Monday, May 14

Hier trou mens ... till debt or sms do us part

Gedog miskien sal julle bietjie wil sien en lees wat gebeur op 'n tradisionele Arabiese troue. Alhoewel die westerse invloed ook hieraan veranderinge gebring het, is daar nog paartjies wat die tradisionele manier trou. Van die tradisies word by "moderne" en ''ou" troues gebruik.Vrouens aan die musiek maak by die troue. Meeste van die tye word 'n "dowry" nog betaal om met die bruid te trou. Hierdie bedrag kan wissel van Dhs20,000 of net 'n versie uit die Quran. Na die aanvaarding van die "proposal" word 'n "Nishan" (dis nie soos in 'n Nissan motor nie) betaal. Dis gewoonlik in die vorm van juweliersware.Aan die manne se kant van die troue word daar gedans met hulle kieries. Kyk hoe word die neuse gevryf. Partykeer sommer in die straat sal twee motors stop, bestuurders uitklim en mekaar met die nuus groet tot groot konsternasie van die ander motoriste. Nou dwaal ek af want dit het niks met die troue te doen nie. Die arme voornemende bruidegom moet ook juwele, silk en parfume aan die bruid gee tydens die "Khotoubah" (verlowings) partytjie. Die partytjie word gewoonlik by die voornmende bruid se huis gehou en die huis word met liggies behang sodat mense kan sien. Ek soek nog so 'n huis dan wys ek julle, lyk my dis 'n stil tyd vir troues.

Gaste by die troue. Die vrouens dra 'n "mashakhes" oor hulle gesig. Dit steek die gesig meer weg maar hou ook die doek 'n entjie van die mond en neus weg. Ek noem dit sommer "bullbars". In die moderne tyd word daar dikwels rokke "gehuur" vir die troue alhoewel baie bruide verkies om hulle sin self te laat maak. Met Corli en Elriza se besoek in Januarie het hulle ook gaan trouerokke aanpas wat te huur is. Hier is die twee opgetof soos 'n Arabiese bruid. Hulle het ook later hulle hande laat henna.
Voor hulle troue word daar 'n "Milcha" gehou. By hierdie geleentheid word die huwelikskontrak geteken en die funksie kos amper soveel soos 'n troue. Ander uitgawes vir die troue soos uitnodigings, saal vir troue, verhoog, dekor, blomme, foto's en geskenke beloop klompe. Volgens plaaslike bronne kan 'n troue rondom Dhs200,000+ kos. Gelukkig het hulle hier iets soos 'n "Marriage fund". Die staat/regering gee vir 'n paartjie (as beide Emirati's is) 'n trougeskenk van Dhs70,000 wat darem kan help met die onkostes. Dis ook om Emirati's aan te moedig om met hulle eie nasionaliteite te trou.
Die bruid is gereed vir die troue. Tydens die plegtigheid hou die mans en vrouens apart troue in verskillende lokale en sluit die bruidegom eers baie laat in die aand by die bruid aan. Sien onder die hande wat ook gehenna is vir die troue.
En dan na al daardie moeites en onkoste keur die Sharia hof (Muslim hof) dit goed dat 'n man van sy vrou kan skei (Talaq) met sms!! Na dit sms hoef dit slegs deur die Sharia hof bevestig word met beide die man en vrou teenwoordig. Of as jy dit verkies kan jy ook skei d.m.v 'n epos of oproep. As die man erken hy het een van hierdie metodes gebruik vir 'n egskeiding sal dit deur die hof aanvaar word. En as julle dink dis maklik ....'n Moslem man kan ook sy huwelik beeindig deur drie maal vir sy vrou te sê "I divorce you''. Anderste plek hierdie is dit nie?






2 comments:

Muriel said...

Wat 'n interessante inskrywing. Ek wou al lankal meer hiervan weet!

Die neus vryf storie is nou vir jou 'n ding!!! whahahaha

Anonymous said...

Dit kan j weer sê Mr.Muriel nogals i baie interresante stukie leesstuk die....