Showing posts with label Kerk. Show all posts
Showing posts with label Kerk. Show all posts

Friday, February 27

Drie-jarige Fees!!

Drie jaar terug op 10 Februarie het 15 persone in Dubai die eerste Afrikaanse diens van die Afrikaanse Gemeente in die UAE bygewoon en vandag is daar groot verjaarsdagpartytjie gehou. Die bedieningspunte van die gemeente is Dubai, Al Ain, Abu Dhabi, Sharjah (een Afr en een Engels) en vandag trek ons in Sharjah saam.Ons moes geweet het hier kom 'n ding wat oppad stop ons by die Adnoc (soos Ultra City by die huis) vir 'n koffie en jy hoor orals net Afrikaans. Buitekant staan die motors en die mense begin al klaar oor en weer kuier voordat ons nog naby Sharjah is. Nou Sharjah is nie een van die maklikste Emirate om in te bestuur nie en wat sal ons sien toe ons die "dorp" binnery - hierdie man (wat terloops nie Afrikaans kan praat nie) met 'n bordjie wat die rigting aanwys. Hy's ene glimlag en geniet elke motor wat afdraai en vir hom waai. Kyk bietjie wat staan op die bordjie en dit in 'n Moslem land! Dit gons soos die mense bekendes raakloop. Ek kry kans om met die oulike Lotman tweeling te kuier en hulle bietjie vas te hou en loop selfs familie raak! Ronelle die foto van Monique het ongelukkig bietjie geblurrrrrrrr. Ons begin later as beplan maar dit vat 'n tydjie om al 600 mense rustig te kry. Ja kan julle glo ..... 600 Saffers by 'n kerkdiens in die UAE.



Ons begin met lofprysing en alhoewel ek nie 10% van die atmosfeer kon vasvat nie, luister net 'n bietjie hierna. (ns hierdie video lyk my wil nie oopmaak nie, sal dit weer oplaai - netwerk net soooo stadig nou)Ek's daarna betrokke by die kinders en ons het 'n wonderlike klomp kinders wat kom saam deelneem aan die versie-boeresport. Meer daaroor op die kindergroep blog later die week. 'n Mooi klompie tieners sing vir die kleintjies 'n liedjie (Nelmari in die middel). Ek sien uit daarna om hierdie klomp jongmense op ons jeugkamp later die maand te he. Terwyl die diens en speletjies aan die gang is, is daar 'n paar mense wat swoeg in die woestynsand om oor die spitbraai (daar was heelwat skape) en rooster (lekker tjops en boerewors) ogie hou. Die afdakkies en stoele van baie is al uitgepak en gereed vir die groot eet en kuier na die diens. Ek het nie foto's van die kosrye en kos geneem nie, maar kan net se dat almal se borde lekker volgelaai was en daar is 'n hond uit 'n bos of is dit 'n kameel uit 'n duin uit gekuier. Die sandmense is ook terug van hulle vakansie en lyk hulle nie uitgerus nie?

Sunday, May 25

Dankie funksie

Dis daai tyd van die jaar by ons wat altyd by die huis gedurende November gebeur. Die afsluiting van goeters en die gejaag om alles vir "oulaas" gedoen en afgehandel te kry. Die skole begin volgende week met eksamen, so alles moet nou "afsluit" en hier verlaat 80% van die westerlinge mos die land gedurende die somervakansie wat 3 maande lank is. (Baie Arabiere besoek ook kouer plekke maar hulle is nou nie deel van ons groepe nie). Gisteraand was dit die ECC kerk se dankie-se funksie vir almal wat by die kinder en familie bediening betrokke is. Hier staan Charmaine by Adriana wat van een van die Russiese lande af kom. Gewoonlik word dit by 'n hotel gehou, maar met die nuwe kerk kompleks wat halfpad klaar is, was dit lekker om die funksie daar te he en alles was soveel meer gemakliker. Hier kuier Corine met 'n ander Suid-Afrikaner. Ek moet se dat "ons" mense baie goed verteenwoordig was.
Alhoewel die kos amper alles dieselfde gelyk het (dis 'n indiese/arabiese ding) was dit baie lekker en het ons heerlik geeet en gekuier. Corine en Charmaine skep kos in .... terwyl Heleen baie diep dink oor wat sy gaan eet.
Elke persoon het vanjaar een van die kruise met blomsaadjies opgekry en kon daarna vir hulle 'n potjie met sand uitsoek om die saad in te saai. Corine hou een vas maar dit was nie haar finale keuse nie. Heleen aan die ander kant wou al voor die funksie die "koei" steel. Kan jy dit glo, 'n kerkfunksie en sy wil steel :-)! Min het sy geweet sy sal dit self kan kies. Baie in haar skik wys sy wat sy wil he. Charmaine het tussen al die potte met blommetjies ene moes kies en na 'n paar probeerslae hierdie een geneem.Als en als was dit 'n heerlike aand. Die "span" wat help met die Suid-Afrikaanse kinders sluit volgende Maandagaand af en ek sal beslis foto's plaas (spesiaal vir jou Heleen).

Monday, December 24

Internasionale Kerssangaand

Vanjaar het ons kerk, Evangelical Community Church, weer sy gebruiklike Internasionale Kerssangaand gehou. Past Cam sê dis die 18de jaar wat dit gehou word. Ek het 10 daarvan bygewoon (hy dit nie gesê nie, ek sê dit). Daar is omtrent 44 nasionaliteite in die kerk en almal wat wil kan 'n Kersliedjie in sy taal kom sing tydens die aand. Sewentien lande het deelgeneem.

Die groepie van Banduria begin die aand met 'n instrumentele item.
Korea is volgende. Hulle het hul tradisionele klere aan.

Hier sing 'n groep manne van Indonesia
Ses lande in Latyn Amerika word ook verteenwoordig

Die kerk het ook Kanadese en hier sing hulle hul liedjie
Suid-Afrika!!! Hier sing ons
'n Groep Chinese sing in hulle taal
Die land Indie word ook verteenwoordig in hulle tradisionele klere
Tussen-in sing die res van die gemeente ook Kersliedjies. Hier is van die SAfrikaners. Kyk ons het mooi hempies gedra in die vlagkleure met 'n vlaggie op.
Seker een van die gewildste Kersliedjies in ons gemeente is Come on, Ring Those Bells. Dan moet almal klokkies of sleutels lui. Annie gebruik sommer haar armband.

Die jongklomp geniet ook die liedjie
Kyk die Internasionale gemeente .... almal lui klokkies
Nou wat sal dit wees :-) .... baklei hulle oor 'n klokkie?
'n Groepie van ons Amerikaanse lede sing hulle liedjie

Die koor van die Filipyne sluit die aand se items af.

Daarna sluit ons gemeente af met die sing van Stille Nag. Nadat ons dit een keer deurgesing het, in tradisie, sing ons dit weer ....elke ou in sy moedertaal.

Saturday, December 8

Ons oefen vir die Kerssangdiens

Elke jaar hoou die ECC kerk 'n Internasionale Sangaand, waar almal 'n kans kry om Kersliedjies van sy/haar land te sing. Ek onthou baie jare terug het ons op 5 Desember aangekom en binne die eerste tien dae so 'n diens kon bywoon. Dit het vir my baie deurmekaar gevoel, maar dit was heerlik om in afrikaans saam met 'n klomp ander Suid-Afrikaners te sing.
En elke jaar sukkel ons om 'n groep bymekaar te kry om te sing want die mense gaan of huis toe of het net nie tyd om te oefen nie. Gister was ons 'n lekker klompie van 20 wat saamgesing en oefen het.
Ons gaan op die aand (19de) in Afrikaans, Zulu en Engels sing.

Hier sing ons almal lekker saam aan Blye tyding, Somerkersfees, Oh come all. en die vertaling in Zulu.



Die groep wat saam geoefen het. Ek en James is afwesig van die foto. Nog een oefening voor die groot aand ....

Sunday, October 28

Oulike kompleks

Ek het nog belowe om te vertel van die kerkkompleks in Dubai. Het nie vreeslik eerstehandse inligting oor dit nie, behalwe wat ons gesien het tydens die konferensie. Dis 'n dubbelverdieping plek met op die boonste vloer oa vier "sale" waar dienste gehou word.
Ek vermoed hierdie is die hoof "kerk" want dis ook waar die klankstelsels en goed is. Vlae van al die nasioinaliteite verteenworodig hang in die saal. Soos julle kan sien is ons vlaggie ook daar reg op die punt. Daar is ook badkamers ens op die eerste vloer en .... 'n hysbak.
Onder is daar verskeie kuierhoekies, klompe klaskamers, speelkamer vir kleintjies, kantore en ook 'n koffiewinkel.
Daar is ook 'n soort van 'n hout "verhoog" in die middel wat mens natuurlik allerhande dinge kan aabied of doen.'n Groot boek/cd winkel van die Gulf Bible Society is ook hier waar mens regtig 'n groot verskeidenheid goed kan koop.
In ons kerkgebou waar 18 verskillende kerke bymekaar kom, kan ons nogal doen met soveel spasie en klaskamers. Die nuwe aanbouings wat September 2007 sou klaar wees, is natuurlik nog nie klaar nie, maar daar word gewikkel, kyk bietjie.
Dit was die "ou" kerkkompleks waar ons gereeld Vrydae en Maandagaande vir die kindergroep bymekaar gekom het.
Hierdie nuwe veranderings is toe beplan vir die "nuwe" kerk met die regterkant se stuk heeltemal nuut met 'n nuwe "kerksaal", klaskamers, kantore ens ens. Die gedeelte aan die linkerkant sou nog so gehou word. Die koste vir die aanbouing was geskat op meer as Dhs10 miljoen. Die kerk het sover met donasies, skenkings en lenings van kerkgangers slegs 'n tekort van Dh1,167 000 wat nie te sleg is nie. Dit het beteken dat hulle geen banklening hoef uit te geneem het nie.
Met die boukostes en alles wat so vinnig styg, is daar toe besluit om sommer dadelik ook met fase 2 aan te gaan, 'n nuwe linkerkant ook. (Ek's tog so bly want dit het nie heeltemal so goed gelyk nie). Daarvoor sal die kerk dus net 'n Dh 7 iets miljoen ekstra nodig hê. Ek's nie seker of ek ooit die hele voltooide kompleks sal sien hier in Abu Dhabi nie, maar ek sien uit na die voltooiing van fase 1 en vir die gebruik van die nuwe klaskamers en goed.
Die vensters en goed word nou ingesit en hopelik binnekort. Ek sal julle beslis vertel van hoe dit binne lyk sodra ons intrek.

Sunday, May 27

Kerk hou ete

Gisteraand het ons 'n "Appreciation Dinner" van die kerk gehad. So 'n bietjie agtergrond oor ons kerk. Die klein Community Centre word weekliks deur 18 verskillende kerkgroepe gebruik.

Soos hieronder kan sien word daar taamlik baie dienste in verskillende tale hier gehou. Dis nou bo-en-behalwe die kleingroepies, orkesoefeninge, kindergroepe, ens. wat ook die kompleks gebruik. Heeltemal verstaanbaar is daar dus op 'n nuwe kerkgebou besluit.



Voor die bouery het ons Kerk sentrum soos dit gelyk.

Dit is hoe die nuwe kerk sal lyk as hy klaar is. Op die linkerkant kan julle 'n deel van die ou kerk sien.

Dis hoe hy huidiglik lyk en ondanks die bouery en gemors, word al die dienste (in nog minder spasie) gereeld gehou.
Lang storie om by die ete uit te kom ek weet. So gisteraand het sowat 180 mense van klompe nasionaliteite wat help met die "Gesinsbediening" (wat baba's, verskillende kindergroepe, volwassenes, nuwelinge, ens.) insluit 'n dankie-sê ete gehad.Orals was daar Suid-Afrikaners wat deel uitmaak van verskillende groepe. Ons mense is duidelik nie "versigtig" om betrokke te raak nie. Hier is die tafel waar van ons SA Kindergroep se mense gesit het. Sanette lyk heel "chuff" vir die foto.

Almal het lekker saamgeeet en daarna na 'n skyfie vertoning gekyk wat gewys het wat in al die groepe gebeur. Net sommer omdat hulle gevra het geen foto's nie, hier is Heleen en Sanette besig om kos in te skep. Dit was 'n lekker aand en 'n geleentheid om nog nuwe mense te ontmoet.