Julle weet nou dat die man SA toe vertrek het vir 'n kuiertjie saam met James en om in te skryf by die universiteit en nog 'n klomp ander goed op 'n lysie. Hy's veilig daar en het reeds sy "eerste" verslaggie gestuur, wat ek bietjie later die week met julle sal deel. Wil darem eers die foto's wys van sy "laaste" aand in Abu Dhabi saam met sy pelle. Ek het nou nie 'n verslag van hom van die aand gekry nie, net so die hoofopskrifte.







William neem 'n klein videotjie van die manne wat sing en ek hoop julle sal dit kan sien. My eerste keer om so iets op die blog te probeer. Ek vermoed dat hulle dit wel ver in die musiekbedryf sal bring ..........veeeeeeeeeeeer van mense af.
No comments:
Post a Comment