Wednesday, May 2

Abu Dhabi besoek Suid-Afrika

Soos berig deur my korrespondent tans in Suid-Afrika met die nodige veranderinge deur my.

Vir enige persoon is 'n besoek aan Suid-Afrika gewoonlik 'n belewenis, so 'n groep Emirate met 'n privaat toergids kan enigiets oplewer. Hulle avontuur begin die Sondagoggend met 'n besoek aan die Hartebeespoortdam. By die Afrika mark word daar ernstig met die oe gekoop totdat 'n Zoeloe musiekgroep verbystap ... Die versoeking is te groot en word daar toe eers saam dromgespeel. Dit is iets wat die Emeratis en Zoeloes in gemeen het, tromspeel en ritme in hulle hande. (Selfs tydens groot sportwedstryde by die skool, word die trom gespeel en dit sorg vir 'n lekker ritme en atmosfeer)


Na 'n draai deur die Magaliesberg is die volgende stopplek die Krugersdorpse Leeupark. Dit moet nou nie verwar word met die Krugersdorpse Wildtuin waar die eienaar 'n week terug deur sy eie trop leeus verskeer is nie. Die besoekers is maar versigtig en terwyl deur die park gery word bly die vensters net 'n klein skrefie oop want vir leeukos sien hulle nie kans nie. Groot opwinding toe ons met voertyd in die leeukampe is en daar word foto's geneem al is hulle baie versigtig.



Die besoek aan die welpiekamp verloop goed en die manne kom darem naby die kleintjies. (Hulle lyk darem anders sonder hulle rokke)


Die aand se eet langs die Centurion Meer het ook sy eie uitdaging. Ek moes twee of drie maal die kelners oppad na die tafel onderskep om seker te maak dat die bv. die spek uit die slaai verwyder word of om seker te maak dat dit wat bestel is nie deur 'n oneetbare ding (binne die Moslem geloof) besoedel word nie. Harde werk om toergids te speel.

No comments: