Showing posts with label Kindergroep2. Show all posts
Showing posts with label Kindergroep2. Show all posts

Friday, February 18

Klein mensies + diere = Baie pret

Nooit te lank in die land om 'n nuwe plek te ontdek nie. Vir lankal weet ek van die nuwe kids park in die dorp, maar omdat my kindertjies al groot is, was dit nog nooit hoog op my lys nie. So verlede week toe ons 'n uitstappie vir ons kleuters moet reel, was dit tyd om te gaan kyk wat gaan daar aan en dit was 'n heerlike verrassing.

Page1

Almal behalwe twee van ons kleuters was daar en alhoewel meeste al 'n keer of wat daar was, het dit niks gedoen aan hulle geesdrif nie en selfs voor ons binne was, was dit lekker om die gesiggies en opwinding te sien.

Page2

Daar is 'n paar bosse en sakkies kos gekoop sodat hulle die diere kon voer en meeste van dit het al in die eerste ry by die apies baas gekry. Volgende keer sal ek defnitief kos hou vir die ander diere lateraan. Klein Jana was die brawe een wat toegelaat het dat hulle 'n slang om haar nek sit - kyk net daai gesiggie.... dit terwyl een van die groot mense liewers die apies dadels gevoer het, net ingeval sy ook die slang moes vashou :-).

Page3

Ek was regtig verras met al die tipe diere wat daar is - het gedink dis net plaasdiere. Die volstruis het al die kinders se kos kom eet en het vir groot pret en laggies gesorg.

Page4

Daar is klomp katsoorte en selfs 'n beer. Die wit tier het rustig aan sy ribbetjies vir ontbyt le en eet.

Page5

Die ander wit tier was duidelik klaargeeet en het bietjie gesig gewas. Omdat dit 'n kinderpark is, moet mens maar laag buk as jy van die diere wil sien en afneem. Reg voor Elriza hulle het twee leeus gele. Die bok in die regterkant trek nie gesig vir die kamera nie, hier ek ek geleer dat daar wel so 'n bokspesie is wat hulle die "Shama goat" noem en hulle kom van Syria af. Gaan google dit gerus - almal het sulke skewe gesiggies, ore wat lyk asof dit afgesny is en 'n tong wat uithang langs die bek. Dis regtig snaaks om 'n trot van hulle te sien.

DSC_0317

DSC_0283

So tussen die diere is daar hierdie mooi waterplek waar die eende en swane uithang.

DSC_0222

Die kinders kom beslis nie hiernatoe om te leer spel nie, net om met die diere te speel, want orals is daar baie snaakse woorde :-).

Page7

Nog 'n klomp diere wat die kinders vermaak en uitgeput het. EK bedoel eintlik die kinders het hulle uitgeput.

Page6

Die kinders en ons het die boomklim, sandspeel, roomys eet en interaksie met die diere verskriklik geniet. Ek sal beslis my jongste ook moet neem :-).

Lekker naweek julle!

Friday, November 27

Dis heerlike winter

Die weer begin nou mooi saamspeel en terwyl ek skryf op hierdie Vrydag Sondagoggend is dit 'n koue 22 grade wintersoggend. En winter beteken mens kan half bietjie buite begin leef. So het ons dan ook verlede week die SA kerkjeug vir 'n uitstappie na die waterpark geneem en dit was vet pret.

Page2

Op die bus was dit omtrent 'nvrolikheid en Charmaine en Corinne was meer as gewillig om vir my 'n "pose" te gee. Terwyl ons vir die kinders van die ander emirate by die hek gewag het, het ons Abu Dhabi se kinders solank ingestuur om plek te kry. Ek was nie verras om 'n paar minute later net 'n hoop handdoeke en sakke te sien sonder kinders nie. Hulle was daarop uit om my en veral die kamera vir die dag te vermy. Gelukkig het ek hulle gevang waar almal op die lazy river hop vir 'n rit deur die park.

Page4

Dankie tog vir die "Sandlanders" van Al Ain wat nie meer so klein is nie en heeltemal gewillig vir foto's was. Celandre en Celine word groter elke keer as ek hulle sien en hulle het omtrent die waterritte geniet.

Page1

Natuurlik moes Corinne ook deurloop onder die kamera en veral hierdie rit waar sy en Hermien met 'n stinkspoed afgekom het was 'n uitstekende geleentheid. Kyk bietjie hier na nog foto's van die kinders en park.

Page5

Nelmari wat glad nie afgeneem wou word nie, het lekker saam met die ander snr tieners gekuier en die mamaratzi soveel moontlik probeer vermy - nie dat dit enigsins moontlik is nie :-)! En soos gewoonlik het die park se katjies vinnig gesien waar hulle bietjie aandag en liefde kan kry.

Die dorp het groot planne vir die week .... hou hierdie spasie dop!

Lekker naweek!!

Tuesday, December 4

Kersprogram by die Afrikaanse Kerk

Mens weet die einde van die jaar is op jou as die Kersprogramme begin. Verlede Vrydag (ons Sondag hier) het die Afrikaanse kerk hulle Kerssangaand gehou en ons kindergroep was deel van die verrigtinge.

Ek en Charmaine het stukkies voorgelees en die kinders het die adventkerse van hoop, liefde, vrede en vreugde aangesteek. Ds Gert het die "diens" gedeelte gedoen en die gemeente het al die feesliedjies tussen-in gesing.

Die Abu Dhabi deel van die gemeente is nog nie so groot nie, maar getalle moet nie saak maak nie. Hier sluit ons af met Stille Nag. Altyd spesiaal om dit te sing, en meer in 'n vreemde land as mens dit in Afrikaans kan sing.

Gaan loer bietjie by

http://adkindergroep.blogspot.com/2007_11_01_archive.html

en kyk die storie van die sangdiens. (As jy op die link kliek sal jy direk by die storie uitkom.)

Saturday, July 14

Emily se eerste Kindergroep

By die tyd weet julle ons is mal oor klein Emily en dit was vir ons 'n groot vreugde dat sy vir haar "eerste" Sondagskool by ons groepie was.

Die musiek en alles is nog vreemd maar Elriza hou haar en beweeg met haar op die musiek.


Sy luister mooi.
Dis lekker om op die groot stoel te sit.
Sy het die idee van die musiek, sang en beweging!! Nelmari staan by om te help.
Handjiesklap vir 'n storie!

Friday, July 6

Ons leer van Compassion

Gereelde lesers van my joernaal sal weet dat die Kindergroepe my na aan die hart lĂȘ. Met ons aankoms in Abu Dhabi het ek die Voortrekker jeugbeweging baie gemis, nie net omdat dit ons so besig gehou het, en ons baie vriende daar gehad het nie, maar omdat dit oor Kinders gegaan het. Moet erken dat ek partykeer baie kriewelrig oor die beweging en leiers was, omdat dit oor so baie dinge gegaan het en die kinders somtyds in die proses vergeet is. MAAR my 27 jaar in die Voortrekkers het my baie geleer en met William en James wat deel was van die beweging kan ek duidelik sien waar en hoe Nelmari uitgemis het. Die voordele van wat ek en my kinders by die Voortrekkers geleer het, kan 'n paar dae se inskrywings vat. Toe ek dus in Abu Dhabi kom het ek gebrand om die beweging ook hier vir ons SA kinders aan te bied. Ongelukkig met die afstand was die ondersteuning van SA kant af nie so goed nie en natuurlik is ons skoolprogramme en vakansies heeltemal anders. Nou vertel ek 'n lang storie om by die eintlike kruks te kom. Die Kindergroep .....




Na my studies by die Bybelkollege was dit die ideale geleentheid om my liefde vir ons Hemelse Vader, my liefde vir kinders en liefde vir ons land te kombineer. Ons SA kindergroepe lag, speel, sing, leer van God en baklei in Afrikaans en dis sooooo lekker. Hier geniet van die jongmense die lofprysing!




Nelmari en Elriza besig om te sing en dans saam met ...... I'm following Jesus.


Anders as ons ander kindergroep waar ons opdeel in klein groepies volgens ouderdom, het ons nog een lessie by die nuwe een aangesien daar nog nie so baie kinders is nie. Hier is Charmaine besig met die week se lessie wat hierdie week uit Ef 4:32 gegaan het.



Ons leer hoe Jesus die mense behandel het en hoe hy "compassion" vir almal gehad en gewys het. Ons moet mense teken vir wie ons hierdie week "compassion" gaan wys. Aan die begin gaan dit stadig om mense vir wie ons kwaad is en wie ons somtyds terg by die skool te teken en te "commit" dat ons hierdie week "compassionate" teenoor hulle sal wees.
Teen die einde van die les en aktiwiteit is hierdie groepie se bord vol mense! Dink net wat 'n wonderlike week sal dit wees as ons doen wat ons vandag belowe het!

Friday, June 29

Ons verf 'n storm los

Dis weer tyd om 'n bietjie van ons nuutste Kindergroep te vertel. Ons kry nog gereeld elke week 'n nuwe kind of twee by wat die Kinderkerk kom bywoon. Alhoewel dit nou 'n stil tyd is en baie van die mense huistoe gaan vir vakansie, is ons bywoning goed en ons begin reeds uitsien na September wanneer ons amptelik die jaar kan begin.



Hier is van die kinders besig met lofprysing. Nelmari is ver regs en langs haar Elriza.



Na die sang kry Elriza beurt om die "kerk" te hou. Sy swot vir pastoor en dis haar eerste ondervinding van 'n woelige kinderkerk.

Ons leer dat Jesus die storms stilmaak en 'n groot skare met 2 vissies en 5 brode gevoed het. Hier is Christiaan besig om 'n storm te verf.


Hierdie storm word mooi beplan en uitgewerk

Hierdie mannetjie het 'n storm losgeverf ... op die papier, die vloer en klere
Dis lekker om so met die verf te mors. 'n Groot brander in wording
Hierdie man het 'n boot geverf en die papier in die helfde gedeel, hy gaan nie sy storm deel nie.



Nelmari mors net so lekker saam


Hierdie meisie het met die see begin en op haar romp geeindig. Ons moes haar heeltemal afwas in die badkamer voor sy huis toe is.
Ons lessie, sang en kos is altyd deel van die tema. Hier gee Elriza vir elkeen ons eetgoed van die dag. 5 klein kaasbroodjies met 2 beskuitjie vissies.


Thursday, June 14

Kindergroep - We following Jesus...



Verlede week het die lessie gegaan oor - I will follow Jesus. Na ons sang en lessies het die kinders die geleentheid gekry om hulle naam op 'n plakkaat te skryf en te verklaar dat hulle Jesus elke dag sal volg.



Hier skryf Chaney haar naam!

Ruan trek sy skoene uit, gereed om te volg.





Ongelukkig kon ek nie foto's neem van die stap self nie want ek moes voete in verf doop en daarna die voete gewas kry voordat die vloer voor spore is. Hier is een van die seuns se voetspore.
Marcelle se voetmerke


Daarna is die voete skoon gewas. Hier is Marcelle besig.

Friday, June 8

Die groepe update

My weeklikse "verslag" van die kindergroep. Ons het nog nuwe maatjies bygekry! Ons is baie dankbaar daarvoor en weet dat daar nog baie SA kindertjies is wat ons kan betrek. Hier is die byeenkoms met foto's....



Ons luister na die storie om gehoorsaam te wees.
.
Lou-Marie wys en vertel van die Heilige Gees terwyl Chane en Emma luister Ons hoor hoe die dissipels in die boot gehoorsaam was en toe baie vis gevang het. Ons vang ook ""goeie" en "slegte" vissies.
Nog outjies vang vissies en lees wat ons reg en/of verkeerd doen.
Emma vang 'n vissie terwyl Gerhard die kaartjie lees.
Daarna werk ons aan ons prentjies ... die seuns eenkant .....

En die meisies aan die anderkant.
Ons sluit af met Carry the Light
Die manne sing saam


Hier is 'n paar "goue" oomblikke van die vrouegroep.


Nee dit het niks met godsdiens te doen nie, dis vir Emily dat Charmaine die kopversiering het.

Marina, Toekie en Emily kuier saam.

Wat sal die foto's sonder Helene en Vanessa wees .. dis les lyk nie te ernstig.