Eindelik is dit nie vir my heeltemal 'n mooi hond nie, hulle lyk te maer en ek het net die heeltyd gevoel ek wil vir hulle kos gee maar hulle is bekend vir hulle spoed en uithouvermoe. Vroeer jare het die Saluki's deur die Midde Ooste en woestyn vanaf die Sahara tot Caspian see saam met hulle eienaars gereis. Monday, August 25
Dis nie net valke nie - 3
Eindelik is dit nie vir my heeltemal 'n mooi hond nie, hulle lyk te maer en ek het net die heeltyd gevoel ek wil vir hulle kos gee maar hulle is bekend vir hulle spoed en uithouvermoe. Vroeer jare het die Saluki's deur die Midde Ooste en woestyn vanaf die Sahara tot Caspian see saam met hulle eienaars gereis. Friday, August 22
By die valke hospitaal ... naby die valke 2
Dis soort van 'n trademark vir die eienaars en almal (dis nou die valke) dra verskillende soorte. Hier is van die pasiente met hulle maskers. 'n Masker-parade. Dit help natuurlik ook om hulle oe toe te hou dat hulle nie die ander valke kan sien nie en so bly hulle uit die moeilikheid. Die dr vertel dat by die ryker sheikhs kom die veer van die eerste voel wat die valke vang in hulle hoed/maskers. En dan kry ons 'n kans om self een van die valk vas te hou. Natuurlik moet ons 'n handskoen aankry. Nelmari en die valk lyk heeltemal ok met mekaar.
Ek lyk maar ook 'n bietjie skepties en die valk wil niks van my weet nie. Ons twee sal nie 'n span maak nie dit kan ek sien.
Hierdie valk kry 'n kwarteltjie vir middagete. Julle moet net hoor hoe kraak die bene van die kwartel terwyl hulle eet.
Die teater vir die ernstige operasies. Nou hoor ek wat die rede vir die TV in die ontvangs is. Die operasies hier word direk van hieraf op die TV daar gewys. Wat fun kan dit nou wees om te kyk hoe 'n mede-valk gesny word?
Maar moet hierdie hospitaal nie vlak kyk nie want hulle het 'n goeie toegeruste labratorium waar navorsing oor verskillende siektes en kossoorte ens. gedoen word. Daar word ook studente ingeneem wat hulle prakties hier kan doen en die mense kom van regoor die wereld om hier opleiding te ontvang.
Hierdie toetse was interessant. Hulle wys hoe daar verskillende goed "gegroei" word om teenmiddels ens. te kry.
Op 'n stadium in die valke se lewe verveer hulle ... en dit vat ses maande! Hier kan hulle nog lekker rondvlieg en het allerhande plekke om te sit en kuier.
Daardie "hok" agter Nelmari is 'n aircon sitplek vir die valke. Daar is een aan die ander kant van die hok ook en die valke vlieg dan van een aircon na die ander as dit warm is.
Ons word ook toegelaat om een van die hospitaal-sale te besoek. Elke valk is in sy eie private kamer met sy hospitaalkaart en masker wat voor die deur hang.
Hierdie ou lyk asof hy homself baie jammer kry, of dalkies is dit die groen kleurskema.
Daar is ook 'n ICU kamer. En 'n herstel kamer waar die vlerke bietjie oefening kan kry.
Hierdie valkie verdien sy eie foto want sy/haar eienaar is 'n baie bekende onder die royals en hy's net Dh150 000 werd (R300 000). En toe is ons klaar met die hospitaal ... maar nog nie met die uitstappie nie ... kom loer weer.