Tuesday, May 8

Tieners gaan kegelbal

Gisteraand het van ons tieners bietjie gaan kegelbal speel. Die soort van ontspanning is hier baie gewild omrede dit binneshuis en uit die hitte is. As ek nou net kyk na vanoggend se temperatuur om 8 uur ... dis reeds 29 en die dag het nog nie begin nie. Hier is 'n paar bane in die dorp en almal is lekker ruim.
Die klomp besig om te reel vir skoene voordat hulle begin.
Nelmari gooi haar kegel. Kyk bietjie na die mosaik teels om die baan. Dit beeld Arabiese tonele uit.
Lyk of Louis vir Celeste bietjie raad vra voordat hy rol.
Arena se roltegniek, duidelik trap sy oor die lyn.
Maar dit werk nie en sy rol heeltemal mis. Daarvoor moet sy "push-ups" doen.
Marcel en Celeste rol. Kyk hoe mooi lyk dit aan die voorkant van die lane.
Armand, Nelmari en Arena kyk by Celeste wat die tellings is.
Elkeen van hulle besig met hulle eie ding.
Einde en betaaltyd. Die wenner van die aand ............miskien moet ek maar sê almal.




No comments: