Saturday, May 12

Van bloedige hitte na ysige koue

Met die hitte van die Super 14 rugbystryd en die kwik wat lekker hoog in die rooi is hier op ons dorpie het die kinders hulle gewend na die ysskaatsbaan om bietjie koud te kry. Die foto's is deur hulle self geneem.
Nelmari maak gereed om haar skaatse aan te trek.
Dan is Nelmari op die baan. So 8 jaar terug het sy hier leer skaats deur 'n plastiekstoel op die baan rond te stoot.
Arena lyk maar baie versigtig op die baan.

Nelmari kom handjie gee, maar aan Arena se gesig kan jy sien iets gaan gebeur ....
En daar het jy dit ....heerlik plat op die ys besig om 'af te koel'.
William besluit dis beter om haar liewers op die stoel rond te stoot.
Die man se voete kan dit ook nie hou nie, en hy eindig met 'n paar blase op.




2 comments:

Anonymous said...

Lyk my die kinders van my kan ook alles doen! Hop, skip, jump en skaats!

Anonymous said...

Dis al amper weer tyd hier dat ons die ys kan sien sonder om te gaan skaats!! Mar ek bly mar liewers binne voor my heatertjie!!! Ek sukkel dan kla om op te staan wat nou van buite toe gaan