Friday, May 25

Die ACTUAL verjaarsdag

Nou ja eintlik die dag waarna William uitgesien het. Nie net omdat dit sy verjaarsdag was nie, maar ook omdat dit sy LAASTE dag van eksamen was. Klaar met skool, klaar met eksamen en verjaarsdag!!
Opstaantyd en dit gaan maar swaar - net tot die besef van verjaarsdag en eksamen inslaan.

Geskenke oopmaak tyd....Een van die geskenke waaroor hy baie opgewonde is, is .....

Gold Class kaartjies vir Pirates of the Caribbean wat vandag afskop. Hierdie kaartjies moes lank voor die tyd al bespreek word, aangesien die hele Abu Dhabi gewag het dat die fliek moes begin draai.
James hierdie is spesiaal vir jou -sy geskenk van Selina 'n Nokia 5500 Sport. (Hy het spesiaal 'n SA 5c langs foon gesit dat jy kan sien hoe groot dit is) So besluit hy ook om met die oulike nuwe foon self die aand se foto's te neem. Die kwaliteit was nie so goed nie, so verskoon maar. (Moet bysit dat die foon se dagfoto's baie goed is)

Hier wag die man in die Gold Class sitkamer vir die fliek. Vir die van julle wat nie weet nie, die theater het net 20 Lazy Boys. Jou eet- en drinkgoed word bedien in regte eetgerei en nie papierbekers nie. Jy kan heerlik agteroor lê en kyk met die tafeltjie en eetgoed langs jou. Soos by die huis voor die TV.

Na die fliek is dit uiteet by Vasco's langs die see. Gewoonlik eet ons as familie saam, maar met pa in London en omdat dit ook Selina en William se laaste skooldag was, was dit net hulle twee en MY kar. Ek en Nelmari moes natuurlik by die huis bly sonder wiele
William in die restaurant. Hierdie keer is dit nie sy regte kuif wat so regop staan nie, maar die plant op die agtergrond.

Die fototjie spesiaal vir jou geneem in London William!! As ek dink aan die uitgawese van ons Sweet William is hierdie Sweet Williams 'n winskopie!!!

Hoop dit was 'n lekker dag seun.

































No comments: