Tuesday, May 1

Eddie se "werktrip" in Suid-Afrika

Terwyl die meeste mense (99%) hier in Abu Dhabi onder die indruk verkeer dat Eddie op 'n werktrip in SA is, het ek foto's ontvang wat die teendeel bewys.
Hier kuier hy saam met Oom Jan & Tannie Nell van Onrus en Ouma Bokkie van die Paarl by 'n restaurant Moltenos in Onrus. Dit was eers die Posthouse genoem, synde die ou Poskantoor maar is nou na die straatnaam vernoem. Tradisionele Sondagetes kan nog daar teen 'n billike prys geniet word.'n Braai op die Strandhuis se dek saam met Oom Jan, en Schalk & Michelle vd Merwe van Kaapstad.

Die manne besig om boontjiesop te eet, dis seker koud. Dis nogal nie iets wat Eddie hier in Abu Dhabi sal kry om te eet nie en beslis nie op 'n werkstrip nie.

Dan word daar in die besige program "tyd" gemaak vir''n wynproe by Hermanuspietersfontein kelders.

En nou mense, vertel hy my dat hulle nie al die werk op hierdie trip kon afhandel nie, en dat hy weer moet teruggaan oor twee weke.... Het ek al genoem dat hy by 'n nice maatskappy werk??

No comments: