Saturday, May 5

Ons kinders perform....

By die tyd weet julle al dat ek erg is oor ons dansers by die Kindergroep is. Gister het ons bietjie rondgery in die dorp en daarvan vertel ek oor die volgende dag of twee, en gisteraand moes die meisies by die nuutgestigte Afrikaanse Kerk gaan sing en dans. Na die gejaag om betyds daar te wees na die dag se uitstappie was ek maar taamlik warm toe ons eindelik daar opdaag. Moet sê dat die bekommernis van "hot flashes" daar was gedurende die diens toe die sweet my letterlik afgeloop het. Verligting GROOT!!! toe ek sien ander suffer net so en dis eintlik die A/C's wat nie so goed werk nie.

Ons meisies het gedurende die week vir een oefening gekom, so saam met die kitaarlesse en ons was effens tevrede na die halfuur van sing en dans.

Julle weet mos met kinders kan mens hulle alles wys en alles leer en alles sê maar wanneer hulle eers daarvoor staan, kan ons net toekyk, want dis wanneer hulle in elk geval doen wat hulle wil.

Maar as julle kyk na die foto, sal julle sien dat dit in elk geval nie saak maak nie, want die dogters is besig om hulle self te geniet.

Dominque het haar eie dans gehad vanaand. Die lekker van alles is, is dat die ouers ongeag van wat ons kinders daar voor doen, dink en weet dat my kind baie oulik is en dat ek vir haar baie lief is. (dis nou hulle kinders want myne is km te lank en groot om saam met hulle deel te neem)
Leana vat so effens 'n breuk net om te sien wat die groter dogters doen. Sy is al deel van ons groepie vandag sy drie is en geniet die saamsing en dans. Die ander dogters is almal 8 & 9 jaar oud. (Die happe uit die foto's is die tannie wat voor die kamera gesit het, mens kan nou nie juis in die kerk opstaan en foto's neem nie)
Die Afrikaanse kerkdiens word by die Gholfbaan buite die dorp gehou en is so twee/drie maande terug in Abu Dhabi begin. Die rede vir ons kinders se omtrede was om te "adverteer" dat ons Musiek Kinderbediening ook vanaf volgende week by die Afrikaanse Kerk gaan begin!

Ons is opgewonde oor die geleentheid. Bid vir ons!!!

No comments: