Showing posts with label Vrouegroep. Show all posts
Showing posts with label Vrouegroep. Show all posts

Monday, July 12

Baie lag en pret

En steeds is ons op die groet tema. Gisteraand het ons afskeid geneem van een van ons "ou" vrouegroep lede wat eersdaags die dorp gaan verlaat. Dit voel nog soos nou die dag wat ons Amelia die dorp gaan rondwys het. Baie bybelstudies oor baie jare saam maak die groet vir ons groepie nog moeiliker. Gelukkig is daar partykeer 'n doel met al die fotonemery en kon ons vir Amelia al die jare op foto's saamvat.

DSC_0014

Nelmari het hard gewerk om die foto-scrapboek vir ons te maak - iets wat vertel van al die lief en leed saam as 'n groep.

Page1

Daar is van elke vrou 'n blad gemaak van ietsies wat ons gedoen of gemaak het gedurende die jare. Nelmari was baie oulik en het elke vrou se blad ietsie van haar persoonlikheid en/of liefde uitgebeeld.

Page2

Dit blad was ook in elkeen se gunsteling kleur met hulle naam op en 'n persoonlike boodskappie van elkeen.

DSC_0032

Amelia maak haar geskenk oop en kyk na die foto's.

Page3

Toe word daar gekuier en geeet dat die biesies bewe.

Page5

Waar die klomp bymekaar kom gaan dit altyd gepaard met lekker lag en partymense kon nie eers die nagereg vashou soos hulle lag nie.

DSC_0054

Amelia alles wat ons wou se is in die boek, maar verseker gaan ons jou insette, "wyshede", gesegdes en stoutigheid baie mis. Jou stoel gaan leeg wees.

Liefde

ns Corine ons het jou gemis, sal moet gaan koffiedrink.

Friday, October 2

Ons jaar is lekker besig

In hierdie woestynland begin die "nuwe" akademiese jaar mos in September, en vanjaar was dit selfs later met die Ramadan vieringe, maar toe dit verby is, het alles met 'n groot "bang" begin. Daar uit die Langkloof vra Riana so 'n tydjie terug wat het gebeur met ons poppekas, so hier is 'n kort update van die aktiwiteite waarmee ek myself die laaste tyd besig gehou het. Nadat ons orals in die land gegaan het om vir die kinders 'n poppekas te doen het die kerk in September 'n gesamentlike diens gehad waar 'n ds Elsa gepreek het.
Page1

Ons kinders het toe bymekaar gekom vir 'n groot poppekas aanbieding. Die gesiggies terwyl Flatman & Bobbin gepraat het, was iets om te aanskou.

Page2

Dis ongelooflik hoe vinnig die jonger kinders met hierdie poppe gebond het. Hulle het kom groet asof dit 'n spesiale maatjie is wat hulle lank laas gesien het - daar was drukkies en koppe vryf.
Page1

Hierdie klomp het nie gepoppekas nie, maar ons vrouegroep het alweer gaan uiteet omdat sommer 3 van ons groeplede in September verjaar het. Nodeloos om te se dat ek ernstig moes sukkel om hulle te beheer. Die lang beloofde foto's Vanessa. Elke keer as ek een afneem het hulle vir my iets teruggese. Ek het 'n spesiale prys hier uit die land van die sand as iemand kan raai wat hulle terwyl hulle groot smile vir my se :-).


Page3

En dan is dit fototyd met die Marina Mall op die agtergrond. Lyk hulle nie goed "afgerig" vir die foto's nie? Behalwe natuurlik die een wat die boom wil klim. Sal nie jou naam se nie Heleen. Annie jou "pose" gaan ver ne? Links onder is twee van ons verjaarsdagmaats terwyl die derde een besig is om in 'n land te toer wie se naam ons nie in hierdie land mag se nie. Intussen het ons groepe met ons lesse begin, dis nou die kinders en vrouens.
Page3

En hierdie naweek was daar weer 'n gaspredikant en het almal in Dubai bymekaar gekom - en weer was Flatman & Bobbin daar met 'n lessie wat hierdie keer oa gegaan het oor 'n donut dief. Ons groep was 30% meer as die vorige keer en die kinders begin nou vreeslik goed reageer op die poppe en hul lesse.

Page4

Natuurlik om by die les te pas het ons lekker donuts geeet, kyk net hoe geniet van die kinders dit.
Page5

Die poppekas is ge-high-5 en gedruk en noudat die band tussen die kinders, is die interaksie tussen die poppe en die kinders tydens die lessies iets baie besonders. Groot pret en oor 2 weke doen ons dit weer.

Geniet julle naweek!


Friday, September 4

Ons breek die vas

Julle weet mos nou dat die grootste gross van die land waar ons tydelik bly gedurende Ramadan vas en min slaap. Behalwe dat dit 'n groot effek het op hulle denk- en bestuursvermoe is dit ook 'n groot rede om na die son gesak het hulle self te ooreet.

Page1

Meeste van die restaurante, nadat hulle heeldag moes toewees, het dan ook spesiale Iftar etes. Iftar is wanneer die mense bymekaar kom om hulle vas te breek. Tradisioneel is water en dadels gebruik, maar soos alles het dit ook handuitgeruk en is daar nou allerhande tradisionele iftar kosse. Baie restaurante buit dit uit met 'n hengse prys vir "die" ete.

1

Na 'n lang tydjie van vakansie hou, het ons vroue van die omgeegroep eintlik bymekaar gekom om ons "groep-vas" te breek en saam Iftar te hou. Tussen al die praat en opvang kon ons ampertjies nie besluit wat om te eet nie.

2

Dis moeilik vir Amelia om te kies watter prentjie sy nou eintlik wil eet.

3

Dan kry ek darem die klomp opgestel vir 'n foto met 'n regte "Annie-pose". Is hulle nie oulik nie? :-)

4

Die tafel is propvol gepak en nog steeds word daar vakansie stories uitgeruil en nuwe vakansies bespreek. Oberammergau toer vir die groep in 2010 word sterk bespreek!

5

Was baie lekker om almal weer te sien en ons het nog baie praat om in te haal!

Lekker naweek almal!

Sunday, March 15

Doodse stilte om die scraptafel

Ek het al baie kon vertel van ons vroue studiegroep se lekker kuier en pret rondom die scraptafel en hierdie keer was dit 'n stil kuier en pret. Ons scrap onderwerp "Freedom in Christ" en terwyl elkeen van ons dit probeer uitbeeld met ons papier en in ons kop, kan mens aanvoel hoe die onderwerp elkeen van ons raak. So is ons prente dan ook heeltemal uiteenlopend want elkeen van ons ervaar of het ons vryheid in Hom anders ervaar.

Die wonderlikste van alles is, ons is VRY! Dankie Vader dat U ons vrygemaak het van ons sonde!

Vanaand scrap ons die tema God's World.

Sunday, November 23

Ons scrap les 3

Na ons les oor "Home" is dit tyd om te scrap wat ons in die les geleer het en vanaand is heelwat van die vrouens, omdat 'n besige werksprogram, voorbereid met 'n plan A. Dit beteken dat niemand haastig is om te begin nie en daar word rustig tee gedrink terwyl almal na hulle kaal bladsye staar. Wat so besonders is van hierdie studie is dat twaalf van ons dieselfde les kan doen en elkeen se scrapblad anders en uniek is. Selfs in ons "voorbereiding" en "tegnieke" verskil ons baie, kyk net hier .... Ons het die wat hard dink en staar in die verte opsoek na inspirasie. Een wat in haar sak sal krap opsoek na nog goedjies ... Partymense kom agter dat helfde van plan A by die huis is en nou word daar gewerk aan plan B. Ons het ook 'n spoeg en plak een .... Een wat in haar georganiseerde goed krap en glo in beplan en gaan volgens instink. En natuurlik een wat nie weet wat om te doen nie en liewers foto's neem as sy nie haar GROOT foute uitvee nie. En selfs as die inspirasie hulle beetpak werk elkeen op sy eie unieke manier. Ons het die wat met hulle self praat en nogal met die vinger vir niemand spesifiek beduie nie. En die wat met hulle tong konsentreer. Een wat 'n storie het agter elke foto wat sy gebruik. En ook een wat streng volgens haar beplanning gaan. 'n Klomp spesiale en unieke persone wat elkeen uit die les uitneem en 'n spesiale en unieke scrapblad maak. (Tydens die foto sessie was almal s'n nog nie klaar nie en het ek ook nog nie al ons internet groeplede s'n ontvang nie)
Hier is die bladsye ....Prent 1a Prent 1b Prent 2 Prent 3 Prent 4 Prent 5a Prent 5b Prent 6 Prent 7
Thank you, Lord, that you have not left me to flounder in the dark. You have given me all the direction I need, if only I will humble myself and go to your Word for the answers. Help me not only read and study the truths you have laid out, but also to incorporate them into every aspect of my daily life. Amen (van ons Studieboek God's Good Gifts)

Monday, November 10

Scrapstudie bl 2 en die vrouens raak al hoe beter

Ons almal het uitgesien na die tweede les se scrap en daar was selfs meer selfvertroue rondom die tafel. Na ons "teorie" les was dit amazing om te sien hoe ons almal se prentjie rondom wat is "kerk" verander het. Nie negatief nie ... maar daar is wegbeweeg van die kerk as 'n gebou, meer na onsself toe.


"Without wavering, let us hold rightley to the hope

we say we have, for God can be trusted to keep His

promise. Think of ways to encourage one another

to outbursts of love and good deeds. And let us not

neglect our meeting together, as some people do,

but encourage and warn each other, especially now

that the day of His coming back again is drawing near"

(Heb 10:23-25)


Natuurlik was daar weer hope lag en pret terwyl ons aan ons blad gewerk het. Nelmari het met vooraf beplanning gekom en wou haar doodlag oor ons wat nog moet besluit hoe en waar. Maar as die idee eers in mens se kop kom, dan word daar geknip, "gezot" en met jou self gepraat dat die palmbome bewe. Hier is dan van die voltooide blaaie met nog hier en daar 'n afronding wat gedoen moet word....
Prent 1
Prent 2
Prent 3


Prent 4 a


Prent 4 b

Prent 5
Prent 6
Prent 7
Prent 8a
Prent 8b


Nie sleg vir nuwe scrappers nie ne? Iemand braaf genoeg om te raai wie se prentjie is wie s'n? Dis prente van my, Charmaine, Amelia, Muriel, Vicky, Nelmari, Vanessa en Elize.

Volgende keer is ons tema "Home" en ons sien sommer baie daarna uit!