Monday, May 7

Van WOESTYN na OASIS - deel 1

Die naweek 'n trippie na Al Ain toe aangepak om eerstens 'n vriendin se nuwe wiele uit te toets en tweedens om vir ou Abu Dhabi vriende te gaan kuier (wat toe self in Abu Dhabi kuier). Die kinders wou nie saamry nie en toe ons die hitte begin vang, alhoewel dit net 43 was het ek besef hulle was eintlik slim. Ek het oor 'n honderd foto's geneem en julle moet net weet dis 'n hengse prestasie om die foto's na net hierdie bietjie te verminder het, want elkeen vertel eintlik 'n storie. Kom kyk saam na hierdie pragtige dorpie.
Die pad Al Ain toe (wat eintlik nog deel is van Abu Dhabi) is 'n gerieflike 6-baan met nie teveel verkeer nie. Die woestyn lê reg langs die pad, maar daar is ook begin om dit groen te maak, julle sal op die foto's sien. Al Ain se duine is nie wit soos Abu Dhabi s'n nie, maar rooi sand.
Ons eerste stoppunt is die berg Jebel Hafit. Hierdie is die enigste berg in Abu Dhabi. Op die foto kan julle sien hoe lekker warm is dit buite. Die berg is nie uit fokus nie (sien die bome op die voorgrond), dis deinserig van die hitte. Op die berg is daar 'n hotel waarnatoe ons oppad is vir 'n koel lafenis.
Snaakse vorm wat die berg het ne.
Die pad na die kruin is 13 km lank en kronkel al tussen die snaakse vorms deur. Daar is baie grotte en argeoloee is gereeld hier besig met opgrawings.
Halfpad op en ons kyk af na die voet van die berg wat hulle'n "groen" park gemaak het. Sal julle net-nou die prentjies wys.
So halfpad op is daar 'n hotel wat in sulke hitte heerlike ystee bedien.
Ek het nou nie uitgestap om die foto te neem nie. In hierdie hitte sal dit baie dom wees, maar deur die venter kan julle sien dat reg bo-op daardie berg is die mooiste groen oase rondom die swembad geskep. 'n Paar brawe kindertjies het geswem.
Hier 'n stukkie van die speelterrein met die bleek berg op die agtergrond.
En dan aan die anderkant van die swembad kan mens weer die woestyn onder sien.
Vanaf die hotelparkeerarea kan mens die paleis sien wat nog hoer teen die berg op gebou is.
Hierdie water lyk so lekker in die hitte, maar as mens dit voel is dit ook al kookpunt van die son.

Hier is die hotel van nader geneem.
Nog nader en dit lyk amper asof daar niks aangaan nie.

Aan die anderkant kan mens mooi die aanbouings en uitkyktorings sien. Kyk ook na die "grasperk" wat teen die berg is.Reg bo en 1340 meter bokant seevlak. Hier is 'n klein winkel/restaurant wat goed ondersteun is. Dit was te deinserig maar van bo-af kyk mens af op baie niks. Net sand, sand en nogmals sand. Nie verniet dat die naam van die deel "Empty quarters" genoem word nie. Die pad Saudi toe loop hierlangs.
Oppad terug sien ons dat daar nog nuwe aanbouings by die paleis aan die gang is.
Aan die voet van die berg is die "Green Mubazzarah" waarop ons netnou afgekyk het. Op die agtergrond die berge en aangeplante bome.
Met die waterfontein wat hoog spuit en die bome moet mens jou half heeltyd daaraan herinner dat dit in die woestyn is.
Die berge word beplant met 'n soort van vetplant en dit lyk soos grasperke! Orals is sproeiers besig om nat te spuit. Dit is verskriklik mooi!
Kyk na hierdie prentjie en onthou dis berg en woestyn. Vakansie chalets is hier gebou met klein swembaddens met warm water uit die oorspronklik fontein. Dis 'n baie gewilde kuier, kamp en piekniek plek onder die locals.
Die oorspronklike fontein se water kom baie sterk deur en vandag is dit kookend. Ek deel die ander foto's van die res van die trip binnekort.











No comments: