Showing posts with label Ski World. Show all posts
Showing posts with label Ski World. Show all posts

Tuesday, January 13

Stella en Leo hierdie is vir julle

Op 'n vorige keer het ek vertel van ons besoek aan Ski Dubai hier Toe het ons egter net in die sneeupark rondgehang. Die park van 3000 vkm is die grootste binnehuise sneeupark ter wereld en ek het self 'n stukkie grond daar gekoop. Met die laaste daggie of twee wat oorgebly het van ons besoekertjies, moes die klein Switzers natuurlik gaan ski. Ski Dubai is deel van die Mall of the Emirates in Dubai. Vir julle ouens wat van statistieke hou .... 22,500 vkm (gelykstaande aan 3 voetbalvelde) is reg deur die jaar toe onder die sneeu. Die lelike grys deel is die ski gedeelte. Hier kan mens in die sneeupark of die ski heuwels (slopes) baljaar. Elkeen word toegerus met die regte klere, skoene en toerusting. Hier trek Stella en Leo hulle skoene aan - dis nie maklike skoene nie. Die plek kan 1500 besoekers op een slag akkommodeer en dis nogal baie dink ek. Nadat jy aangetrek is, word die regte ski's of snowboard, afhangende wat jy doen aan jou uitgereik nadat hulle eers seker gemaak het van die grootte. Leo is baie trots op sy ski's wat hy ontvang het. Die drie van hulle gereed om in te gaan en baie opgewonde. Vir mense wat nie kan ski of snowboard nie is daar "afrigters" beskikbaar vir lesse. Daar is 5 ski hellings/roetes wat gedoen kan word met verskillende moeilikheidsgrade. Die twee is baie lus om te begin en die temperatuur 'n "gemaklike" -1 tot -2 grade (Lekker in die woestyn!). En dan is hulle oppad boontoe met die ski-hysbak. Die hoogte van die helling is 85 meter hoog (25 verdiepings) met die langste helling 400 m met 'n val van 60 m. Vir twee uur het die drie op die sneeu rondgeski en blykbaar nie so baie geval nie. Hulle was lekker moeg aan die einde van die dag. Die laaste van die reeks golflesse het ook ten einde geloop en die hoogtepunt was 'n geleentheid op die groot golfbaan van die Abu Dhabi Golf en Equestion klub. Die tweetjies gereed vir die rit in die golfkarretjie. Lateraan het Leo ook die geleentheid gehad om die karretjie te ry en hy het dit omtrent geniet. Dis 'n verskriklike mooi golfbaan in die middel van 'n perderesies baan. Hier wys die pro Craig vir hulle hoe die baan werk. Stella oefen haar hou voordat sy slaan. Leo na een van sy dryfhoue. En dan is die Afrikaanse-vakansie op 'n einde ... met 'n roomys! Ons het julle kuiertjie geniet Stella en Leo en hoop julle het ook lekker saam met ons gekuier. Moenie ophou om julle Afrikaans te oefen nie!!
Christine in die foto-album (regs) is van die kinders se foto's vir jou om af te laai.

Friday, August 31

Dis lente .... of is dit nie?

Dis heerlike lente, die winter's verby .... Ek onthou op lentedag het ons dit gesing, daar was baie blomme en ons het 'n lenteloop gehou. Almal moes geborg word en honderde skoolkinders en ouers het deur die strate van die dorp geloop en na die tyd het elkeen 'n medaljes gekry. Goud, silver of brons na gelang van die afstand wat jy geloop het. En natuurlik dan ook nog, die bloeisels op baie bome. Dit gebeur egter nie hier nie. Dis nog heerlike somer en ons wag en bid dat dit winter moet word. Hier soek mens nie nog vir herfs nie ... die koue moet sommer direk kom en asseblief in volle sterkte, al weet ons dat dit slegs temp in die laat twintig beteken.



So op ons lysie van "dinge om te doen voor die skool begin" was Dubai se Ski World by die Mall of the Emirates. (Terloops die skool begin more eindelik na drie maande - yippieee!!!!) Hier is ons gereed vir 'n uur se koue.



In die igloo. Nelmari het besluit sy is te lank om daar in te gaan alhoewel ek maar ook moes gekruip het. Annie daai NZ handskoene het hier baie handig te pas gekom.

Nelmari is nie veel gepla met die koue nie. Eers wou sy ski, maar sy wil dit nie alleen doen nie. Ek weet nie of sy vir een oomblik gedink het ek of Charmaine sal dit saam met haar doen nie. Jinne ek het mos kniee. Gelukkig het sy onthou dat die skool saam met die sportseisoen begin en 'n besering nou, sal baie slegte tydsberekening weesDis "besig" by die "ski-oord" soos almal die "slopes" wil aandurf. Ons hou maar net vanaf die "uitkykpunt" dop.
Oppad na die bo-punt van die "slope". Mense onthou nou dat hierdie plek binne in 'n mall gebou is!!Kyk hoe hoog gaan mens op na die bo-punt!!! Die mense ski of snowboard van bo af.

Aan die eenkant kan jy die mall sien. Hier is klomp restaurante waar mens kan sit en kyk hoe die ander koud kry.


Hier gaan Nelmari af. Dit gebeur so vinnig dat mens nie eintlik 'n foto kan neem nie.Ken hierdie mannetjie glad nie, dit bly net snaaks dat hulle die woestyn en sneeu sal aandurf met die witrokNelmari beplan om 'n sneeubal te gooi en sy lyk klaar baie skuldig. Ek het nie 'n sneeubal of ski's nodig gehad om 'n stukkie van die Ski World te koop nie, die gladde sneeu was genoeg. Nou kan ek mense my blou knie wys en sĂȘ dit het by Ski World gebeur ... en miskien dink hulle ek was braaf genoeg om te ski.
Julle sal bly wees om te hoor dat ek hierdie keer nie die mall afgeneem het nie ('n ander keer as julle dit regtig wil sien). Hierdie foto is van die "court" na die parkeerarea.