Dit voel regtig soos nou die dag dat ons nog vir klein Emily probeer melkies gee het. Die klein meisie het 'n baie sterk wil van haar eie gehad en wou slegs haar mamma se melk he en ons kon regtig op ons kop staan aan die begin sy het net geweier.

Nou is dit vier jaartjies later en ons hou partytjie. Alhoewel sy nou makliker van ons kos vat :-), is sy nog steeds 'n klein meisietjie met 'n baie sterk wil en persoonlikheid van haar eie. Nelmari kry dit reg om haar te laat lag vir die tannie met die alewige ou kamera.

Dis speletjiestyd en die maats is baie geintereseerd in wat Marina vir hulle gaan laat speel. Kyk net hoe groot het ons "ander" kleinkind Jennifer ook geword.

Nelmari en Elriza bestudeer ernstig die gesigverf voordat hulle op die klein dogtertjies se gesiggies begin teken.

Dan is dit weer speletjies tyd en nou is die verjaarsdagmeisie al hartlik moeg van alles. Wys net mens moes 'n bietjie gerus het toe mamma gese het jy moet. Ons groot meisies, Nelmari en Elriza wys en speel ook saam.

Siende dat mamma 'n Saffer is en pappa van Mexico is dit belangrik dat 'n paar mexikaanse tradisies ook gevolg word en hier is die kinders besig om 'n "pinata" te slaan vir lekkergoed terwyl van die Mexikaanse gaste 'n tradisionele liedjie sing.

En dan eintlik is die lekkers orals oor die vloer en almal gryp handevol. Selfs Elriza tel op :-).

Die verjaarsdagmeisie en haar maatjies blaas ook seepballe.

Dan is dit tyd vir die verjaarsdagkoek en kersiesblaas. Nelmari se pienk en pers prinses koets het toe baie mooi uitgekom. En natuurlik was daar interessante Mexikaanse en Suid-Afrikaanse eetgoed.

Klein Dante het alles met 'n baie vrolike gesiggie dopgehou en ek's seker hy het gedink hoe hy gaan koek eet op sy eerste verjaarsdag nog 'n klomp maande ver.

Daarna 'n die verjaarsdagmaatjies cupcakes wat Nelmari gebak het versier en dit was 'n lekker soet gemors.

Vir oulaas 'n glimlag vir die kamera saam met Nelmari. Ons wens jou 'n wonderlike jaar toe klein Emily, ons is baie lief vir jou.
Lekker naweek julle almal
