Sunday, May 6

Vir Ouma en Ouboet

Vir wat soos 'n ewigheid voel karring Nelmari al vir 'n haarsny. Op veertien is sy nou al reeds 'n tiener vir nege jaar en is tipies vrou nooit maar nooit met haar hare tevrede nie. Toe sy nog klein was het ek dit kort gehou want sy is maar 'n woelige een, met die belofte sodra sy self haar hare kan versorg kan sy dit laat groei. Ek het net nie kans gesien vir Franse vlegsels en allerhande style voor skool nie.
Vandat sy dit laat groei het, moet ek erken vleg, of bind of Franse vlegsel of watter andere style ookal hanteer en doen sy self. 'n Paar keer is dit effens "getrim" maar vandag moes dit gesny word. Hier is die "before" foto soos op versoek.
Ek moes die salon se deur vir julle afneem want hier is salonne nie soos ons dit by die huis ken nie. Mans word glad nie toegelaat nie. Dis hier waar die vrouens hulle abajas afhaal vir 'n haarsny en mans mag hulle tog net nie sien nie. Die glasvensters word ook so gekleur dat mens nie kan inkyk nie.
Die hope hare op die skoot begin meer word en nou tweede gedagte ... miskien net effens korter.
Nou word die hare mooi drooggeblaas.

Die eindproduk en effens korter. Nou het ek haar darem vir 'n tydjie van my rug af met die haarsny.....
William en Nelmari elk met 'n suigstokkie in die mond .....
Dankie vir ons geskenkies ouma!!!


3 comments:

Anonymous said...

Wag ook net dat ek weg is! Toemaar sussie, jy lyk mooi met die "nuwe" hare.

Anonymous said...

Dit lyk baie mooi sussie! Mar ek dog jyt dit lat sny. :) Dalk is jy mar bietjie bang vir die kort hare!! :D

Anonymous said...

It is CUT! I thik u forgot to put in ur contacts.
Nelmari