Wednesday, May 16

Die wêreld se DUURSTE nommerplaat

Verlede Saterdag het meer as 700 mense by die Emirates Palace Hotel bymekaar gekom om op 41 nommerplate in nr. 5 reeks te bie ten bate van liefdadigheid.
Die goedkoopste nommerplaat - nr. 99599 het vir Dhs102,000 (R192,000) en die nr 55555 het vir Dhs2 miljoen (R3.7 miljoen) verkoop.

Die nr 5 het daarna die wêreldse duurste nommerplaat geword toe 'n Arabiese besigheidsman se aanbod van Dhs25.2 miljoen (R49 miljoen) aanvaar is. Hy het ook die nr 55 vir Dhs6.5 miljoen en nr 45 vir Dhs5 miljoen gekoop. Die bedrag ingevorder vir liefdadigheid was Dhs100,000 miljoen (R188,000 mijoen).


Hier word die nommerplaat aan die nuwe eienaar oorhandig. Ek weet nie eintlik wat om hiervan te dink nie, wat sê julle? Wil graag van julle ouens hoor wat gereeld die joernaal lees, en nie net die mense wat ek ken nie.

No comments: