


Die laaste keer wat ma my kan pla op die skoolbaan maar ook 'n bietjie hartseer oor die laaste wedstryd. Vir die eerste keer in 'n paar jaar wen die Varsity span die onderwysers met 68 - 32.
Die getalle is nog maar klein, maar ons leer, speel, sing en dans reeds lekker saam en dit in Afrikaans!!
Klein Emily is nou nie 'n "groep" nie, maar sy het so tussen die groepe en voorbereiding ook kom kuier vir die dag. Oppad mall toe en sy gebruik Nelmari se foon om haar ma te laat weet.
Die twee geniet die liggies by Ikea en natuurlik wil die juffrou nie in die stootkarretjie sit nie, sy wil op Nelmari se arms wees.
Terug by die huis en die nuwe speelgoed moet inmekaar gesit word. Terwyl Nelmari dit doen, gooi Emily solank die blokkies rond.
Orals waar jy kyk is "lapwinkels"
Mens kies nie net die winkel nie ...dis 'n hele proses. Jy gaan by elkeen in. Dis iemand soos Annie en Gwen se droom dink ek, lappe van elke vorm, tekstuur en patroon. Omdat ek nie 'n snuffellaar in 'n winkel is nie, ek koop klere wat my oog dadelik vang en drentel nie rond vir iets wat iewers wegkruip nie ... is hierdie winkels ook 'n nagmerrie. Stap jy in een is dit die prentjie wat jy sien.
Rakke vol allerhande kleure en patrone
Hoe op deesaarde gaan iets my ook so vang? En sien jy wel iets, gryp die winkeleienaar die lap, gooi hom voor jou oop en sê same-same terwyl hy nog klompe ander met dieselfde patroon maar verskillende kleur ook oopgou. My eerste instink is om vir die ou te sê is "onthou jy moet dit alles self bêre"
Mens kibbel ook nie oor die prys nie want soos dit is, is dit spot goedkoop. Dhs5 vir 'n jaart!! Ek's nie snaaks nie, maar hierdie ouens is soos kraaie en mal oor blinkgoed en GROOT blomme so lap na lap na lap wat voor jy oopgegooi word is so helder dat mens partykeer met sonbrille moet shop. Hierbo is nog 'n winkel met klompe voorraad. Maar dis nie die einde nie, want wanneer en indien jy eintlik jou stuk lap het, lê die volgende probleem voor - watter taylor?
Ek gaan nie eers begin vertel hoe mens nie 'n patroon gebruik nie, maar net 'n voorbeeld saambring en hulle maak dit daarvolgens en vir baie goedkoop.
Naskrif - ek het toe glad nie 'n lap gekry wat my oog gevang het of met my gepraat het nie en nou lê daar nog 7 dae voor ... en dis te min vir die taylor wat nou baie besig is met al die "prom" rokke - so krises. Ai tog, hoekom kon ek nie maar 'n -0 gewees het nie.
Hier wag die man in die Gold Class sitkamer vir die fliek. Vir die van julle wat nie weet nie, die theater het net 20 Lazy Boys. Jou eet- en drinkgoed word bedien in regte eetgerei en nie papierbekers nie. Jy kan heerlik agteroor lê en kyk met die tafeltjie en eetgoed langs jou. Soos by die huis voor die TV.
Die fototjie spesiaal vir jou geneem in London William!! As ek dink aan die uitgawese van ons Sweet William is hierdie Sweet Williams 'n winskopie!!!
Hoop dit was 'n lekker dag seun.
Mens is veronderstel om te weet wat met die rekening aangaan.
Nou moet ons stil en baie rustig raak want saam met die krag is die "a/c's" ook af en mens voel die hitte sommer onmiddelik opstoot. Vyfuur en 'n uur later, "William, bel asb die mense en hoor of hier 'n probleem in ons area is vra ek". Ek moet net hier noem dat sulke goed eintlik ALTYD gebeur as Eddie nie hier is nie, hy het juis vir 'n dag of drie London toe gevlieg vir werk. Ja, sê die gawe Arabier daar is 'n probleem in Muroor area maar dis binne 'n uur aan. Ok, so net 'n uur van stil wees en probeer dat die hitte nie oplet ons is binne die huis nie.
Die wêreld se lekkerste hamburger sê hulle.
Nelmari probeer dit uit.
'n Uur en 'n half later is ons terug en die huis is heerlik ..... vuurwarm. Weer bel ons en hierdie keer belowe die vriendelike Arabier dit sal defnitief teen agtuur aan wees. Ten minste het ons nou geeet. Die Voortrekker wees skop in en ons moet gereed maak vir donker word, so kry die kerse en vuurhoutjies. Maar o wee, vuurhoutjies is hier soos 'n vark in die UAE, onverkrygbaar. Iemand het darem iewers by 'n hotel 'n houertjie gekry so dit word op bystand gesit. Net so voor skemer is die kerse aangesteek en orals brand gegeurde kerse, maar dit maak nie regtig lig nie. Ek sit myself met 'n handwaaier en koel waai en tot die kat druk voor my in om 'n bietjie wind te kry. Nelmari kerm "ek gaan nooit kan slaap vanaand nie" en William wat more eindeksamen Spaans skryf sukkel om by die swaklig te sien wat in die boek aangaan. Ek gaan nie sê hy moes al geleer het nie.
Agtuur kom en gaan en ons drie bondel op die dubbelbed voor die laptop (wat se battery gelukkig vol is) en kyk 'n fliek om die tyd vinnig te laat verbygaan. Tussenin waai William my met die waaier want hy "suck-up" soos hy dit noem - sy verjaarsdag lê voor en hy het 'n spesiale geskenk in gedagte. Na die fliek is ons almal doodmoeg van die hitte en kruip maar in ons warmwatersakke in.
Ten minste kan julle die kerslig sien.
Eintlik!!!!! Net na elfuur, skrik ek wakker met lawaai wat soos oordeelsdag klink. Dis ligte en musiek en mense wat praat orals om my ... ons krag is aan!!!! Natuurlik het die kinders al die ligte aangesit en nou lyk die drie vloere soos 'n verligte kersboom en elke TV is aan en op 'n verskillende stasie. Maar die saligste van alles is die A/C wat koue lug uitblaas asof hulle betaal word .... heerlik nou kan mens darem slaap.