Tuesday, May 15

Uitvoer produk?

Ons het 'n paar ou Afrikaanse TV reekse gekoop, sommer om te hê en 'n bietjie lekker te lag oor die stories waaroor die land daaityd stilgestaan het. Die naweek het William sit en kyk na Orkney Snork Nie.

Dit op sigself is al klaar verkeerd, want die man begin Sondag met sy eindeksamen. Maar julle weet mos hoe dit gaan, hoe meer jy het om te leer, hoe meer tyd het jy vir iets anders. Toe ek by hom inloer is die inleiding net besig om te speel. Eers opgewonde oor ietsie in Afrikaans op die skerm en toe moet ek weer lees ....

Hoeveel spelfoute kry julle? En dis nou 'n produk wat versprei en verkoop word?

No comments: