








Kyk hoe hang die groen dadels in die bome!
 
 En dan net sodra mens heeltemal lekkerkry oor die "plaas" en "rustige" gevoel pop moderne tegnologie ook op ... wie kan dan vandag nog sonder die skottel al is die geriewe hoe primitief?
 Die watervore wat tussen die bome loop.
Die watervore wat tussen die bome loop. Moenie laat hierdie prentjie jou bedrieg nie. As hier kraaie was het hulle gegaap!
Moenie laat hierdie prentjie jou bedrieg nie. As hier kraaie was het hulle gegaap! Van die jong boompies in die plantasie. Hulle word vasgebind totdat hulle sterk genoeg is.
 Van die jong boompies in die plantasie. Hulle word vasgebind totdat hulle sterk genoeg is. Na die Oasis vat ons die pad terug Abu Dhabi toe. Al Ain is ook bekend vir sy "round abouts" (sirkels). Hier is een wat soos 'n oase op sy eie lyk.
Na die Oasis vat ons die pad terug Abu Dhabi toe. Al Ain is ook bekend vir sy "round abouts" (sirkels). Hier is een wat soos 'n oase op sy eie lyk.  
 Die mooi rooi duine aan die anderkant van die pad met die groen palmbome is nie die prentjie wat ek altyd van 'n woestyn in my kop gehad het nie.
 Duin van nader en mens kan die 4x4 se spore sien waar baie mense teen die duine op en af jaag met hulle groot motors.
Duin van nader en mens kan die 4x4 se spore sien waar baie mense teen die duine op en af jaag met hulle groot motors. Ook langs die pad en vir my was dit sommer 'n mooi prentjie. Die groen met die duine.
Ook langs die pad en vir my was dit sommer 'n mooi prentjie. Die groen met die duine. 
 Dit lyk meer soos die woestyn veronderstel is om te lyk. Die omgewing verander elke paar 100 meter. Dan die waarskuwing - Beware of Road Surprises. Wat kan dit wees?
Dan die waarskuwing - Beware of Road Surprises. Wat kan dit wees? Mens ry en ry en ry maar niks verrassings nie. Dis soos om jou verjaarsdaggeskenk in Januarie te kry maar dit nie oop te maak voor Desember nie. Ek het sommer maar besluit die mooi tuine rondom die brue sal 'n goeie Road Surprise wees want mens verwag dit mos nie in 'n woestyn nie.
Mens ry en ry en ry maar niks verrassings nie. Dis soos om jou verjaarsdaggeskenk in Januarie te kry maar dit nie oop te maak voor Desember nie. Ek het sommer maar besluit die mooi tuine rondom die brue sal 'n goeie Road Surprise wees want mens verwag dit mos nie in 'n woestyn nie.
 En dan verlaat met die grense van Al Ain met 'n padbordjie was sê "Peace be with You".
En dan verlaat met die grense van Al Ain met 'n padbordjie was sê "Peace be with You". 
 
No comments:
Post a Comment