Groete uit die Kaap
Sunday, December 26
Wat ‘n uitsig
Met William hier is daar altyd iets "nuuts" wat geprobeer moet word en hierdie keer was dit parasailing.
By die strand aangekom op 'n heerlike wintersoggend, moes ons hoor daar is nog nie genoeg wind om die aktiwiteit te kan doen nie. Op die foto regs onder kan julle die vlag op die vlagpaal sien - dit wapper nie eers 'n bietjie nie.
Die kinders het toe maar eers 'n bietjie op die paddleboats gaan ry. Die oefening sou wel die volgende dag gevoel word :-).
Waar anders as in die woestyn kan mens op die see paddle met 'n sandduin op die agtergrond.
Hier kan julle mooi sien hoe lyk 'n amper spieelgladde see met die dorp op die agtergrond.
En dan is daar 'n effense windjie en Nelmari en William pak die parasail aan. Die benoude gesig verander darem vinnig na 'n glimlag terwyl hulle so agter die boot hang en die dorp van bo-af beloer.
Die tou vat mens so 120 m in die lug in.
Eers wou hulle nie gaan nie, maar besluit toe wel en Elriza is net 'n klein bietjie benoud :-)
Maar dit verander gou as hulle eers in die lug is.
Van die foto's wat die kinders van bo-af geneem het - Abu Dhabi se Cornish gebied.
Geniet die laaste paar daggies van 2010!
Liefde